Service Alert
Delay in delivery of CDs
We are currently experiencing a delay with CD production. CDs are being sent and will be delivered as soon as possible. We apologize for the inconvenience.
We are currently experiencing a delay with CD production. CDs are being sent and will be delivered as soon as possible. We apologize for the inconvenience.
Showing 1 - 20 of 34 items
By Dan Alatorre, Petro Ebersohn. 2015
"Die Prinses en die Dolfyn" is 'n vermaaklike prenteboekie met oulike sketsies vir kinders. Dit vertel die storie van 'n…
pragtige, klein prinsessie met 'n baie spesiale opgestopte diertjie wat sy iewers in die kasteel laat wegraak. Met behulp van haar ouers (die koning en koningin) en die gesin se hond, sit hulle 'n soektog op tou daarna.Kinders geniet 'n prettige bangmaakstorie terwyl hulle ontdek dat volharding, vindingrykheid en samewerking belangrik is. 'n Klein prinsessie in jou huis mag dalk 'n ding of twee leer oor speelgoed wat gebêre moet word, en miskien iets oor verantwoordelikheid ook!'n Goeie storie vir ouers om aan hulle voorskoolse kinders voor te lees, of vir kinders wat 'n bietjie ouer is om vir hulle ouers te lees!By Katrina Kahler. 2020
Hierdie boek is gevul met oorspronklike stories wat alle jong kinders sal geniet. Jou kind sal verseker dadelik van elkeen…
van die karakters hou en hul avonture baie geniet. Die karakters sluit ’n verskeidenheid oulike diere, dinosourusse, seerowers en ook jong meisies en seuns in by wie jong kinders aanklank sal vind. Ingebed in elke storie is ’n boodskap wat jy met jou kind sal kan bespreek om sekere kwessies vas te lê, soos die belangrikheid daarvan om goedhartig en sorgsaam te wees, om die waarheid te praat, om dapper te wees, om jou bes te probeer en om ’n nuwe baba in die gesin te hanteer, om maar net ’n paar te noem. Elke storie is gevul met illustrasies wat jou en jou kind sal vermaak. Perfek vir vroeë lesers of beginner-lesers en geskik vir kinders van 2–5. Lees die stories as slaaptydstories en gebruik dit weer wanneer jou kind in preprimêr is en begin om te leer lees. Daar is ook ’n Inhoudsopgawe waarop jy kan klik vir maklike navigasie. ’n Wonderlike boek vir jong kinders!By Erick Carballo. 2020
Nadat hy deur 'n golf na die strand gegooi is, word 'n seeperdjie in angs gered deur 'n sesjarige seun…
wat hom op sy beurt huis toe neem en sodoende vinnig herstel.By Katrina Kahler, Petro Ebersöhn. 2017
Volg die avonture van Abbie en haar eerste ponie, Vonk, ‘n pragtige volbloed, in haar dagboek. Ja, sy is mal…
oor perde, en wanneer sy haar eerste ponie kry word al haar drome waar… “Toe ek Vonk vir die eerste keer sien, het ek geweet sy is die regte ponie vir my! Die oomblik toe ek haar oor die weikamp sien handgalop, dink ek het altwee van ons geweet ons hoort bymekaar. Maar ek was nie voorbereid op die opwindende avonture wat vir ons voorgelê het nie.” My Eerste Ponie neem jou op ‘n rit vol pret, vriendskappe, en selfs byna ‘n ramp. Dit is die ware verhaal van ‘n absoluut-perdmal meisie en ‘n pragtige volbloed met die na Ek is mal oor perde! KatrinaBy Linda Henderson. 2020
Die Klein Rooi Brandweerwa het 'n gelukkige lewe gehad- tot eendag, toe twee nuwe brandweerwaens in sy motorhuis inry. Hy…
was seker dat hy nie meer verlang of nodig sou wees nie. Dit het hom baie hartseer gemaak. Maar toe eendag, was daar 'n brand in sy rustige dorpie. Vind uit wat gebeur met die klein brandweerwa. Hierdie verhaal sal jou kleintjie (ouderdomme 3-5) wys dat selfs wanneer iets sleg gebeur, kan daar nogsteeds 'n gelukkige einde wees!By Debbie Manber Kupfer. 2020
By Various. 2018
Asiatiese Kort Verhale deur Verskeie Outeurs Asiatiese Kort Verhale, deur nege outeurs, het elk ‘n Asiaat of speel af in…
Asië as hoof agtergrond. Asiatiese Kort Verhale het gebeur as gevolg van ‘n reeks gebeure een naweek in Mei 2015. ‘n Vriend het my vertel dat hy verskeie kort stories met Asië as agtergrond het, ek het genoem dat ek ook ‘n paar stories het, nog ‘n vriend het my ‘n epos gestuur dat hy ‘n kort verhaal oor Pattaya wil skryf, en een van my Thai niggies het vir my haar nuutste foto gestuur, die een op die voorblad van die bundel. Dit was asof iemand iets vir my probeer vertel het, of ‘n klomp het in elk geval. Die negentien stories deur nege outeurs in hierdie bundel was almal in een maand na my gestuur, maar verskil net soveel soos hulle outeurs. Die stipulasie was dat Asië of ‘n Asiaat moes sterk na vore kom in die storie. Ons het stories met Kambodja, Sjina, Laos, Maleisië, Pakistan, Thailand, die VSA en Vietnam. Sommige van hierdie outeurs is wel bekende skrywers, sommiges beter bekend in ander sfere, sommiges het al voorheen heelwat geskryf en is gepubliseer in die tradisionele sin, ander reis die Indiese Publisering pad en vir nog ander is dit die heel eerste keer wat jy hul stories sien in enige druk vorm. Jy kan meer lees oor elkeen van die outeurs op die verskeie webwerwe wat gegee word na elke storie. Ek beveel aan dat u die webwerwe besoek want wat jy meer kan uitvind oor die outeurs sal jou dalk verras, dit waarborg ek jou. Asiatiese Kort Verhale deur Verskeie Outeurs Asiatiese Kort Verhale, deur nege outeurs, het elk ‘n Asiaat of speel af in Asië as hoof agtergrond. Asiatiese Kort Verhale het gebeur as gevolg van ‘n reeks gebeure een naweek in Mei 2015. ‘n Vriend het my vertel dat hy verskeie kort stories met Asië as agtergrond het, ek het genoem dat ek ook ‘n paar stories het, nog ‘n vriend het my ‘n epos gestuur dat hy ‘n kort veBy Kaz Campbell, Madelyn Coetzee. 2017
Leer om sigwoorde vlak 2 boek 5 te lees vir beginners. Boek 5 is gekombineer met die sigwoorde wat in…
my monster vlak 1, boek 1, 2 en 3 gedek is in kort frases en eenvoudige sinne. Elke bladsy bevat 'n prentjie om lees makliker te maak vir kinders. Werk deur hierdie reeks boeke en jy sal instaat wees om jou kinders te leer lees. Daar is 6 sigwoord boeke in hierdie leer om te lees program. In vlak 1 (enkel woorde en prente) is daar 3 boeke en vlak 2 (kombineer die sigwoorde in eenvoudige sinne) het ook drie boeke. Die boeke in die leer om te lees reeks is almal genommer, begin by boek 1 en werk deur al die boeke.By Kaz Campbell, Jamie Marais. 2018
Leer om sigwoorde te lees, Vlak 2, Boek 6, vir Beginnersleesers! Boek 6 fokus op getalle wat tot 20 tel.…
Dit kombineer die sigwoorde wat in "My Monster Vlak 1" boeke 1, 2 en 3 is, en kombineer hulle in eenvoudige sinne. Elke bladsy word ondersteun deur 'n prentjie om lees makliker vir kinders te maak. Belangrike begrippe soos die waarde van getalle word in Boek 6 behandel. Werk deur hierdie reeks om u kind 'n massiewe voorsprong te gee! Daar is 6 "Sigwoorde" vlakke in hierdie leerprogram. In Vlak 1 (enkele woorde en prente) is daar drie boeke en Vlak 2 (kombineer die sigwoorde in eenvoudige sinne) ook drie boeke. Die boeke in die reeks is genommer, dus begin by Boek 1 en so aan. Vlak 3 boeke beweeg na die klanke van die alfabet en woordfamilies. Vlak 4 boeke is 'n bietjie meer gevorderd en geskik vir kinders wat baie basiese leesvaardighede het. As hulle deur die eerste nege boeke van die "My Monster" reeks gevorder het, dan sal hulle voorbereid wees vir Vlak 4 boeke. Vlak 5 boeke is kort hoofstukboeke wat u kind sal vermaak met snaakse stories oor oulike, klein vriendelike monsters. U kan hierdie boeke ook lees aan kinders vanaf ongeveer 4 jaar. Die "My Monster Leer om te Lees" reeks is die ideale manier om u kind te leer hoe om te tel en lees. Hierdie boek bevat ook 'n aantal wenke vir ouers wat hulle kinders leer hoe om te lees.By Francois Keyser. 2020
Daar is baie wonders rondom ons, ons moet dit net raak sien… Familie koop ʼn nuwe huis en hul gestremde…
dogter, Katryn hoor snags geluide vanuit die rigting van die boom. Sy gaan stel ondersoek in een nag en is verstom oor wat sy daar aantref. Sy ontmoet ʼn paar eienaardige vriende en sommer gou-gou hou sy partytjies in die nag saam met hulle. Selfs toe daar iets vreesliks met ʼn maat gebeur, hou die gelag en vrolikheid nie op nie en so gebeur daar ook ʼn wonderwerk wat Katryn in staat stel om te kan loop. “Die Kielieboom” is geinspireer deur ʼn boom in ʼn park waar ons dogters altyd gaan speel het. Die storie is in rym-vorm geskryf en inspireer ons om op die uitkyk te wees vir die wonders van die lewe; in ons kinderjare en des te meer ook in ons grootmens lewe. Dit demonstreer ook vir ons hoeveel krag daar in blydskap is, soveel so dat ʼn jong, gestremde dogter ʼn wonderwerk beleef en kan loop vir die eerste keer in haar lewe.By Katrina Kahler, Petro Ebersöhn. 2015
Volg die avonture van Abbie en haar ponie, Vonk, - hoogte- en laagtepunte, triomf en verplettering, alles ingesluit. "Ek het…
nie geweet Ponieklub kan so wonderlik wees nie!" Perde is nooit vervelig nie, daar gebeur altyd iets... van bulle wat jou bestorm tot beserings wat jy opdoen, en selfs hartseer oor die dood van 'n perd. Jy sal lag en huil. En as jy regtig lief is vir perde, sal jy hierdie boek baie geniet. Dit is die tweede boek in die Dagboek van 'n Perdmal Meisiekind-reeks. Boek 1: My Eerste Ponie is ook bekikbaar by e-boekhandelaars. Onlangse kommentaar; "Ek het hierdie boek baie geniet. Wanneer verskyn die volgende een?! Ek bedoel dis regtig 'n goeie boek! Ek is mal daaroor! Ek beveel dit aan vir alle ouderdomme." "Fantastiese boek! Dis baie goed vir perdeliefhebbers soos ek! Sy is baie uitvoerig. Ek bevel hierdie boek aan!"By Katrina Kahler, Annerie. 2017
As jy jou gr. R- en kleuterskoolkinders wil leer hoe om te lees, dan is hierdie die perfekte boek om…
mee te begin. Die sigwoord-boek beskik oor eenvoudige teks, herhalende woorde en illustrasies om jou kind te help met vooruitskattingsvaardighede en begrip. Dit is uitstekend vir beginner-lesers tussen die ouderdomme van 2 tot 5 jaar. Die boek bestaan uit sewe stories, onder meer: Is jy my maatjie, Is jy ’n monster, Alles oor Kersfeesvader, Wil jy speel, As jy jou hond liefhet, Die lekkerste speelgrond nog en My eerste dag by die kleuterskool. Sigwoord-flitskaarte en aktiwiteite word in hierdie boek verskaf. Die boek is deur ’n professionele opvoedkundige geskryf wat vir die afgelope 30 jaar vir duisende kinders leer hoe om te lees. Jy sal jou kind ’n groot hupstoot gee as jy hierdie boek aankoop. As jy jou gr. R- en kleuterskoolkinders wil leer hoe om te lees, dan is hierdie die perfekte boek om mee te begin. Die sigwoord-boek beskik oor eenvoudige teks, herhalende woorde en illustrasies om jou kind te help met vooruitskattingsvaardighede en begrip. Dit is uitstekend vir beginner-lesers tussen die ouderdomme van 2 tot 5 jaar. Die boek bestaan uit sewe stories, onder meer: Is jy my maatjie, Is jy ’n monster, Alles oor Kersfeesvader, Wil jy speel, As jy jou hond liefhet, Die lekkerste speelgrond nog en My eerste dag by die kleuterskool. Sigwoord-flitskaarte en aktiwiteite word in hierdie boek verskaf. Die boek is deur ’n professionele opvoedkundige geskryf wat vir die afgelope 30 jaar vir duisende kinders leer hoe om te lees. Jy sal jou kind ’n groot hupstoot gee as jy hierdie boek aankoop.By Kaz Campbell, Liezl Dreyer. 2017
Leer om sigwoorde Boek 2 te lees vir Beginner lesers. Boek 2 het meer as 100 bladsye met kleurvolle en…
interessante foto's van Troeteldiere, klere, speelgoed, Werke, Nommers, gevoelens en posisies en hul ooreenstemmende woorde. Dit is die tweede Boek in die My Monster leer lees Reeks. Werk deur hierdie reeks van boeke en jy sal in staat wees om jou kind te leer lees en hulle 'n massiewe voorsprong gee. Daar is 3 Sig Woord boeke in Vlak 1 (enkel woorde en foto's) en elke boek dek 7 verskillende gebiede. Die boeke in die leer om te lees reeks is almal getel, so begin by Boek 1 en hou aan werk deur hulle. Vlak 2 boeke (daar is ook 3 boeke op hierdie vlak) wat ook sigwoorde bevat, maar in plaas van 'n enkele woorde, is hulle gekombineer in kort frases en eenvoudige sinne. 'n Foto vergesel elke frase of sin ... wat dit makliker vir jou kind maak om te lees.By Francois Keyser, Elrika Keyser. 2016
Welkom in die wereld van "Die Woudties" "Die Woudties" is 'n reeks kinderboeke wat vertel van die unieke avonture van…
5 dieremaats. Elke boek in "Die Woudties" reeks is geskryf met 'n les vir jong lesers om te leer. Die les in hierdie boek is dat ons altyd eerlik moet wees. In hierdie boek verloor Aga, die tier sy strepe- of doen hy? Kuier saam met die dieremaats terwyl hulle na Aga se verlore strepe soek en leer dat dit altyd beter is om die waarheid te praat. Francois se oudste dogter was sy inspirasie om "Die Woudties" te skryf. "Die Woudties" is oorspronklik in Engels geskryf en staan in Engels bekend as "The Junglies". Vir meer inligting oor "The Junglies" en Francois besoek asseblief http://www.thejunglies.com of gaan kyk na " The Junglies" se bladsy op FaceBook by www.facebook.com/tigerloseshisstripes.By Francois Keyser, Elrika Keyser. 2016
Welkom in die wereld van "Die Woudties" "Die Woudties" is 'n reeks kinderboeke wat vertel van die unieke avonture van…
5 dieremaats. "Die Woudties" boeke is almal geskryf met 'n les vir jong lesers om te leer. Die les in hierdie boek is dat ons soms na ons omstandighede moet kyk van 'n ander oogpunt om dinge meer duidelik te kan sien. In hierdie boek leer die Woudties om hulle blyplek te waardeer. Dit is soms so maklik om te dink die lewe sal beter wees op 'n ander plek , terwyl ons eintlik net ons perspektief moet verander... Francois se oudste dogter was sy inspirasie om "The Junglies" te skryf. "Die Woudties" is oorspronklik in Engels geskryf en staan in Engels bekend as "The Junglies". Vir meer inligting oor "The Junglies" en Francois besoek asseblief http://www.thejunglies.com of gaan kyk na " The Junglies" se bladsy op FaceBook by www.facebook.com/tigerloseshisstripesBy Francois Keyser, Elrika Keyser. 2016
Welkom in die wereld van "Die Woudties" "Die Woudties" is 'n reeks kinderboeke wat vertel van die unieke avonture van…
5 dieremaats. "Die Woudties" boeke is elk een geskryf met 'n les vir jong lesers om te leer. Die les in hierdie boek is dat ons moet seker maak van ons feite in plaas van om afleidings te maak. In hierdie boek beplan die diere maats vir Mullie die kameelperd 'n verrassings partytjie. Beplan saam met die maats terwyl hulle onderling konkel en Mullie van geen sout of water weet nie. Francois se oudste dogter was sy inspirasie om "The Junglies" te skryf. "Die Woudties" is oorspronklik in Engels geskryf en staan in Engels bekend as "The Junglies". Vir meer inligting oor "The Junglies" en Francois besoek asseblief http://www.thejunglies.com of gaan kyk na " The Junglies" se bladsy op FaceBook by www.facebook.com/tigerloseshisstripes.By Francois Keyser, Elrika Keyser. 2016
Welkom in die wereld van "Die Woudties" "Die Woudties" is 'n reeks kinderboeke wat vertel van die unieke avonture van…
5 dieremaats. In hierdie boek sit Abbit die hasie in 'n boom vas. Sal die dieremaats hom kan red? Deel in hulle planne om Abbit uit te kry uit die boom uit. Francois se oudste dogter was sy inspirasie om "The Junglies" te skryf. Vir meer inligting oor "The Junglies" en Francois besoek asseblief http://www.francoiskeyser.weebly.com of gaan kyk na " The Junglies" se bladsy op FaceBook by www.facebook.com/tigerloseshisstripes.By Francois Keyser, Elrika Keyser. 2016
Welkom in die wereld van "Die Woudties" "Die Woudties" is 'n reeks kinderboeke wat vertel van die unieke avonture van…
5 dieremaats. Elke boek in "Die Woudties" reeks is geskryf met 'n les vir jong lesers om te leer. Die les in hierdie boek is dat ons altyd eerlik moet wees. In hierdie boek verloor Aga, die tier sy strepe- of doen hy? Kuier saam met die dieremaats terwyl hulle na Aga se verlore strepe soek en leer dat dit altyd beter is om die waarheid te praat. Francois se oudste dogter was sy inspirasie om "Die Woudties" te skryf. "Die Woudties" is oorspronklik in Engels geskryf en staan in Engels bekend as "The Junglies". Vir meer inligting oor "The Junglies" en Francois besoek asseblief http://www.thejunglies.com of gaan kyk na " The Junglies" se bladsy op FaceBook by www.facebook.com/tigerloseshisstripes.By Bernard Levine, Jacques Klopper. 2018
Hallo Meisies en Seuns, ek is Tommy die speelgoed maker. Ek het baie snaakse stories om jou te vertel. Kom…
binne in my speelgoed fabriek en sien al die opwindende speelgoed wat ek het.By Amber Richards, Liezl Dreyer. 2014
Dankie dat julle vir die jong kinders in julle lewens lees. As ouma en ma, het ek agter gekom ek…
leer kinders van basiese vorms en kleure. Ek is nie seker hoekom ek net daar gestop het nie, maar dit lyk maar soos 'n algemene verskynsel.