Service Alert
Delay in delivery of ZIP and Direct to Player materials
You may experience a delay in delivery of Direct to Player materials. All requests for materials will be delivered as soon as possible. Thank you for your patience.
You may experience a delay in delivery of Direct to Player materials. All requests for materials will be delivered as soon as possible. Thank you for your patience.
Showing 1 - 6 of 6 items
By Elmarié Smal, Francesco Falconi. 2016
"Halo" is die eerste soort vreemde verhaal van Francesco Falconi. Met 'n huldeblyk aan Kafka se Metamorfose, die storie saamgevat…
in 'n paar bladsye oor 'n leeftyd, familie dramas, pyn wat nooit sal verdwyn nie. Tot op die laaste oomblik. Tot die ontdekking van onsself en van die lig.By Colleen Cross. 2020
Somtyds is dit beter om die verlede begrawe te laat... Bedrogondersoeker, Katerina Carter se uitstappie na ʼn geïsoleerde eiland ontbloot…
ʼn misterieuse 1920s okkult, geheime gange en gerugte van goue skatte. Die Aquarian Foundation se misterieuse geheime is verlore in die sand van tyd, maar ʼn onheilspellende misdaad lê diep onder in die water. Kat ontbloot ʼn afgryslike waarheid wat een moordenaar ten alle koste sal beskerm. Om die geheim bloot te lê, sal die moordenaar weer laat toeslaan en net sý kan die moordenaar keer. As sy gelukkig is, sal sy met haar lewe ontsnap, maar het haar geluk reeds uitgehardloop? ʼn Meesleurende psigologiese riller wat jy met die ligte aan sal wil lees!By Hannah Howe. 2020
Met haar man, Emrys, wat steeds in aksie vermis word, moet Ann Morgan die realiteit aanvaar dat sy hul eerste…
huweliks herdenking, en Kersfees alleen moet deurbring. Maar, ‘n telefoon oproep van Aistair Blythe, ‘n jongman met wie sy kortliks, voor haar huwelik met Emrys, uitgegaan het sit Ann op ‘n pad wat na moord lei, ontmoetings met handelaars op die swart mark en wat lewensgevaar vir haar inhou. Met die hulp van bobaas spioenmeester Charles Montagu en Speurder Inspekteur Max Deveraux, krap Ann ‘n groot oorlogs geheim oop. En, saam met die wonderlike sneeu wat oor die Kerstyd val, kry sy ‘n geskenk wat sy nooit sal vergeet nie.Megan se Kersfees 'n Geesgids, 'n Spooktier en Een Skrikwekkende Ma! Megan en haar vriendin, Jane, is mal oor Kersfees,…
maar hierdie jaar wil hulle iets onvergeetliks doen. Dit is Kerstyd, en dit beteken skoolvakansie is naby, maar Megan is nog nie te gretig om skool klaar te maak nie! Die laaste dag van Kerskwartaal is een van haar gunstelinge van die skooljaar. Megan begin egter dink oor hoe sy hierdie jaar anders kan maak as al die ander, en so bespreek dit met haar beste vriendin, Jane. Hulle kom met 'n goeie idee vorendag om hul Kersfees spesiaal te maak en terselfdertyd 'n paar minder bevoorregte plaaslike mense te help. Kersfees gaan goed, maar Megan leer baie oor hoe ander dit moet ervaar, en vind ook 'n paar waarhede uit haar Geesgids, Wacinhinsha. Alles in aanmerking geneem, is dit 'n onvergeetlike en leersame ervaring vir albei meisies.By Judy Penz Sheluk. 2023
Calamity (Callie) Barnstable is nie verbaas om te hoor dat sy die enigste begunstigde van haar oorlede pa se boedel…
is nie, hoewel sy geskok is om te ontdek dat sy 'n huis in die stad Marketville geërf het - 'n huis wat sy nie geweet het hy het nie. Daar is egter voorwaardes verbonde aan Callie se erfenis: sy moet na Marketville verhuis, in die huis woon en haar ma se moord oplos. Callie is nie lus om 'n dertigjarige raaisel op te sleep nie, maar as sy dit nie doen nie, is daar 'n skelm psigiese genaamd Misty Rivers wat hoop om self die Barnstable-familie geheime bloot te lê. Vasbeslote om Misty te stuit en haar pa se wense te vervul, aanvaar Callie die uitdaging. Maar is sy gereed om die geraamtes wat op die solder versteek is, in die gesig te staar?By Colleen Cross. 2019
Spelteorie Forensiese rekenmeester, Katerina Carter se bedrog ondersoek lê ʼn massiewe Ponzi-skema bloot wat verbind is aan die skimagtige World…
Institute, ʼn globale dinktenk met ʼn ysingwekkende geheime agenda. Kat is vasgekeer in ʼn hoogspeel politieke komplot waar die spelers by niks sal stop om te kry wat hulle wil hê nie, in ʼn spel wat sy nie kan bekostig om te verloor nie.