Title search results
Showing 1 - 20 of 22 items
Die Wêreld se mees Geliefde Inspirasies
By Bernard Levine, Petronella Louisa Smith. 2016
'n Opbeurende boek vol inspirasies. Dit is geskryf uit 'n geestelike oogpunt en is opbouend. Die boek bevat baie wyshede…
wat toegepas kan word vir 'n waardevolle, gelukkige, vervullende lewe. Daar word verwys na die waarde van gebed, asook om aan God Sy regmatige plek in die lewe te gee.Vrese van 'n jong moeder
By Gilbert Adimora, Adri De Necker. 2017
Die boek is geskryf vir jong ouers, veral die wat nog nie ervare is in die kuns van moederskap om…
te help om die angs te verlig wat die geboorte en die sorg van ‘n pasgebore baba volg totdat hulle een jaar oud is. Al lyk dit of die titel op moeders fokus, word vaders nie uitgesluit nie en met ook deur hierdie boek gaan omdat hulle ook betrokke is in die bekommernis en begeleidende slapelose nagte. Babas is veronderstel om ‘n gewensde geskenk van God te wees en ‘n bondel vreugte en geluk aan hulle ouers, maar dikwels is hierdie vreugde afgekap deur angs as gevolg van die tekort aan kennis, ‘ou vrou stories’,mites en kulturele gelowe wat dikwels nie baie akkuraat is nie, en stuur dan die jong ouers van plek tot plek in die soeke na oplossings. Snaaks genoeg, meeste bekommernisse is gewonlik ‘n normale proses wat moet gebeur soos wat die nuutgeborene aanpas by die lewe buite die baarmoeder. Party is klein probleempies wat opgelos kan word deur ‘n Pediater of ‘n goeie Huisdokter dikwels deur berading, en bring ‘n gewensde verligting en ‘n ontspanne omgewing in die huis. ‘n Reis na die verkeerde plek of die verkeerde raad van verkeerde mense, kan nie net permanent die kind beskadig nie , maar kan ook lei tot die ondergang van die pasgeborenne of baba met baie rou in die familie. Die feite in hierdie boek is saamgesit om hierdie jong ouers te help om die kennis te kry wat hulle nodig het om hulle pasgebore babas te kan hanteer, om angstigheid te verlig en om goeie gepasde maatreëls toe te pas wat sal help dat die babas ‘n gesonde begin geniet. Dit is ‘n resultaat van baie jare se oefening in kinder gesondheid in beide publieke en private hospital omgewings. Dit sal baie vrae antwoord wat deur jong moeders aan konsultasie pediaters,ander dokters,verpleegsters of ander gesondheids praktisyne gestel word, en soms kwaksalwers oor die sake wat hulle nie nodig het om oor bekommerd te wees nie of uitgesorOntsagwekkende Liefde
By Bernard Levine, Elmarié Smal. 2016
SEËN IEMAND VANDAG Deur BERNARD LEVINE Seën iemand vandag met woorde van vriendelikheid Doen iets aangenaam vir 'n vriend Saai…
sade van bemoediging in 'n vreemdeling se hart Vertel jou geliefdes dat jy hulle hartlik waardeer Maak iemand se dag kosbaar en mooi Gee God die eer vir Sy grootheid Versterk jou maat met vrugte van vreugde Voeg geloof by jou buurman se lewe Seën iemand vandag en onthou - Jesus het jou lief.Word betaal vir jou gedigte
By Bernard Levine, Elmarié Smal. 2016
Skryf jy gedigte? Nou, kan jy betaal word vir die gedigte wat jy skryf en dit kan ook gepubliseer word…
in kaartjies, kalenders, plakkate en muurbehangsels. As jy jou skrywersdrome wil bewaarheid en terselfder tyd ook vergoed word vir jou gedigte, is hierdie unieke boek spesiaal vir jou. Om gedigte te skryf vir geld is groot pret en baie winsgewend! Word betaal om te doen waarvan jy hou.150 Aanhalings Oor Sukses En Die Lewe
By Liezl Dreyer, Wael El-Manzalawy. 2016
"Mislukking kan jou vernietig as jy swak is, maar as jy sterk is kan jy mislukking vernietig" -Wael El-Manzalawy Een…
aanhaling kan 'n hele hoofstuk opsom. Hierdie boek bevat sowat 150 aanhalings deur talle internasionale denkers.Die Prinses En Die Dolfyn
By Dan Alatorre, Petro Ebersohn. 2015
"Die Prinses en die Dolfyn" is 'n vermaaklike prenteboekie met oulike sketsies vir kinders. Dit vertel die storie van 'n…
pragtige, klein prinsessie met 'n baie spesiale opgestopte diertjie wat sy iewers in die kasteel laat wegraak. Met behulp van haar ouers (die koning en koningin) en die gesin se hond, sit hulle 'n soektog op tou daarna.Kinders geniet 'n prettige bangmaakstorie terwyl hulle ontdek dat volharding, vindingrykheid en samewerking belangrik is. 'n Klein prinsessie in jou huis mag dalk 'n ding of twee leer oor speelgoed wat gebêre moet word, en miskien iets oor verantwoordelikheid ook!'n Goeie storie vir ouers om aan hulle voorskoolse kinders voor te lees, of vir kinders wat 'n bietjie ouer is om vir hulle ouers te lees!Savvy Geschichten
By Dan Alatorre. 2018
Die prag van kinders is gesetel in die feit dat alles hulle betower. Die prag van ouerskap is daarin gesetel…
dat ouers daardie betowering deur die hart van die kind sien. "Savvy" is 'n humoristiese en aangrypende blik op kindertyd se verlore betowerende oomblikke soos deur 'n pa gesien. Kruip, loop, speelafsprake, klippieskop, hibiskusse, leer om die potjie te gebruik, prinsesrokkies - en babadolfyne. Die hele wye spektrum van haar vrae en sy antwoorde.Die Phillips metode om op te hou rook
By Phillips Jones, Gwendoline Louw. 2017
Die PHILLIPS metode om op te hou rook is ‘n eenvoudige dog effektiewe metode om op te hou rook. Dit…
bevat ‘n reeks tegnieke en prosesse wat enigeen kan aanleer, en wat jou sal leer hoe om jou brein te programmeer sodat jy heeltemal ontslae kan raak van jou rookgewoonte. Deur hierdie boek te lees, en die aanbevelings dan te volg, sal jy nie net in staat wees om op te hou rook nie, maar jy sal ook leer hoe om enige doelwitte wat jy van nou af vir jouself stel, te bereik. Dis nie net ‘n resep om die rookgewoonte te los nie, maar ook ‘n verduideliking van hoe die brein werk, en hoe om dit te programmeer volgens jou begeertes en benodigdhede. Dit is propvol maklike, eenvoudige oefeninge wat jou sal help om jouself meer en beter te leer ken, sowel as om jou selfbeeld en eiewaarde te versterk. Hierdie boek lees lekker maklik, en nie net sal jy leer hoe om op te hou rook nie, maar die staaltjies en grappies hierin sal jou vele genot verskaf.Holografiese Heelal: 'n Inleiding
By Brahma Kumari Pari. 2018
Lees hierdie boek met die bedoeling om die diepte van wat verduidelik word, te verstaan. Moenie dit net as 'leesstof'…
beskou nie. In plaas daarvan om net die boek te lees om van die Holografiese Heelal te weet, hou aan na wat die skrywer gesê het totdat jy ervaar en verstaan wat gesê word oor die Holografiese Heelal. Om 'n oop, duidelike gedagte te hou (terwyl u dit visualiseer) sal u help om te ervaar wat die skrywer ervaar het en / of u kan ander relevante ervarings hê. As gevolg daarvan sal jy kan verstaan wat die skrywer verduidelik. U vermoë om ervarings in die Holografiese Heelal te hê, sal toeneem, aangesien u hierdie boek oor en oor lees totdat u dit verstaan het. Geniet die leeservaring!Skat, ek wil hê jy moet weet hoe spesiaal jy vir my is
By Bernard Levine. 2020
Ek Sal Nie Doodgaan Nie!
By Gabriël Agbo. 2020
Dit is nog nie oor nie. God is nog nie klaar met jou nie. Jy gaan nie nou dood nie. …
Ja, jy gaan nie. Hierdie boek is om jou te verseker dat Hy nog 'n plan vir jou lewe het. Dit maak nie saak hoe donker dinge lyk nie. Hier sal jy baie interessante hoofstukke vind soos: EK SAL NIE DOODGAAN NIE, ALLE KRAG BEHOORT AAN GOD, GAAN TERUG EN VERTEL HOM, GEBED, WAT MAAK JY HIER? MOENIE BANG WEES NIE, MOENIE WEGHARDLOOP NIE en ONBEPERKTE AANBOD. Daar is geen rede om nou op te gee nie. Moenie jouself doodmaak nie. Jy moet opstaan, met geloof en hoof en aanhou veg, staar jou uitdagings in die gesig. Moenie bang wees nie en moenie van dit af weghardloop nie. God kom om jou te help. Hier sal jy ook leer hoe om die gees van frustrasie, depressie en dood te weerstaan. Hoekom styg die koers van selfdood? Enige oplossings??Hoe om jou geliefde te behaag ( op 'n 100 verskillende maniere)
By Bernard Levine. 2020
Liefde groei wanneer jy iemand laat weet dat jy omgee. Hoe om jou geliefde te behaag is gevul met baie…
opwindende, romantiese verrassings om jou geliefde baie spesiaal te laat voel. Die vreugde van lewe, is in gee. Bederf jou geliefde met sommige van hierdie romantiese idees en kyk hoe jou liefdeslewe sissend sal raak met ekstase en passie!Outeurpreneur in Pajamas: Vestig jou skrywersplatform sonder om die huis te verlaat
By Geraldine Solon. 2020
Nou is dalk die beste tyd wees om ‘n skrywer te wees, maar hoe laat jy jou boek bo die…
duisende uitstaan wat daagliks gepubliseer word? Elke skrywer moet hulle boeke bemark, of hulle nou die tradisionele roete volg of hulle boeke self publiseer. Hoewel skrywers ‘n fisiese teenwoordigheid moet hê, fokus Outeurpreneur in Pajamas op hoe skrywers hul platforms in hul pajamas kan bou deur aanlynopsies te gebruik wat hul blootstelling en sigbaarheid kan verhoog. Ons lewe in ‘n virtuele wêreld, waar digitaal papier verby gesteek het, waar slimfone, tablette en e-lesers nou noodsaaklikhede is, en waarin jy jou skrywersplatform met die druk van ‘n knoppie kan bou. Outeurpreneur in Pajamas leer jou hoe om jou skrywersplatform te ontwikkel sonder om jou huis te verlaat.Joernaal
By Daphne Mashamaite. 2020
In hierdie joernaal vind u onweerlegbare sukseslesse in mikroformaat op elke bladsy. Die lesse kom uit my boek “Climbing the…
ladder of success”. In die boek deel ek my navorsing en ervaring as ‘n kenner op die gebied van ondernemingsontwikkeling wat werk met klein tot mediumgrootte ondernemings. My begeerte is om almal te help om te fokus op belangrike gebiede vir die bestuur van ‘n suksesvolle besigheid, selfs na Covid19 kan jy ware sukses bereik. ‘n Joernaal help jou om boek te hou van jou dag tot dag ervarings. Dit kan gebruik word om jou gevoelens en jou gedagtes oor ‘n bepaalde situasie in jou sosiale lewe of ‘n spesifieke gebeurtenis of situasie te beskryf. Gebruik jou joernaal om opwindende en hartseer oomblikke vas te vang – herinneringe. Beskryf jou gevoelens, die mense wat jy ontmoet het en hoe hulle jou laat voel het. Jy kan ook die plekke neerskryf wat jy besoek het, spesiale geleenthede ens. Onthou om dit wat jy geleer het in te sluit. ‘n Joernaal kan gebruik word om jou ondervinding en seisoene in jou lewe te beskryf vir toekomstige verwysing. Jy kan ook jou joernaal gebruik vir jou te-doen-lysie en jou volgende boek of manuskrip.Die Geheime van die Lewe: Inspirasie wat jy nooit sal vergeet nie!
By Bernard Levine. 2020
Geen Kruis, Geen Kroon
By Gabriël Agbo. 2020
Hierdie klein maar kragtige boek is geskryf om Christene aan te moedig en te bemagtig wie deur moeilike tye van…
beproewing gaan. Hulle moet weet dat daardie onaangename omstandighede as God se instrumente sal dien op hulle op te lig na hulle volgende fase of deurbraak toe. Hier sal ons sien dat ons houding ons hoogte kan vasstel in ons wandel met God. En ook, dat daar is altyd profyt in elke teëspoed.Seks Speelgoed: Goed of Euwel?
By Gabriël Agbo. 2020
Handelaars van seks speelgoed maak biljoene dollar elke jaar. Hulle produkte is so gediversifiseer en is vandag in elke deel…
van die wêreld beskikbaar. Dit lyk asof hierdie besigheid van kunsmatige of tegnologies bevredigende seksuele begeertes in die mode is. Die enkellopende, getroude, oud, jonk patroniseer seks winkels en die vervaardigers, wyslik ook, is stadig maar seker besig om meer aantreklike en gesofistikeerde goed uitdraai. Dit lyk asof daar geen einde tot hulle innoverende vindingrykheid is om hierdie nuwe instrumente van plesier te ontwerp nie. Vandag tree en gedra sommige van heirdie speelgoed hulle presies soos die teenoorgestelde geslag in die seks handeling. Maar hier wil ons kyk na die oorsprong, intensies en effekte van hierdie speelgoed op die gebruikers, veral die spirituele en sielkundige implikasies. Seks speelgoed is nie nuut nie. Hulle het 'n lang geskiedenis wat met die gebruik van 'n gevormde objek begin het wat 'n penis voorstel. Die antieke Romeine, Grieke, Sjinese, Asiërs en Indiërs het hierdie objekte uit steen, yster, goud, hout en ander materiale gekerf waar dit gebruik was om masturbaise aan te vuur. Sommige van hulle (soos die Grieke) het ook seksgode en godinne aanbid waar hierdie objekte vertoon is, gebruik is en ander seksuele immorele optredes uitgebreid gepromofeer is, insluitende seks met demone en geeste. So, ons kan tereg sê dat die fondasie van seks speelgoed was een van wellus vir "onbeperkte" plesier en die aanbidding van demoniese gode. Hierdie ontdekking het gemetamorfeer na ander objekte en in die 20ste eeu sien ons die eerste elektriese vibrator wat ontdek is. Sedertien, is dit 'n stortvloed van hierdie handmatige en later meer gesoftikeerde instrumente van seksuele plesier. Sommige van hulle knik en praat! Wow! Nou, is seks speelgoed in God se oorspronklike plan? En sedert die seksuele verhouding 'n fisiese, emosionele en spirituele verhouding is, heWerkboek - Klim die Leer van Sukses: Beginsels wat jou sal onderskei
By Daphney Mashamaite. 2020
Nadat ek die boek "Climbing the ladder of success" gepubliseer het, het daar versoeke van verskeie organisasies gekom om ‘n…
werkboek te ontwikkel. Hierdie werkboek is ontwerp om jou te help om te oefen en te dink oor die sukseslesse en om jou aksiestappe neer te skryf. In "Climbing the ladder of success" deel ek uit my navorsing en studies sowel as my ervaring van meer as ‘n dekade as ‘n kenner in besigheidsontwikkeling, en my werk met klein tot medium grootte besighede. My begeerte met hierdie werkboek is om almal te help slyp aan belangrike areas in die bestuur van ‘n suksesvolle besigheid in ‘n poging om ware sukses te behaal. Die werkboek verseker dat jou besluite op papier geplaas word vir onmiddellike implementering op ‘n deurlopende basis.Die Lekker Gespreks Boek
By Bernard Levine. 2021
Hoe goed ken jy jou geliefde en vriende? Hierdie lekker boek is propvol vrae wat stof tot nadenke gee, soms…
intiem, soms laf en kontroversieël, maar altyd interessant. Wanneer vriende omkom, met 'n familie samekoms of wanneer jy so pas iemand op 'n partytjie of byeenkoms ontmoet het, sal hierdie gekkige boek almal aan die praat kry.Gebed van Jehósafat
By Gabriël Agbo. 2020
Elke stryd in hierdie lewe is wenbaar. Alle stryde wat jy in die gesig staar, as individueel of groep word…
deur drie kategorieë verteenwoordig - oorlog, siekte en hongersnood. Oorlog verteenwoordig beide fisiese en spirituele opposisie, gevegte en konflikte wat ons daagliks in die gesig staar. Siekte sluit in alle siektes, infeksies, geneesbare en ongeneesbare siektes. Dan, hongersnood of droogte het betrekking op alle ekonomiese, finansiële tekort en ander uitdagings. En in hierdie boek, wys ons jou effektiewelik dat dit moontlik is om altyd deur hierdie uitdagings te gaan en as 'n oorwinnaar uit te kom. Hier, sal jy gevestigde en getoetse beginsels vind wat jou permanent aan die wenners kant sal plaas. Hulle is inderdaad getoets, goddelik, universeel en vir ewig. Hulle kan nie misluk nie! Hier sal jy tien gelaaide en kragtige hoofstukke vind: Gebed van Jehósafat; God van Hemel en aarde; Dit is ons erfenis; Oorlog, siekte en hongersnood; Kyk hoe hulle ons beloon; Sal jy hulle nie keer nie; Moenie moedeloos of bang wees nie; So spreek die Here, Marsjeer uit en neem jou posisie in; Krag van lofprysing. Ons het ook 'n stel kragtige gebeds punte aan die einde van elke hoofstuk wat onmiddelike resultate sal oplewer.