Title search results
Showing 1 - 4 of 4 items
Breek familievloeke: Eis jou vryheid
By Gabriel Agbo, Mignionette Fair. 2017
DAISY text (Direct to player), DAISY text (Zip), Word (Zip), ePub (Zip)
History, Religion
Hierdie boek sal jou oë oopmaak vir die gevolge van al ons aksies om ons bestemming en dié van ons…
kinders; selfs dié wat nog ongebore is. Die onderwerp van vloeke is lank reeds afgeskeep, en ons het nodig om uit te vind om dit hier te ontbloot. Ons begin deur te gaan na die skrifte om presies te weet wat God sê oor vloeke, hoe hulle werk, en hoe ons heeltemal vry van hulle kan wees. Familievloeke is so belangrik dat God hulle ingesluit het by die Tien Gebooie. So baie mense is gebind deur die vyand met onsigbare en anonieme instrumente van slawerny. In hierdie studie sal ons leer hoe om hierdie kettings wat afkomstig is van die vyand te breek. Ons verken gebiede soos afgodery (insluitend Halloween), onsedelikheid, verraad, steel, moord, ens. in diepte Ek glo dat as jy hierdie boek lees en die waarhede verken sal daar nog baie roeringe in jou wees om jouself te ondersoek en 'n daadwerklike poging maak om 'n heilige lewe te lei, al dan nie vir jouself nie, ten minste ter wille van jou kinders en die ongebore geslagte.Ondergrondse Basisse
By Elmarié Smal, James Morcan, Lance Morcan. 2017
DAISY text (Direct to player), DAISY text (Zip), Word (Zip), ePub (Zip)
Science and technology
Wat vang die wêreld se supermagte in hul geheime ondergrondse bunkers aan? Ondergrondse Basisse gee in die besonder bevestigde en…
gerugte ondergrondse fasiliteite in die Verenigde State en regoor die wêreld. Dit bevat seldsame fotografiese bewyse dwarsdeur sowel as minder bekende aanhalings uit sleutelregeringsfigure. Dit maak 'n dwingende saak dat daar 'n enorme verborge wêreld onder die Aarde se oppervlak bestaan. Die Morcans spekuleer dat die bedekte ondergrondse infrastruktuur veel groter kan wees as wat voorheen vermoed is en waarskynlik gebruik word vir die ontwikkeling van onderdrukte tegnologie. Hul bronne sluit in verwyderde lêers, universiteitsverslae, WikiLeaks se dokumente en onderhoude met oud-militêre personeel wat verklikkers geword het, wat beweer dat hulle in "stede onder die grond" gewerk het. Ondergrondse basisse lewer 'n wye verskeidenheid feite en teorieë wat uiteindelik lesers toelaat om hul eie gevolgtrekkings te vorm. Die onthulling dek alles van: die Amerikaanse Departement van Verdediging se bevestigde ontruimingsgebiede onder die Wit Huis en die Pentagon, sowel as hul erkende terreine by Mount Weather en Cheyenne Mountain; Ondergrondse fasiliteite regoor die wêreld, insluitend Rusland se uitgestrekte Mezhgorye-kompleks en Australië se CIA-bestuurde Pine Gap; Die langvergete koerantopskrifte wat berig het dat Adolf Hitler en senior SS-beamptes na die Tweede Wêreldoorlog 'n Nazi-kolonie onder Antarktika kon gebou het; Gerugte dat menslike-ruimtewesens gesamentlike ondernemings onder die grond plaasvind en dat ontvoerde burgers in ondergrondse gevangenisse aangehou word vir onwettige mediese eksperimente soos kloning. Waarom spandeer die Globale Adelikes triljoene dollars van hul swart begrotings om sulke groot netwerke van ondergrondse (en ondersese en onderys) terreine te bou? Berei hulle bloot voor vir noodgevalle soos per amptelike regeringsverklarings? Glo hulle dat 'n Armageddon-scenario op hande is? Werk hulle in die geheiBekoorde Lewe in Ceylon: 1953 - 1963
By Tony Buxton. 1931
DAISY text (Direct to player), DAISY text (Zip), Word (Zip), ePub (Zip)
Politics and government biography, Biography
Synthetic audio
Die skrywer se fassinerende avonture in die vroeë 50’s, beskryf ‘n avontuurlike lewenswyse waaroor die meeste van ons droom, maar…
wat vandag onmoontlik sal wees. Gebore in Colombo (Sri Lanka) in 1931. Hy het sy kinderlewe in Engeland deurgebring en het hy na die oorlog teruggekeer na Ceylon om in die familie besigheid te werk wat deur sy oupa begin is. Nie die gewone koloniale tipe waarvan daar verwag was om nie met die plaaslike mense te meng of om na hul klubs te gaan nie, het Tony die teenoorgestelde gedoen teen alle reëls in. Tony het die geselskap van die Ceylonese verkies . Dit het tot gevolg gehad dat hy baie vriende gemaak het insluitende bekende politikuste . Hy het ‘n passie vir onderwater verkenning gekweek in ‘n tyd toe die sport maar nog net begin het, voor daar SCUBA was. Hy het sy werk en loopbaan opgegee om op spiesvisvang, krewe, garnale en krappe te oorleef, akwarium visse te vang en in die woude te jag. Hy het homself as ‘n onderwater toergids gevestig wat bekende en ryk mense gelok het. Deur sy dienste verniet aan te bied het hulle hom terug betaal deur hom na hulle huise in Europa te nooi waar hy ‘n lewe beleef het wat hy nie eers geweet het bestaan nie. Gedurende hierdie reise trou hy met drie van sy vier vroue, twee Skandinawiese modelle en ‘n Italiaanse aktrise, aangetrokke tot sy lewenswyse, maar nie een van hulle kon in Ceylon aanpas nie. Die magtige Minister van Toerisme, ‘n duiker homself, stel Tony aan om onderwater toerisme te bevorder. Hulle word hegte vriende en hy raak betrokke in politike intriges. Selfs met geen geld lewe hy gelukkig deur vis te ruil vir basiese behoeftes. Op en af tussen luukse en gewone leefstyle was hy die eerste person om in die Maldives en suid Indië te duik, waar hy ‘n sensasie veroorsaak. Hierdie is ‘n aangrypende verhaal van nie so lank gelede in ‘n unieke Suid-Oostelike Asiatiese land – Ceylon, voor dit ingesluk was deur politieke onrus,God van Abraham, Isak en Jakob
By Gabriel Agbo, Mignionette Fair. 2016
DAISY text (Direct to player), DAISY text (Zip), ePub (Zip), Word (Zip)
History, Religion
God se verbondsbeloftes stel nooit teleur nie. Hierdie boek sal jou help om al God se beloftes vir jou lewe…
te bereik. Dit is ʼn omvattende studie met persoonlike getuienisse oor die vermoë en gewilligheid van God om al Sy woorde rakend ons uit te voer. Hy het gesê Hy waak oor Sy woorde om hulle te laatgeskied. In hierdie boekkyk ons krities na die dinamika van ʼn goddelike belofte en hoe dit tot stand kom, in stand gehou en versorg word tot verwerkliking. Elke verbondsbelofte het ʼn begin, tydsberekening en voorwaardes. Ons moet dit altyd onthou om in staat te wees om perfek en gemaklik by God se wil vir ons lewens in te skakel. Inderdaad, by God is alles moontlik!