Title search results
Showing 1 - 5 of 5 items
Bekoorde Lewe in Ceylon: 1953 - 1963
By Tony Buxton. 1931
Die skrywer se fassinerende avonture in die vroeë 50’s, beskryf ‘n avontuurlike lewenswyse waaroor die meeste van ons droom, maar…
wat vandag onmoontlik sal wees. Gebore in Colombo (Sri Lanka) in 1931. Hy het sy kinderlewe in Engeland deurgebring en het hy na die oorlog teruggekeer na Ceylon om in die familie besigheid te werk wat deur sy oupa begin is. Nie die gewone koloniale tipe waarvan daar verwag was om nie met die plaaslike mense te meng of om na hul klubs te gaan nie, het Tony die teenoorgestelde gedoen teen alle reëls in. Tony het die geselskap van die Ceylonese verkies . Dit het tot gevolg gehad dat hy baie vriende gemaak het insluitende bekende politikuste . Hy het ‘n passie vir onderwater verkenning gekweek in ‘n tyd toe die sport maar nog net begin het, voor daar SCUBA was. Hy het sy werk en loopbaan opgegee om op spiesvisvang, krewe, garnale en krappe te oorleef, akwarium visse te vang en in die woude te jag. Hy het homself as ‘n onderwater toergids gevestig wat bekende en ryk mense gelok het. Deur sy dienste verniet aan te bied het hulle hom terug betaal deur hom na hulle huise in Europa te nooi waar hy ‘n lewe beleef het wat hy nie eers geweet het bestaan nie. Gedurende hierdie reise trou hy met drie van sy vier vroue, twee Skandinawiese modelle en ‘n Italiaanse aktrise, aangetrokke tot sy lewenswyse, maar nie een van hulle kon in Ceylon aanpas nie. Die magtige Minister van Toerisme, ‘n duiker homself, stel Tony aan om onderwater toerisme te bevorder. Hulle word hegte vriende en hy raak betrokke in politike intriges. Selfs met geen geld lewe hy gelukkig deur vis te ruil vir basiese behoeftes. Op en af tussen luukse en gewone leefstyle was hy die eerste person om in die Maldives en suid Indië te duik, waar hy ‘n sensasie veroorsaak. Hierdie is ‘n aangrypende verhaal van nie so lank gelede in ‘n unieke Suid-Oostelike Asiatiese land – Ceylon, voor dit ingesluk was deur politieke onrus,Dankie God vir Sy Engele Wat Oor Jou Waak
By Bernard Levine. 2020
As jy smag om naby Jesus te wees As jy die teenwoordigheid van God kon voel As jy die diepte…
van Sy liefde kon waarneem En Sy ewige goedheid kon herken ... Sal jy begin besef hoe kosbaar jy vir God is. Hy is altyd daar vir jou maak nie saak wat mag wees God sal altyd by jou staan met 'n eindelose liefdeHet jy gehoor daar gaan pryse in die hemel uitgehandig word?
By Bernard Levine. 2020
As God al die glorie wat op ons wag aan ons bekend moet maak, sal dit ons verstand te bowe…
gaan. Watter pryse sal jy in die hemel ontvang? Gaan jy 'n prys ontvang? As jy die Here Jesus getrou gedien het, sal hierdie 'n tyd van groot lofprysing wees omdat jy wonderlike belonings sal ontvang.Die Krag van Opoffering
By Gabriel Agbo, Leonie van der Wath. 2018
Opofferinge is kragtig. Baie Kragtig! Die rykste man, die sterkste man, die mees geseënde mans en vroue, die verstandigste, die…
grootse koning, en die magtigste profete was almal manne en vroue van opoffering. Hulle het hulle alles gegee en het gewaagd opgetree vir hulle mense, mensliewenheid en vir God om hulle verpligtinge en doelwitte te bereik sodat almal in ewigheid op hulle trots kon wees. Wil jy hulle geheim weet? Goed. As jy wil uitblink moet jy eers ‘n man/vrou van opoffering word. Alles is moonlik vir dié wat die prys kan betaal. Dié boek bevat die volgende hoofstukke – Die Krag van Opoffering, Offer Jou Enigste, Ek Reis deur Egipte, Ek Sal Die Prys Betaal, Volg My! Ons Het Vir Jou Gekom, Ek Sal Jou Bewaar, Berei Daardie Laaste Ete Voor, Die Krag Om Te Bewaar, Loof, Vas en Gebed. Ons bespreek nie net die groot opofferings van noemenswaardige mans en vroue uit die Bybel nie en hoe hulle optrede hulle belangrik gemaak het nie maar ons bespreek ook mense soos Yonatan Yoni Netanyanhu van Israel. Hy is die jong Israeli wat die komando eenheid gelei het om die Joodse gyselaars te red by Entebbe lughawe toe hul vliegtuig in 1976 gekaap is en in Uganda moes land. Ons kyk ook na militêre helde – soos die “SEALs” en “Delta Force. Hierdie mans gee voordurend hulle allerbeste om ander te beskerm en om die mensdom te red. Hulle offer hul lewens op om ander te beveilig. Jesus het gesê groter opoffering is daar nie, dan iemand wat sy lewe vir ‘n ander gee. Ons bring hulde aan hulle! Hulle leer ons wat opoffering behoort te wees. Jesus het juis gevra, wat se opoffering kan groter wees as wat iemand sy lewe vir sy vriende gee? Ons prys hulle vir hulle dapperheid en uitmuntende patriotisme. Hier sal ons leer van opofferings van geloof, goedheid, patriotisme, gebed, vas en loof. Wanneer jy meer doen as wat van jou verwag word, is daar onmiddelik ‘n onsigbare bonatuurlike mag wat reageer en na jou toe haas.Ontvang Jou Wonderwerk
By Petro Ebersöhn, Bernard Levine. 2017
Hierdie is 'n opwindende boek wat jou sal inspireer namate jy die geheim tot die lewe, geluk en sukses ontdek.…
Wees getrou aan jouself en volg jou hart. Laat die wonderwerke wat jy so graag wil hê moet gebeur, jou lewe vul!