Title search results
Showing 1 - 5 of 5 items
'n Gids tot Versapping, Rou Kosse en Superkosse
By Geoff Wells, Vicky Wells, Corlia Jones. 2017
" 'n Gids tot Versapping, Rou Kosse en Superkosse " is ‘n samevatting van inligting wat nie net die wonderlike…
voordele van die insluit van versapping, rou kosse en Superkosse in jou dieet beklemtoon nie, dit bevat ook meer as 30 lekker en maklike resepte om te volg. Dit is die eerste stap op jou reis om die beste opsies vir 'n gesonde lewenstyl te vind. Die skrywers, Geoff en Vicky Wells, het reeds hierdie reis begin en sien merkwaardige resultate. Hulle is bewus daarvan dat daar 'n toenemende groep mense is wat op soek is na natuurlike oplossings vir hul gesondheidsprobleme en het probeer om 'n aantal oplossings uit hul eie ervarings te verskaf. Die items wat aanbeveel word, kan maklik gevind word in enige plaaslike boeremark of kruidenierswinkel. As jou inkopies behoorlik beplan word, sal dit nie jou inkopiesbegroting onder druk plaas nie. Beide die inligting en lekker resepte in hierdie boek is 'n moet-hê vir enige individu wat optimale gesondheid wil bereik. Dit dien ook as 'n verwysing vir diegene wat net die voordele van versapping, rou kos en Superkos-dieet begin ondersoek. Nou is altyd die beste tyd om jou reis te begin na 'n fikser, langer, gesonder lewe. Hier is net 'n paar opskrifte uit ons gekoppelde inhoudsopgawe Wat Is Versapping? •Tipes versappers Wat Is ‘n Rou Kos Dieet? •Eet Ek Niks Anders As Rou Kos Nie? Wat Is Superkosse? •Sommige Hoogs-Gegradeerde Superkosse Wat Is Die Voordele Van Versapping? •Versapping Help Gee Jou Immuniteitstelsel 'n Hupstoot •Versapping Help om Jou Verteringstelsel Skoon te Maak •Versapping Help Jou om Gewig te Verloor •Versapping Gee Jou Meer Energie •Versapping Help om Jou Vel te Verbeter en Hou Jou Jonk Lyk •VersapNooit Weer Nie!
By Gabriël Agbo. 2020
"Die Here sê: “Ek sal herstel wat julle deur die stropersprinkane, die snysprinkane, die swermsprinkane en die jong sprinkane verloor…
het. Ek het hierdie groot, vernietigende leër teen julle gestuur. “Julle sal weer al die kos kry wat julle begeer. Julle sal die Here julle God loof wat hierdie wonders vir julle moontlik maak. My volk sal nooit weer so in die skande kom nie. Julle sal weet dat Ek onder my volk Israel teenwoordig is. Net Ek is die Here julle God, niemand anders nie! My volk sal nooit weer so in die skande kom nie.” Joël 2: 25-27 Dit is tyd om die dinge wat jou wil stop, te stop, Dit is God se wil om alles te stop wat jou van Sy plan vir jou lewe wil verwyder. En jy weet alreeds dat Sy plan vir jou is om die beste van vreugde, vrede, voorspoed, genade, goeie gesondheid en om al jou eiendom te besit. Selfs as jy onder oordeel staan, kan dit omgedraai word vandag en jy kan weer begin om in Sy genade te swem. Ons kyk ook na ander se ondervindings en die moderne Israel se weergawe van Nooit Weer nie. Hoekom hulle hierdie slagspreuk aangeneem het en hoe vêr hulle gekom het om dit toe te pas? Sekerlik, Israel het vandag een van die mees magtigste nasies op aarde geword, (Dit het die beste intelligensie agentskap, Mossad en die derde beste weermag in die wêreld) nie net omdat God met hulle is nie, maar omdat hulle belowe het om nooit weer toe te laat dat die Jode weer deur daardie mees onmenslik, vermybare gebeurtenis van die laaste eeu. Vandag lei hulle nie net in verdediging nie maar ook in landbou, ICT, wetenskap en medisyne. Ja, ons kan vandag sê nooit weer nie. Hierdie boek is verseker 'n interessante lees.Resepte vir 'n Glutenvry en Suiwelvry Leefstyl
By Amber Richards, Leonie van der Wath. 2017
Dit is werklik ’n uitdaging om beide ‘n glutenvry en ’n suiwelvry leefstyl te volg. Weens kos-allergieë is dit Amber…
se lot! Hier is ’n versameling van 40 heerlike resepte wat glutenvrye en suiwelvry is. Daar is 20 hoofgeregte, 10 sopgeregte en 10 nageregte. Al die geregte is beproef en getoets en kan egter van hulp wees vir ‘n moeilike lewenstyl.Eet Minder Leef Langer - U Praktiese Gids Vir Kalorie Beperking Met Optimale Voeding
By Anca Ioviţă. 2018
Tydens my derde jaar in die mediese skool, het ek op ‘n aanlyn artikel afgekom oor kalorie beperking met optimale…
voeding. Ek het gelees oor ‘n oënskynlik eenvoudige dieët ingryping wat die gemiddelde en maksimale lewensduur van laboratorium diere soos gis, vrugte vlieë, wurms en muise verleng het. Op daardie tydstip was ek nie bewus dat sulke eksperimente reeds gedoen word op nie-menslike primate ook nie. Eerlikwaar, ek het afgemaak as nuuskierigheid, ‘n ingryping wat ‘n effek het op eenvoudige organismes soos vrugte vlieë, maar wat nooit op sulke komplekse wesens soos ons sal werk nie. Dit was net te goed om waar te wees. Tyd het verby gegaan en my verkeerd bewys. Gegewe ‘n vroeë kindertyd fassinasie met die grense van lewens verlenging, het ek ingenieurswese en medisyne gestudeer in ‘n poging om radikale verlengde menslike lewensduur te bewerkstellig. Na ‘n kort rukkie van navorsing oor neurale prostese in ‘n Duitse laboratorium, het ek besef dat kunsmatig ingeplante toestelle binne in die menslike liggaam nie ‘n lang termyn oplossing was nie. Ek het huis toe gekom waar ek met my mediese residensie in geriatries begin het, die tak van medisyne wat spesialiseer in ouderdom-geassosieerde siektes. ‘n Snaakse ding het toe gebeur. Om te lees oor teorieë van oud word is een ding. Daaglikse sorg vir mense 3 – 4 keer jou ouderdom is totaal ‘n ander ding en ek het begin om die kolletjies te verbind. Ek het opgelet dat sommige mense verouder soos wyn en ander soos asyn. Volgens hulle maer liggaamstrukture en gedetailleerde lewens stories, het dit gelyk asof kalorie inname iets daarmee te doen gehad het. Dis hoe ek die eerste woorde van hierdie boek begin tik het. Inhoudsopgawe Inleiding •Basiese Beginsels Van Kalorie Beperking Met Optimale Voeding •Wat U Nie In Hierdie Boek Sal Vind Nie •Hoe Behoort U Die Boek Te Gebruik? Minder IEet Minder Leef Langer U Praktiese Gids Vir Kalorie Beperking Met Optimale Voeding
By Anca Ioviţă. 2018
Tydens my derde jaar in die mediese skool, het ek op ‘n aanlyn artikel afgekom oor kalorie beperking met optimale…
voeding. Ek het gelees oor ‘n oënskynlik eenvoudige dieët ingryping wat die gemiddelde en maksimale lewensduur van laboratorium diere soos gis, vrugte vlieë, wurms en muise verleng het. Op daardie tydstip was ek nie bewus dat sulke eksperimente reeds gedoen word op nie-menslike primate ook nie. Eerlikwaar, ek het afgemaak as nuuskierigheid, ‘n ingryping wat ‘n effek het op eenvoudige organismes soos vrugte vlieë, maar wat nooit op sulke komplekse wesens soos ons sal werk nie. Dit was net te goed om waar te wees. Tyd het verby gegaan en my verkeerd bewys. Gegewe ‘n vroeë kindertyd fassinasie met die grense van lewens verlenging, het ek ingenieurswese en medisyne gestudeer in ‘n poging om radikale verlengde menslike lewensduur te bewerkstellig. Na ‘n kort rukkie van navorsing oor neurale prostese in ‘n Duitse laboratorium, het ek besef dat kunsmatig ingeplante toestelle binne in die menslike liggaam nie ‘n lang termyn oplossing was nie. Ek het huis toe gekom waar ek met my mediese residensie in geriatries begin het, die tak van medisyne wat spesialiseer in ouderdom-geassosieerde siektes. ‘n Snaakse ding het toe gebeur. Om te lees oor teorieë van oud word is een ding. Daaglikse sorg vir mense 3 – 4 keer jou ouderdom is totaal ‘n ander ding en ek het begin om die kolletjies te verbind. Ek het opgelet dat sommige mense verouder soos wyn en ander soos asyn. Volgens hulle maer liggaamstrukture en gedetailleerde lewens stories, het dit gelyk asof kalorie inname iets daarmee te doen gehad het. Dis hoe ek die eerste woorde van hierdie boek begin tik het. Inhoudsopgawe Inleiding •Basiese Beginsels Van Kalorie Beperking Met Optimale Voeding •Wat U Nie In Hierdie Boek Sal Vind Nie •Hoe Behoort U Die Boek Te Gebruik? Minder I