Title search results
Showing 1 - 3 of 3 items
Vrese van 'n jong moeder
By Gilbert Adimora, Adri De Necker. 2017
DAISY text (Direct to player), DAISY text (Zip), ePub (Zip), Word (Zip)
Family and relationships, Medicine
Die boek is geskryf vir jong ouers, veral die wat nog nie ervare is in die kuns van moederskap om…
te help om die angs te verlig wat die geboorte en die sorg van ‘n pasgebore baba volg totdat hulle een jaar oud is. Al lyk dit of die titel op moeders fokus, word vaders nie uitgesluit nie en met ook deur hierdie boek gaan omdat hulle ook betrokke is in die bekommernis en begeleidende slapelose nagte. Babas is veronderstel om ‘n gewensde geskenk van God te wees en ‘n bondel vreugte en geluk aan hulle ouers, maar dikwels is hierdie vreugde afgekap deur angs as gevolg van die tekort aan kennis, ‘ou vrou stories’,mites en kulturele gelowe wat dikwels nie baie akkuraat is nie, en stuur dan die jong ouers van plek tot plek in die soeke na oplossings. Snaaks genoeg, meeste bekommernisse is gewonlik ‘n normale proses wat moet gebeur soos wat die nuutgeborene aanpas by die lewe buite die baarmoeder. Party is klein probleempies wat opgelos kan word deur ‘n Pediater of ‘n goeie Huisdokter dikwels deur berading, en bring ‘n gewensde verligting en ‘n ontspanne omgewing in die huis. ‘n Reis na die verkeerde plek of die verkeerde raad van verkeerde mense, kan nie net permanent die kind beskadig nie , maar kan ook lei tot die ondergang van die pasgeborenne of baba met baie rou in die familie. Die feite in hierdie boek is saamgesit om hierdie jong ouers te help om die kennis te kry wat hulle nodig het om hulle pasgebore babas te kan hanteer, om angstigheid te verlig en om goeie gepasde maatreëls toe te pas wat sal help dat die babas ‘n gesonde begin geniet. Dit is ‘n resultaat van baie jare se oefening in kinder gesondheid in beide publieke en private hospital omgewings. Dit sal baie vrae antwoord wat deur jong moeders aan konsultasie pediaters,ander dokters,verpleegsters of ander gesondheids praktisyne gestel word, en soms kwaksalwers oor die sake wat hulle nie nodig het om oor bekommerd te wees nie of uitgesorBreek familievloeke: Eis jou vryheid
By Gabriel Agbo, Mignionette Fair. 2017
DAISY text (Direct to player), DAISY text (Zip), Word (Zip), ePub (Zip)
History, Religion
Hierdie boek sal jou oë oopmaak vir die gevolge van al ons aksies om ons bestemming en dié van ons…
kinders; selfs dié wat nog ongebore is. Die onderwerp van vloeke is lank reeds afgeskeep, en ons het nodig om uit te vind om dit hier te ontbloot. Ons begin deur te gaan na die skrifte om presies te weet wat God sê oor vloeke, hoe hulle werk, en hoe ons heeltemal vry van hulle kan wees. Familievloeke is so belangrik dat God hulle ingesluit het by die Tien Gebooie. So baie mense is gebind deur die vyand met onsigbare en anonieme instrumente van slawerny. In hierdie studie sal ons leer hoe om hierdie kettings wat afkomstig is van die vyand te breek. Ons verken gebiede soos afgodery (insluitend Halloween), onsedelikheid, verraad, steel, moord, ens. in diepte Ek glo dat as jy hierdie boek lees en die waarhede verken sal daar nog baie roeringe in jou wees om jouself te ondersoek en 'n daadwerklike poging maak om 'n heilige lewe te lei, al dan nie vir jouself nie, ten minste ter wille van jou kinders en die ongebore geslagte.God van Abraham, Isak en Jakob
By Gabriel Agbo, Mignionette Fair. 2016
DAISY text (Direct to player), DAISY text (Zip), ePub (Zip), Word (Zip)
History, Religion
God se verbondsbeloftes stel nooit teleur nie. Hierdie boek sal jou help om al God se beloftes vir jou lewe…
te bereik. Dit is ʼn omvattende studie met persoonlike getuienisse oor die vermoë en gewilligheid van God om al Sy woorde rakend ons uit te voer. Hy het gesê Hy waak oor Sy woorde om hulle te laatgeskied. In hierdie boekkyk ons krities na die dinamika van ʼn goddelike belofte en hoe dit tot stand kom, in stand gehou en versorg word tot verwerkliking. Elke verbondsbelofte het ʼn begin, tydsberekening en voorwaardes. Ons moet dit altyd onthou om in staat te wees om perfek en gemaklik by God se wil vir ons lewens in te skakel. Inderdaad, by God is alles moontlik!