Title search results
Showing 1 - 5 of 5 items
Breek familievloeke: Eis jou vryheid
By Gabriel Agbo, Mignionette Fair. 2017
Hierdie boek sal jou oë oopmaak vir die gevolge van al ons aksies om ons bestemming en dié van ons…
kinders; selfs dié wat nog ongebore is. Die onderwerp van vloeke is lank reeds afgeskeep, en ons het nodig om uit te vind om dit hier te ontbloot. Ons begin deur te gaan na die skrifte om presies te weet wat God sê oor vloeke, hoe hulle werk, en hoe ons heeltemal vry van hulle kan wees. Familievloeke is so belangrik dat God hulle ingesluit het by die Tien Gebooie. So baie mense is gebind deur die vyand met onsigbare en anonieme instrumente van slawerny. In hierdie studie sal ons leer hoe om hierdie kettings wat afkomstig is van die vyand te breek. Ons verken gebiede soos afgodery (insluitend Halloween), onsedelikheid, verraad, steel, moord, ens. in diepte Ek glo dat as jy hierdie boek lees en die waarhede verken sal daar nog baie roeringe in jou wees om jouself te ondersoek en 'n daadwerklike poging maak om 'n heilige lewe te lei, al dan nie vir jouself nie, ten minste ter wille van jou kinders en die ongebore geslagte.Word betaal vir jou gedigte
By Bernard Levine, Elmarié Smal. 2016
Skryf jy gedigte? Nou, kan jy betaal word vir die gedigte wat jy skryf en dit kan ook gepubliseer word…
in kaartjies, kalenders, plakkate en muurbehangsels. As jy jou skrywersdrome wil bewaarheid en terselfder tyd ook vergoed word vir jou gedigte, is hierdie unieke boek spesiaal vir jou. Om gedigte te skryf vir geld is groot pret en baie winsgewend! Word betaal om te doen waarvan jy hou.Die Phillips metode om op te hou rook
By Phillips Jones, Gwendoline Louw. 2017
Die PHILLIPS metode om op te hou rook is ‘n eenvoudige dog effektiewe metode om op te hou rook. Dit…
bevat ‘n reeks tegnieke en prosesse wat enigeen kan aanleer, en wat jou sal leer hoe om jou brein te programmeer sodat jy heeltemal ontslae kan raak van jou rookgewoonte. Deur hierdie boek te lees, en die aanbevelings dan te volg, sal jy nie net in staat wees om op te hou rook nie, maar jy sal ook leer hoe om enige doelwitte wat jy van nou af vir jouself stel, te bereik. Dis nie net ‘n resep om die rookgewoonte te los nie, maar ook ‘n verduideliking van hoe die brein werk, en hoe om dit te programmeer volgens jou begeertes en benodigdhede. Dit is propvol maklike, eenvoudige oefeninge wat jou sal help om jouself meer en beter te leer ken, sowel as om jou selfbeeld en eiewaarde te versterk. Hierdie boek lees lekker maklik, en nie net sal jy leer hoe om op te hou rook nie, maar die staaltjies en grappies hierin sal jou vele genot verskaf.Homoseksualiteit: Die Okkulte, Gesondheid en Sielkundige Dimensies.
By Gabriël Agbo. 2020
Is homoseksualiteit goed of boos? Wat is die oorsprong van hierdie seksuele voorkeur en die implikasie op die samelewing? Was…
dit die oorspronklike plan van God (natuur)? Wie is eintlik daaragter en vir watter doel? Is die homoseksuele en lesbiese werklik deur onsigbare magte gelok en vasgevang. En wat sal die effek op die huidige en komende generasies wees? Wat is die seining van die Christendom, Islam, traditionele geloof, ens. aangaande hierdie saak? Hoe gevaarlik is anale- en orale seks – enige gesondheids risiko’s? Kan die resultaat hiervan anale en orale kankersoorte en verskeie ander infeksies wees? Is homoseksualiteit ’n okkultiese praktyk? Al hierdie vrae en meer is wat ons gaan probeer antwoorde voor aanbied in hierdie boek. Selfde-geslag verhoudings is eintlik nie nuut tot die mensdom nie, maar is nou al vir ‘’n geruime tyd in die globale bewussyn, veral vir die systematiese goedgeuring wat deur westerse leiers daaraan gegee word onder die vaandel van menseregte, homoseksuele regte, minderheidsregte, koalisie bewegings, ens. In werklikheid preek sommige leiers en hulle marionette organisasies dit nie net nie, maar hulle boelie ander nasies om dit te aanvaar en te bevorder. Hulle beloof hulp, toelaes en ander ontwikkelende hulp as kompensasie. Waarom is hulle so behep daarmee en wie se agenda is dit? In hierdie werk sal ons probeer om ’n baie objektiewe bespreking in die volgende elektrifiserende, illuminerende en insiggewende sewe hoofstukke opsom te som: Die Homoseksuele Rebellie, In die Begin, Die Okkulte Dimensie, Die Gesondheidsimplikasie, Die Sielkundige Uitwerkings, Die Vermydende Gevolge en Wat Moet Ons Doen? Hierdie is waarlik informatiewe besprekings, feite wat jou sal help om ’n ingeligte besluit te neem of jy by homoseksualiteit betrokke moet raak of nie. Die besluit sal uitsluitlik joune wees!God van Abraham, Isak en Jakob
By Gabriel Agbo, Mignionette Fair. 2016
God se verbondsbeloftes stel nooit teleur nie. Hierdie boek sal jou help om al God se beloftes vir jou lewe…
te bereik. Dit is ʼn omvattende studie met persoonlike getuienisse oor die vermoë en gewilligheid van God om al Sy woorde rakend ons uit te voer. Hy het gesê Hy waak oor Sy woorde om hulle te laatgeskied. In hierdie boekkyk ons krities na die dinamika van ʼn goddelike belofte en hoe dit tot stand kom, in stand gehou en versorg word tot verwerkliking. Elke verbondsbelofte het ʼn begin, tydsberekening en voorwaardes. Ons moet dit altyd onthou om in staat te wees om perfek en gemaklik by God se wil vir ons lewens in te skakel. Inderdaad, by God is alles moontlik!