Title search results
Showing 1 - 15 of 15 items
Mr. Monk and the Two Assistants
By Lee Goldberg. 2007
Obsessive. Compulsive. Detective. The husband of Monk's former assistant, Sharona, has been arrested for murder. Now back in San Francisco,…
she's ready to reclaim her place in Monk's life-much to the chagrin of his current assistant, Natalie. While Monk tries to maintain a delicate balance between the two women, he discovers a few unsettling snags in the case against Sharona's husband, and may be up against a killer who not only understands him, but is one step ahead.Die Skaduwee van die Bloedhond
By Elmari Smal, Claudio Ruggeri. 2018
Die lyk van 'n jong vrou word tussen bosse gevind, van die eerste leidrade, sowel as die motief van die…
moordenaar lyk vir almal duidelik, behalwe vir Vincent Germano, die Kommissaris van die Polisie, wat besluit om ondersoek in te stel.Die Kommissaris se Spook
By Elmari Smal, Claudio Ruggeri. 2017
Kommissaris Vincent Germano is 'n ouskoolse polisiewoordvoerder wat gebore is in San Francisco, maar in Italië woon vir meer as…
twintig jaar,waar 'n gebeurtenis nie sy lewe verander het nie. Die Castelli Romani, is 'n provinsie suid van Rome, dit is die agtergrond waar die twee sake wat Germano en sy manne se aandag vereis en ondersoekpyne veroorsaak, afspeel; 'n onkantse skeidsregter en 'n vermiste meisie.Nooit Meer as Twee Keer
By Claudio Ruggeri, Adri Schalkwyk. 2017
‘n Boodskap gevind in ‘n bottel en die nuuskierigheid van ‘n antiekhandelaar sal Vincent Germano lei tot ‘n ondersoek waarvan…
die gevolgtrekking net as vergesog gestel kan word. Die kommissaris sal dikwels omring word deur mense wat ‘n verduideliking moet gee, ‘n bevel moet maak of advies moet vra, maar in werklikheid sal dit net wees soos almal wat na die waarheid soek.Die Dissonant
By Juliet Perie, Claudio Ruggeri. 2017
Ralf Brandenburg, internasionale musikant, is dood gevind op sy geliefde klavier. Die man in beheer van die ondersoek, Vincent Germano,…
sal die moord moet oplos met niks anders as die woorde en skinder van mense wat gelukkig genoeg was om Ralf te geken het.Woorde Van Die Anderkant Af
By Claudio Ruggeri, Clarien Kurzepa. 2016
Aangrypende misdaadriller wat jou tot die laaste bladsy geïnterreseerd sal hou. Volg kommissaris Vincent Germano en sy ondersoekspan wat onvermoeid…
werk om hierdie saak op te los. 'n Paar moontlike verdagtes en 'n vorige onopgeloste saak maak dit inderdaad baie moeilik om dit op te los.Raaisel Van ‘N Moordenaar
By Adri Schalkwyk, Claudio Ruggeri. 2016
Die Gebreekte Raam
By Mignionette Fair, Claudio Ruggeri. 2015
'n Man word dood in sy kunsgalery gevind en daar sal van Vincent Germano verwag word om deur duisende moontlike…
aannames te waad. Die Kommissaris sal die swartgallige ondersoek moet hanteer.Diamante, gevaar, verdwyning en bedrog... ’n Katerina Carter-misdaadroman Bedrogspeurder, Katerina Carter, het geen benul wanneer om die handdoek in te…
gooi nie, en dit laat haar dikwels in deurmekaar en gevaarlike situasies beland. Noudat die werk skaars is en haar geld vinnig opraak, het Kat kliënte nodig; anders sal sy noodgedwonge op haar knieë moet terugkruip na haar hokkie by die firma waar sy gewerk het. En vir Kat is hierdie lot erger as skuld. Wanneer Liberty-diamantmyn se uitvoerende hoof, Susan Sullivan haar dus huur om Liberty se verdwene finansiële bestuurder en ’n groot bedrag verduisterde geld op te spoor, is sy baie gretig om die werk te aanvaar. Rampsalige armoede is goeie motivering om moeilike sake aan te vat, maar haar opwinding verander gou in angs toe twee werknemers van die maatskappy brutaal vermoor word. Kat besef dat die ondersoek dalk gevaarliker is as wat sy verwag het. En asof dinge nie ingewikkeld genoeg is nie, ontdek sy ’n sinistere skakel tussen Liberty, bloeddiamante en georganiseerde misdaad. Sy moet net bewyse kry en uit die moordenaars se pad bly om die ware misdadigers aan die kaak te stel. Met die hulp van haar vriende en ’n eksentrieke oom, moet Kat bontstaan of haar eerste saak is moontlik ook haar laaste...Uitbarsting: Katerina Carter-misdaadroman (Katerina Carter-misdaadroman reeks #3)
By Colleen Cross. 2020
Somtyds is dit beter om die verlede begrawe te laat... Bedrogondersoeker, Katerina Carter se uitstappie na ʼn geïsoleerde eiland ontbloot…
ʼn misterieuse 1920s okkult, geheime gange en gerugte van goue skatte. Die Aquarian Foundation se misterieuse geheime is verlore in die sand van tyd, maar ʼn onheilspellende misdaad lê diep onder in die water. Kat ontbloot ʼn afgryslike waarheid wat een moordenaar ten alle koste sal beskerm. Om die geheim bloot te lê, sal die moordenaar weer laat toeslaan en net sý kan die moordenaar keer. As sy gelukkig is, sal sy met haar lewe ontsnap, maar het haar geluk reeds uitgehardloop? ʼn Meesleurende psigologiese riller wat jy met die ligte aan sal wil lees!Ann se Oorlog: Verraad
By Hannah Howe. 2020
Met haar man weg op ‘n geheime sending, maak Ann Morgan gereed vir nog ‘n dag as sekretaresse by Trevor…
Bowman se privaat-speurder agentskap. Maar hierdie dag sal nie soos enige ander dae wees nie. In vier-en-twintig uur, sal Ann se lewe handomkeer verander wanneer sy ‘n moord ontdek, ‘n aanteklike wewenaar ontmoet, Speurder Inspekteur Max Deveraux, en hy konfronteer die moordenaar in ‘n web van versoeking en misleading.ANN se OORLOG: DIE INVAL
By Hannah Howe. 2020
Met haar man, Emrys, wat steeds vermis word gedurende die oorlog, ontvang Ann Morgan ‘n persoonlike uitnodiging van die sjarmante…
Speurder Inspekteur Max Deveraux. Moet sy die uitnodiging aanvaar of van die hand wys? Intussen, in haar persoonlike lewe, word Ann met ‘n dilemma gekonfronteer. Na Trevor Bowman se moord, moet sy die vaandel by sy speur agentskap oorneem? Terwyl Ann oor die persoonlike en profesionele aspekte van haar lewe wik en weeg, vra ‘n vriendin haar om haar vermiste dogter op te spoor. Klaarblyklik het Adeline Hopkins ‘n beskadigde verhouding met haar pa. Maar wat van haar gewese kêrel en ‘n Amerikaanse soldaat, ‘n GI waarmee sy uit gegaan het? Gedurende die tyd dat die GI’s gereed maak om te vertrek vir die tweede golf D-Dag invalle, het Ann antwoorde nodig, net om haarself met ‘n verdere dilemma te vind, hoe om geregtigheid te laat geskied.Wens Jy Was Hier: ‘n Ondersoek in geheue
By Nuno Morais. 2020
Frederico Batalha is 'n inspekteur van die regspolisie. Hy word na die Algarve gestuur om die ontdekking van 'n lyk…
in 'n sloping te ondersoek, en keer terug na sy jeug en na vakansies in Praia da Luz om te onthou wat hy verkies om te vergeet. Dit is 'n verhaal van herinneringe, liefde, skuldgevoelens en misdaad. Frederico word teruggeneem na sy verlede as gevolg van 'n diskrete ondersoek aan misdade wat na bewering deur invloedryke mense gepleeg is, en hy en sy superieur, die pragtige en verleidelike hoofinspekteur Manuela Carvalho, word aangestel. Terwyl Frederico sy kennis van die feite verdiep, kom lang begrawe herinneringe na vore, met Pink Floyd se "Wish You Were Here" wat as agtergrondmusiek dien.ANN se OORLOG: Afpersing (ANN se Oorlog Reeks #3)
By Hannah Howe. 2020
Met haar man, Emrys, wat steeds in aksie vermis word, moet Ann Morgan die realiteit aanvaar dat sy hul eerste…
huweliks herdenking, en Kersfees alleen moet deurbring. Maar, ‘n telefoon oproep van Aistair Blythe, ‘n jongman met wie sy kortliks, voor haar huwelik met Emrys, uitgegaan het sit Ann op ‘n pad wat na moord lei, ontmoetings met handelaars op die swart mark en wat lewensgevaar vir haar inhou. Met die hulp van bobaas spioenmeester Charles Montagu en Speurder Inspekteur Max Deveraux, krap Ann ‘n groot oorlogs geheim oop. En, saam met die wonderlike sneeu wat oor die Kerstyd val, kry sy ‘n geskenk wat sy nooit sal vergeet nie.Spelteorie: ’n Katerina Carter-misdaadroman (Katerina Carter bedrog-misdaadromanreeks #2)
By Colleen Cross. 2019
Spelteorie Forensiese rekenmeester, Katerina Carter se bedrog ondersoek lê ʼn massiewe Ponzi-skema bloot wat verbind is aan die skimagtige World…
Institute, ʼn globale dinktenk met ʼn ysingwekkende geheime agenda. Kat is vasgekeer in ʼn hoogspeel politieke komplot waar die spelers by niks sal stop om te kry wat hulle wil hê nie, in ʼn spel wat sy nie kan bekostig om te verloor nie.