DAISY text (Direct to player), DAISY text (Zip), Word (Zip), ePub (Zip)
Self help, Addiction and substance abuse
Synthetic audio, Automated braille
Die PHILLIPS metode om op te hou rook is ‘n eenvoudige dog effektiewe metode om op te hou rook. Dit…
bevat ‘n reeks tegnieke en prosesse wat enigeen kan aanleer, en wat jou sal leer hoe om jou brein te programmeer sodat jy heeltemal ontslae kan raak van jou rookgewoonte. Deur hierdie boek te lees, en die aanbevelings dan te volg, sal jy nie net in staat wees om op te hou rook nie, maar jy sal ook leer hoe om enige doelwitte wat jy van nou af vir jouself stel, te bereik. Dis nie net ‘n resep om die rookgewoonte te los nie, maar ook ‘n verduideliking van hoe die brein werk, en hoe om dit te programmeer volgens jou begeertes en benodigdhede. Dit is propvol maklike, eenvoudige oefeninge wat jou sal help om jouself meer en beter te leer ken, sowel as om jou selfbeeld en eiewaarde te versterk. Hierdie boek lees lekker maklik, en nie net sal jy leer hoe om op te hou rook nie, maar die staaltjies en grappies hierin sal jou vele genot verskaf.