Title search results
Showing 1 - 3 of 3 items
Die Krag van Opoffering
By Gabriel Agbo, Leonie van der Wath. 2018
DAISY text (Direct to player), DAISY text (Zip), ePub (Zip), Word (Zip)
Health and medicine, Inspirational and family life
Opofferinge is kragtig. Baie Kragtig! Die rykste man, die sterkste man, die mees geseënde mans en vroue, die verstandigste, die…
grootse koning, en die magtigste profete was almal manne en vroue van opoffering. Hulle het hulle alles gegee en het gewaagd opgetree vir hulle mense, mensliewenheid en vir God om hulle verpligtinge en doelwitte te bereik sodat almal in ewigheid op hulle trots kon wees. Wil jy hulle geheim weet? Goed. As jy wil uitblink moet jy eers ‘n man/vrou van opoffering word. Alles is moonlik vir dié wat die prys kan betaal. Dié boek bevat die volgende hoofstukke – Die Krag van Opoffering, Offer Jou Enigste, Ek Reis deur Egipte, Ek Sal Die Prys Betaal, Volg My! Ons Het Vir Jou Gekom, Ek Sal Jou Bewaar, Berei Daardie Laaste Ete Voor, Die Krag Om Te Bewaar, Loof, Vas en Gebed. Ons bespreek nie net die groot opofferings van noemenswaardige mans en vroue uit die Bybel nie en hoe hulle optrede hulle belangrik gemaak het nie maar ons bespreek ook mense soos Yonatan Yoni Netanyanhu van Israel. Hy is die jong Israeli wat die komando eenheid gelei het om die Joodse gyselaars te red by Entebbe lughawe toe hul vliegtuig in 1976 gekaap is en in Uganda moes land. Ons kyk ook na militêre helde – soos die “SEALs” en “Delta Force. Hierdie mans gee voordurend hulle allerbeste om ander te beskerm en om die mensdom te red. Hulle offer hul lewens op om ander te beveilig. Jesus het gesê groter opoffering is daar nie, dan iemand wat sy lewe vir ‘n ander gee. Ons bring hulde aan hulle! Hulle leer ons wat opoffering behoort te wees. Jesus het juis gevra, wat se opoffering kan groter wees as wat iemand sy lewe vir sy vriende gee? Ons prys hulle vir hulle dapperheid en uitmuntende patriotisme. Hier sal ons leer van opofferings van geloof, goedheid, patriotisme, gebed, vas en loof. Wanneer jy meer doen as wat van jou verwag word, is daar onmiddelik ‘n onsigbare bonatuurlike mag wat reageer en na jou toe haas.Super 3-Dag Detox Sop & Smoothie Plan
By Geoff Wells, Vicky Wells, Corlia Jones. 2017
DAISY text (Direct to player), DAISY text (Zip), ePub (Zip), Word (Zip)
Food and drink, Health and medicine
Super 3-Dag Detox Sop & Smoothie Plan is ‘n maklike drie-dag detox-dieet en gewigsverliesplan wat bestaan uit gesonde, voedsame en…
heerlike smoothies vir ontbyt en middagete, 'n warm en lekker prutpot-dis vir aandete, en vars gemengde vrugte vir nagereg. Hierdie plan pas ook 'n besige leefstyl, want jy kan jou middagete smoothies voorberei en saam met jou neem. Jy kan ook jou prutpot in die oggend opstel en aandete gereed hê vir jou wanneer jy tuis kom. Kry hierdie boek nou en begin dadelik jou detox plan! Hier is 'n bietjie insig in wat in hierdie boek ingesluit is: •‘n Openhartige Onderhoud Met Die Outeurs •Wat Is Die Voordele Van 'n Detox Program? •Wat Is Die Moontlike Newe-Effekte Van 'n Detox Program? •Wenke Om Jou Vrugte, Groente en Kruie te Kies •Hoekom Rou Die Beste Is •Die Kosse Wat Ons Gebruik Het en Hoekom •Wat Die Kleure Van Kosse Beteken •Mees en Minste Besmette Vrugte en Groente •Wat Om Nie In Te Neem Tydens Detox Nie •Bly Gehidreer Tydens Detox •Voedselveiligheid •Die 3-Dag Detox Program •Detox Resepte •Bonus Resep Hier is 'n steekproef van sommige van die superkos vrugte, groente en speserye wat ingesluit is in ons detox smoothie en prutpot resepte: •aarbeie •appelasyn •aspersies •avokadopeer •basielkruid •bloubessies •boerenkool •bok choy •borrie •broccoli •druiwe •groen tee •klapperwater •knoffel •komkommer •piesangs •pietersielie •pomelo •roosmaryn •seldery •spinasie •tamatie •wortelsOntvang Jou Wonderwerk
By Petro Ebersöhn, Bernard Levine. 2017
DAISY text (Direct to player), DAISY text (Zip), ePub (Zip), Word (Zip)
Inspirational and family life
Hierdie is 'n opwindende boek wat jou sal inspireer namate jy die geheim tot die lewe, geluk en sukses ontdek.…
Wees getrou aan jouself en volg jou hart. Laat die wonderwerke wat jy so graag wil hê moet gebeur, jou lewe vul!