Title search results
Showing 1 - 8 of 8 items
Kinders hou van grappies vertel
By Bernard Levine, Adri Van Schalkwyk. 2016
Hier is ʼn versameling snaakse grappe wat ek geniet het toe ek op skool was. Kinders is lief om te…
lag. Hulle sal groot pret hê om hierdie grappies oor en oor aan hul vriende te vertel. Hierdie vermaaklike boek sal jou kinders ure se geluk en plesier gee.Vrese van 'n jong moeder
By Gilbert Adimora, Adri De Necker. 2017
Die boek is geskryf vir jong ouers, veral die wat nog nie ervare is in die kuns van moederskap om…
te help om die angs te verlig wat die geboorte en die sorg van ‘n pasgebore baba volg totdat hulle een jaar oud is. Al lyk dit of die titel op moeders fokus, word vaders nie uitgesluit nie en met ook deur hierdie boek gaan omdat hulle ook betrokke is in die bekommernis en begeleidende slapelose nagte. Babas is veronderstel om ‘n gewensde geskenk van God te wees en ‘n bondel vreugte en geluk aan hulle ouers, maar dikwels is hierdie vreugde afgekap deur angs as gevolg van die tekort aan kennis, ‘ou vrou stories’,mites en kulturele gelowe wat dikwels nie baie akkuraat is nie, en stuur dan die jong ouers van plek tot plek in die soeke na oplossings. Snaaks genoeg, meeste bekommernisse is gewonlik ‘n normale proses wat moet gebeur soos wat die nuutgeborene aanpas by die lewe buite die baarmoeder. Party is klein probleempies wat opgelos kan word deur ‘n Pediater of ‘n goeie Huisdokter dikwels deur berading, en bring ‘n gewensde verligting en ‘n ontspanne omgewing in die huis. ‘n Reis na die verkeerde plek of die verkeerde raad van verkeerde mense, kan nie net permanent die kind beskadig nie , maar kan ook lei tot die ondergang van die pasgeborenne of baba met baie rou in die familie. Die feite in hierdie boek is saamgesit om hierdie jong ouers te help om die kennis te kry wat hulle nodig het om hulle pasgebore babas te kan hanteer, om angstigheid te verlig en om goeie gepasde maatreëls toe te pas wat sal help dat die babas ‘n gesonde begin geniet. Dit is ‘n resultaat van baie jare se oefening in kinder gesondheid in beide publieke en private hospital omgewings. Dit sal baie vrae antwoord wat deur jong moeders aan konsultasie pediaters,ander dokters,verpleegsters of ander gesondheids praktisyne gestel word, en soms kwaksalwers oor die sake wat hulle nie nodig het om oor bekommerd te wees nie of uitgesorHoe om 'n goeie kind groot te maak
By Liezl Dreyer. 2016
Die boek is benoem vir n Indie Leser Ontdekkings Toekennings finalis ouerskap en n Voorwoord Resensies…
Boek van die Jaar-finalis beide humor en in opstel kategorie Hoe om n goeie kind groot te maak is nie n konvensionele hoe-om boek nie maar eerder n versameling van 23 humoristiese en opregte stories oor die uitdagings en vreugdes van kinders groot maak vir beide ouers en kinders se genot Deur onderwerpe soos eerlikheid lojaliteit moed harde werk deursettingsvermo en liefde te ondersoek is Hoe om n goeie kind groot te maak gewaarborg om jou te laat lag met stories wat outentiek universe l in tema is en geskik om gesprekke oor die belangrikheid van karakter bou en integriteit te begin Hoe om n goeie kind groot te maak is hoogs vermaaklik en betekenisvol en een van die beste boeke oor ouerskap en grootword wat jy ooit sal vindDestiny En Faith gaan na die Tweelingsentrum Akademie
By Teddy Rose O'Malley, Liezl Dreyer. 2015
Destiny en Faith gaan na graad twee in 'n skool vir tweelinge. Hulle maak vyande en vriende en hulle moet…
instaan waar vriende uitval. Dit is egter die minste van hulle probleme. Toe die hoof 'n plan het om al die tweelinge te dwing om dieselfde aan te trek, het Destiny en Faith op hulle regte gestaan. Daar gaan moeilikheid wees - dubbeld.Ondergrondse Basisse
By Elmarié Smal, James Morcan, Lance Morcan. 2017
Wat vang die wêreld se supermagte in hul geheime ondergrondse bunkers aan? Ondergrondse Basisse gee in die besonder bevestigde en…
gerugte ondergrondse fasiliteite in die Verenigde State en regoor die wêreld. Dit bevat seldsame fotografiese bewyse dwarsdeur sowel as minder bekende aanhalings uit sleutelregeringsfigure. Dit maak 'n dwingende saak dat daar 'n enorme verborge wêreld onder die Aarde se oppervlak bestaan. Die Morcans spekuleer dat die bedekte ondergrondse infrastruktuur veel groter kan wees as wat voorheen vermoed is en waarskynlik gebruik word vir die ontwikkeling van onderdrukte tegnologie. Hul bronne sluit in verwyderde lêers, universiteitsverslae, WikiLeaks se dokumente en onderhoude met oud-militêre personeel wat verklikkers geword het, wat beweer dat hulle in "stede onder die grond" gewerk het. Ondergrondse basisse lewer 'n wye verskeidenheid feite en teorieë wat uiteindelik lesers toelaat om hul eie gevolgtrekkings te vorm. Die onthulling dek alles van: die Amerikaanse Departement van Verdediging se bevestigde ontruimingsgebiede onder die Wit Huis en die Pentagon, sowel as hul erkende terreine by Mount Weather en Cheyenne Mountain; Ondergrondse fasiliteite regoor die wêreld, insluitend Rusland se uitgestrekte Mezhgorye-kompleks en Australië se CIA-bestuurde Pine Gap; Die langvergete koerantopskrifte wat berig het dat Adolf Hitler en senior SS-beamptes na die Tweede Wêreldoorlog 'n Nazi-kolonie onder Antarktika kon gebou het; Gerugte dat menslike-ruimtewesens gesamentlike ondernemings onder die grond plaasvind en dat ontvoerde burgers in ondergrondse gevangenisse aangehou word vir onwettige mediese eksperimente soos kloning. Waarom spandeer die Globale Adelikes triljoene dollars van hul swart begrotings om sulke groot netwerke van ondergrondse (en ondersese en onderys) terreine te bou? Berei hulle bloot voor vir noodgevalle soos per amptelike regeringsverklarings? Glo hulle dat 'n Armageddon-scenario op hande is? Werk hulle in die geheiHoe om 'n goeie kind groot te maak
By Starbuck O'Dwyer, Liezl Dreyer. 2016
Die boek is benoem vir 'n Indie Leser Ontdekkings Toekennings finalis (ouerskap) en 'n Voorwoord Resensies Boek van die Jaar-finalis…
(beide humor en in opstel kategorieë), Hoe om 'n goeie kind groot te maak is nie 'n konvensionele hoe-om boek nie, maar eerder 'n versameling van 23 humoristiese en opregte stories oor die uitdagings en vreugdes van kinders groot maak vir beide ouers en kinders se genot. Deur onderwerpe soos eerlikheid, lojaliteit, moed, harde werk, deursettingsvermoë en liefde te ondersoek, is Hoe om 'n goeie kind groot te maak gewaarborg om jou te laat lag met stories wat outentiek, universeël in tema is en geskik om gesprekke oor die belangrikheid van karakter bou en integriteit te begin. Hoe om 'n goeie kind groot te maak is hoogs vermaaklik en betekenisvol, en een van die beste boeke oor ouerskap en grootword wat jy ooit sal vind.Savvy Geschichten
By Dan Alatorre. 2018
Die prag van kinders is gesetel in die feit dat alles hulle betower. Die prag van ouerskap is daarin gesetel…
dat ouers daardie betowering deur die hart van die kind sien. "Savvy" is 'n humoristiese en aangrypende blik op kindertyd se verlore betowerende oomblikke soos deur 'n pa gesien. Kruip, loop, speelafsprake, klippieskop, hibiskusse, leer om die potjie te gebruik, prinsesrokkies - en babadolfyne. Die hele wye spektrum van haar vrae en sy antwoorde.Ek Sweer Dit Het Net So Gebeur
By Khaled Talib. 2016
Voorwoord Daardie ongemaklike stilte wanneer jy nie meer weet waaroor om te praat nie. Jy is op die punt om…
in 'n donker afgrond van jou denke te val, wat nou in 'n doolhof verander is met 'n Minotaurus gereed om op jou af te spring. Ek ken daardie gevoel wanneer woorde verval. Dit klink soos 'n ballon wat leegloop. Om hierdie rede het ek besluit om my baie kort stories met jou te deel sodat as daardie oomblik kom, jy 'n gereedse voorsiening van vars geselskap het. As jy ooit vasgepen is aan woorde, gesels net oor daardie vriend van jou in Singapoer wat hierdie klein boekie geskryf het. Hopelik sal dit bydra tot jou reeds snaakse en interessante persoonlikheid om mense meer van jou te laat hou. Ek probeer om jou maklik neer te lê hier. Gekheid. Of jy nou by die haarkapper salon is, op 'n lang vlug of 'n woestyn pad, 'n gastehuis in die middel van nêrens of 'n ver verwyderde eetplek, neem my (ek bedoel die stories) saam met jou. 'n Samestelling van opstelle en oor peinsings oor die lewe wat beter is as om uit die venster te staar. Daar is 'n bietjie van alles hier, wat wissel van humor tot horror tot filosofie. Ek het baie van hierdie tipes stories, maar ek het gedink ek begin met 'n mondvol om te sien hoe dit gaan met jou sous. As ek aangemoedig voel, skryf ek meer. Dus, hé, geen verskonings meer om na jou foon te staar of vasgepen te wees met 'n paar herhalings op die kabel kanale nie. Jy het 'n boek in besit wat jou en ander tussen die kuiertjies vermaak. Gelukkige vertelling! Khaled