Title search results
Showing 101 - 120 of 246 items
Nooit Meer as Twee Keer
By Claudio Ruggeri, Adri Schalkwyk. 2017
‘n Boodskap gevind in ‘n bottel en die nuuskierigheid van ‘n antiekhandelaar sal Vincent Germano lei tot ‘n ondersoek waarvan…
die gevolgtrekking net as vergesog gestel kan word. Die kommissaris sal dikwels omring word deur mense wat ‘n verduideliking moet gee, ‘n bevel moet maak of advies moet vra, maar in werklikheid sal dit net wees soos almal wat na die waarheid soek.Die Dissonant
By Juliet Perie, Claudio Ruggeri. 2017
Ralf Brandenburg, internasionale musikant, is dood gevind op sy geliefde klavier. Die man in beheer van die ondersoek, Vincent Germano,…
sal die moord moet oplos met niks anders as die woorde en skinder van mense wat gelukkig genoeg was om Ralf te geken het.'n Week se Italiaanse kookgenot
By Clarien Kurzepa, Claudio Ruggeri. 2017
Woorde Van Die Anderkant Af
By Claudio Ruggeri, Clarien Kurzepa. 2016
Aangrypende misdaadriller wat jou tot die laaste bladsy geïnterreseerd sal hou. Volg kommissaris Vincent Germano en sy ondersoekspan wat onvermoeid…
werk om hierdie saak op te los. 'n Paar moontlike verdagtes en 'n vorige onopgeloste saak maak dit inderdaad baie moeilik om dit op te los.Raaisel Van ‘N Moordenaar
By Adri Schalkwyk, Claudio Ruggeri. 2016
Die Gebreekte Raam
By Mignionette Fair, Claudio Ruggeri. 2015
'n Man word dood in sy kunsgalery gevind en daar sal van Vincent Germano verwag word om deur duisende moontlike…
aannames te waad. Die Kommissaris sal die swartgallige ondersoek moet hanteer.Die Avonture van die Lone Jack Kêrel – Die Terugkoms (Boek #2)
By Joe Corso. 2018
Toekenning: Truewest Magazine – Beste van die Weste 2016 – Westerse Boeke – Self Gepubliseerde Kategorie. Charles Longstreet se Broadway…
toneel het geëindig na ‘n jaar en hy wou die aktrise iets gee om hom te onthou. Nadat die beroemde aktrise haar geskenk ontvang het kyk sy na haar vriendin. “Jy weet, Olga, sommige mans het goedheid wat uit hulle straal en Charles Longstreet, al is hy nie bewus daarvan nie, is een van hulle.” Charlie word gestruikroof op die wandelpad deur drie mans wat hom skiet en los vir die dood. Noudat hy weer gesond is volg hy die ou verlate Butterfield Overland Koetspad en Charlie volg die mans tot in El Paso. Cora wat Charlie amper vermoor gekry het oor haar nuuskierigheid, staan op die sypaadjie voor haar winkel. Hy ry verby haar asof sy nie bestaan nie. As gevolg van haar onvolwassenheid het dalk nou die man van haar drome verloor. Nou is dit te laat om enigiets daaromtrent te doen behalwe om te waai terwyl hy stadig verby ry en om te dink aan dit wat kon gewees het. Ned het die rook weggeblaas van sy geweerloop en na die kroegman gedraai. “Hy is die Lone Jack Kêrel, en as hierdie vente hom net uitgelos het, het hulle nog geleef.” Hoekom ry ‘n gewonde Indiaan saam met Charles Longstreet en hoekom dra Charlie ‘n Maarskalk Kenteken? En hoekom laat President Grant hom na die Withuis kom? Hierdie is die tartende vrae wat beantwoord word sover as wat die leser die Lone Jack Kêrel in sy nuutste avontuur volg op die wandelpad wes na Kalifornië.Diamante, gevaar, verdwyning en bedrog... ’n Katerina Carter-misdaadroman Bedrogspeurder, Katerina Carter, het geen benul wanneer om die handdoek in te…
gooi nie, en dit laat haar dikwels in deurmekaar en gevaarlike situasies beland. Noudat die werk skaars is en haar geld vinnig opraak, het Kat kliënte nodig; anders sal sy noodgedwonge op haar knieë moet terugkruip na haar hokkie by die firma waar sy gewerk het. En vir Kat is hierdie lot erger as skuld. Wanneer Liberty-diamantmyn se uitvoerende hoof, Susan Sullivan haar dus huur om Liberty se verdwene finansiële bestuurder en ’n groot bedrag verduisterde geld op te spoor, is sy baie gretig om die werk te aanvaar. Rampsalige armoede is goeie motivering om moeilike sake aan te vat, maar haar opwinding verander gou in angs toe twee werknemers van die maatskappy brutaal vermoor word. Kat besef dat die ondersoek dalk gevaarliker is as wat sy verwag het. En asof dinge nie ingewikkeld genoeg is nie, ontdek sy ’n sinistere skakel tussen Liberty, bloeddiamante en georganiseerde misdaad. Sy moet net bewyse kry en uit die moordenaars se pad bly om die ware misdadigers aan die kaak te stel. Met die hulp van haar vriende en ’n eksentrieke oom, moet Kat bontstaan of haar eerste saak is moontlik ook haar laaste...Iemand red my lewe vanaand - 'n Justice Sekuriteit kortverhaal (Justice Sekuriteit 2 #2)
By T M Bilderback. 2018
‘n Dreigende brand noop ‘n sekuriteitswag om te kies om óf homself óf ‘n vyfjarige kind te red. Hulle staan…
bekend as die “troepe” – die beamptes in uniform van Justice Sekuriteit. Hulle het nie die gemaklike, hoogs gepubliseerde poste wat die ander personeellede, in gewone kleredrag het nie – hulle is die mense wat in die agtergrond daagliks gesien kan word by banke, kantoorgeboue, en kleinhandelbesighede, waar hulle ‘n veilige omgewing vir kliënte en werkers skep. Gus Brazzle is een van daardie troepe. Hy is aangestel by ‘n winkel wat handel in tweedehandse boeke, musiek en flieks. Gus is omtrent aangeheg aan die personeel van die winkel, en dink aan hulle as sy familie. Hy het selfs die bynaam “Teddiebeer” gekry, van die vyfjarige dogter van een van die winkel se personeel. Maar, wanneer ‘n ontevrede kliënt, wat voel hy is te na gekom, besluit om wraak te neem, word dinge dodelik. Gus het ‘n keuse om te maak … maar sal hy dit betyds kan maak?'Hoe om Jou Hond ‘n Werklike Hond se Lewe te Gee - en hom jou daarvoor te laat liefhê.' is…
die volledige handboek oor kies, koop, verbinding met 'n hond bou en vir hom sorg, geskryf deur 'n honde-eienaar wat so passievol oor honde is dat sy vrou seker is dat hy 'n hond was in sy laaste lewe! Owen Jones het sy lewe gedeel met honde sedert die eerste dag van sy lewe. Hy ken hulle so goed dat hy is seker dat hy hulle grappies kan vertel! Dit is 'n moet lees!Die Phillips metode om op te hou rook
By Phillips Jones, Gwendoline Louw. 2017
Die PHILLIPS metode om op te hou rook is ‘n eenvoudige dog effektiewe metode om op te hou rook. Dit…
bevat ‘n reeks tegnieke en prosesse wat enigeen kan aanleer, en wat jou sal leer hoe om jou brein te programmeer sodat jy heeltemal ontslae kan raak van jou rookgewoonte. Deur hierdie boek te lees, en die aanbevelings dan te volg, sal jy nie net in staat wees om op te hou rook nie, maar jy sal ook leer hoe om enige doelwitte wat jy van nou af vir jouself stel, te bereik. Dis nie net ‘n resep om die rookgewoonte te los nie, maar ook ‘n verduideliking van hoe die brein werk, en hoe om dit te programmeer volgens jou begeertes en benodigdhede. Dit is propvol maklike, eenvoudige oefeninge wat jou sal help om jouself meer en beter te leer ken, sowel as om jou selfbeeld en eiewaarde te versterk. Hierdie boek lees lekker maklik, en nie net sal jy leer hoe om op te hou rook nie, maar die staaltjies en grappies hierin sal jou vele genot verskaf.Asiatiese Kort Verhale
By Various. 2018
Asiatiese Kort Verhale deur Verskeie Outeurs Asiatiese Kort Verhale, deur nege outeurs, het elk ‘n Asiaat of speel af in…
Asië as hoof agtergrond. Asiatiese Kort Verhale het gebeur as gevolg van ‘n reeks gebeure een naweek in Mei 2015. ‘n Vriend het my vertel dat hy verskeie kort stories met Asië as agtergrond het, ek het genoem dat ek ook ‘n paar stories het, nog ‘n vriend het my ‘n epos gestuur dat hy ‘n kort verhaal oor Pattaya wil skryf, en een van my Thai niggies het vir my haar nuutste foto gestuur, die een op die voorblad van die bundel. Dit was asof iemand iets vir my probeer vertel het, of ‘n klomp het in elk geval. Die negentien stories deur nege outeurs in hierdie bundel was almal in een maand na my gestuur, maar verskil net soveel soos hulle outeurs. Die stipulasie was dat Asië of ‘n Asiaat moes sterk na vore kom in die storie. Ons het stories met Kambodja, Sjina, Laos, Maleisië, Pakistan, Thailand, die VSA en Vietnam. Sommige van hierdie outeurs is wel bekende skrywers, sommiges beter bekend in ander sfere, sommiges het al voorheen heelwat geskryf en is gepubliseer in die tradisionele sin, ander reis die Indiese Publisering pad en vir nog ander is dit die heel eerste keer wat jy hul stories sien in enige druk vorm. Jy kan meer lees oor elkeen van die outeurs op die verskeie webwerwe wat gegee word na elke storie. Ek beveel aan dat u die webwerwe besoek want wat jy meer kan uitvind oor die outeurs sal jou dalk verras, dit waarborg ek jou. Asiatiese Kort Verhale deur Verskeie Outeurs Asiatiese Kort Verhale, deur nege outeurs, het elk ‘n Asiaat of speel af in Asië as hoof agtergrond. Asiatiese Kort Verhale het gebeur as gevolg van ‘n reeks gebeure een naweek in Mei 2015. ‘n Vriend het my vertel dat hy verskeie kort stories met Asië as agtergrond het, ek het genoem dat ek ook ‘n paar stories het, nog ‘n vriend het my ‘n epos gestuur dat hy ‘n kort veDie Raaisel van die Gesiglose Bruid
By Pennie Mae Cartawick. 2019
Die bruid het geen verlepte rose vasgehou nie, maar haar trourok was geskeur en verbrand. Haar kaal bene yskoud, wiegend…
en onvas. Die sluier het laag oor haar gesig gehang. Ek het my pistool by my gehad, maar ek kon nie skiet nie. As dit 'n spook was sou die koeël sekerlik dwarsdeur gegaan het, maar as dit ‘n mens was, dan sou ek ‘n dooie vrou skiet. Haar hande, die naels lank en gebreek, het die sluier opgelig gehou. Haar gesig! Selfs in die donkerte kon ek sien hoe vermink dit was. Die oë is uit hulle kaste geruk, die neus ingedruk; al wat oorgebly het was die mond. Dun, sagte lippe wat oop was om bruin afgebreekte tande te wys.Holografiese Heelal: 'n Inleiding
By Brahma Kumari Pari. 2018
Lees hierdie boek met die bedoeling om die diepte van wat verduidelik word, te verstaan. Moenie dit net as 'leesstof'…
beskou nie. In plaas daarvan om net die boek te lees om van die Holografiese Heelal te weet, hou aan na wat die skrywer gesê het totdat jy ervaar en verstaan wat gesê word oor die Holografiese Heelal. Om 'n oop, duidelike gedagte te hou (terwyl u dit visualiseer) sal u help om te ervaar wat die skrywer ervaar het en / of u kan ander relevante ervarings hê. As gevolg daarvan sal jy kan verstaan wat die skrywer verduidelik. U vermoë om ervarings in die Holografiese Heelal te hê, sal toeneem, aangesien u hierdie boek oor en oor lees totdat u dit verstaan het. Geniet die leeservaring!Vroeë lesers: Vlak 1 sigwoord-boek – 7 maklik leesbare stories met sigwoorde
By Katrina Kahler, Annerie. 2017
As jy jou gr. R- en kleuterskoolkinders wil leer hoe om te lees, dan is hierdie die perfekte boek om…
mee te begin. Die sigwoord-boek beskik oor eenvoudige teks, herhalende woorde en illustrasies om jou kind te help met vooruitskattingsvaardighede en begrip. Dit is uitstekend vir beginner-lesers tussen die ouderdomme van 2 tot 5 jaar. Die boek bestaan uit sewe stories, onder meer: Is jy my maatjie, Is jy ’n monster, Alles oor Kersfeesvader, Wil jy speel, As jy jou hond liefhet, Die lekkerste speelgrond nog en My eerste dag by die kleuterskool. Sigwoord-flitskaarte en aktiwiteite word in hierdie boek verskaf. Die boek is deur ’n professionele opvoedkundige geskryf wat vir die afgelope 30 jaar vir duisende kinders leer hoe om te lees. Jy sal jou kind ’n groot hupstoot gee as jy hierdie boek aankoop. As jy jou gr. R- en kleuterskoolkinders wil leer hoe om te lees, dan is hierdie die perfekte boek om mee te begin. Die sigwoord-boek beskik oor eenvoudige teks, herhalende woorde en illustrasies om jou kind te help met vooruitskattingsvaardighede en begrip. Dit is uitstekend vir beginner-lesers tussen die ouderdomme van 2 tot 5 jaar. Die boek bestaan uit sewe stories, onder meer: Is jy my maatjie, Is jy ’n monster, Alles oor Kersfeesvader, Wil jy speel, As jy jou hond liefhet, Die lekkerste speelgrond nog en My eerste dag by die kleuterskool. Sigwoord-flitskaarte en aktiwiteite word in hierdie boek verskaf. Die boek is deur ’n professionele opvoedkundige geskryf wat vir die afgelope 30 jaar vir duisende kinders leer hoe om te lees. Jy sal jou kind ’n groot hupstoot gee as jy hierdie boek aankoop.My monster sigwoorde vlak 2 boek 5
By Kaz Campbell, Madelyn Coetzee. 2017
Leer om sigwoorde vlak 2 boek 5 te lees vir beginners. Boek 5 is gekombineer met die sigwoorde wat in…
my monster vlak 1, boek 1, 2 en 3 gedek is in kort frases en eenvoudige sinne. Elke bladsy bevat 'n prentjie om lees makliker te maak vir kinders. Werk deur hierdie reeks boeke en jy sal instaat wees om jou kinders te leer lees. Daar is 6 sigwoord boeke in hierdie leer om te lees program. In vlak 1 (enkel woorde en prente) is daar 3 boeke en vlak 2 (kombineer die sigwoorde in eenvoudige sinne) het ook drie boeke. Die boeke in die leer om te lees reeks is almal genommer, begin by boek 1 en werk deur al die boeke.My Monster Sigwoorde – Vlak 2, Boek 6
By Kaz Campbell, Jamie Marais. 2018
Leer om sigwoorde te lees, Vlak 2, Boek 6, vir Beginnersleesers! Boek 6 fokus op getalle wat tot 20 tel.…
Dit kombineer die sigwoorde wat in "My Monster Vlak 1" boeke 1, 2 en 3 is, en kombineer hulle in eenvoudige sinne. Elke bladsy word ondersteun deur 'n prentjie om lees makliker vir kinders te maak. Belangrike begrippe soos die waarde van getalle word in Boek 6 behandel. Werk deur hierdie reeks om u kind 'n massiewe voorsprong te gee! Daar is 6 "Sigwoorde" vlakke in hierdie leerprogram. In Vlak 1 (enkele woorde en prente) is daar drie boeke en Vlak 2 (kombineer die sigwoorde in eenvoudige sinne) ook drie boeke. Die boeke in die reeks is genommer, dus begin by Boek 1 en so aan. Vlak 3 boeke beweeg na die klanke van die alfabet en woordfamilies. Vlak 4 boeke is 'n bietjie meer gevorderd en geskik vir kinders wat baie basiese leesvaardighede het. As hulle deur die eerste nege boeke van die "My Monster" reeks gevorder het, dan sal hulle voorbereid wees vir Vlak 4 boeke. Vlak 5 boeke is kort hoofstukboeke wat u kind sal vermaak met snaakse stories oor oulike, klein vriendelike monsters. U kan hierdie boeke ook lees aan kinders vanaf ongeveer 4 jaar. Die "My Monster Leer om te Lees" reeks is die ideale manier om u kind te leer hoe om te tel en lees. Hierdie boek bevat ook 'n aantal wenke vir ouers wat hulle kinders leer hoe om te lees.My Monster - Sig Woorde - Vlak 1 Boek 2
By Kaz Campbell, Liezl Dreyer. 2017
Leer om sigwoorde Boek 2 te lees vir Beginner lesers. Boek 2 het meer as 100 bladsye met kleurvolle en…
interessante foto's van Troeteldiere, klere, speelgoed, Werke, Nommers, gevoelens en posisies en hul ooreenstemmende woorde. Dit is die tweede Boek in die My Monster leer lees Reeks. Werk deur hierdie reeks van boeke en jy sal in staat wees om jou kind te leer lees en hulle 'n massiewe voorsprong gee. Daar is 3 Sig Woord boeke in Vlak 1 (enkel woorde en foto's) en elke boek dek 7 verskillende gebiede. Die boeke in die leer om te lees reeks is almal getel, so begin by Boek 1 en hou aan werk deur hulle. Vlak 2 boeke (daar is ook 3 boeke op hierdie vlak) wat ook sigwoorde bevat, maar in plaas van 'n enkele woorde, is hulle gekombineer in kort frases en eenvoudige sinne. 'n Foto vergesel elke frase of sin ... wat dit makliker vir jou kind maak om te lees.Dagboek van 'n Perdmal Meisiekind Boek 2 Ponieklub-avonture
By Katrina Kahler, Petro Ebersöhn. 2015
Volg die avonture van Abbie en haar ponie, Vonk, - hoogte- en laagtepunte, triomf en verplettering, alles ingesluit. "Ek het…
nie geweet Ponieklub kan so wonderlik wees nie!" Perde is nooit vervelig nie, daar gebeur altyd iets... van bulle wat jou bestorm tot beserings wat jy opdoen, en selfs hartseer oor die dood van 'n perd. Jy sal lag en huil. En as jy regtig lief is vir perde, sal jy hierdie boek baie geniet. Dit is die tweede boek in die Dagboek van 'n Perdmal Meisiekind-reeks. Boek 1: My Eerste Ponie is ook bekikbaar by e-boekhandelaars. Onlangse kommentaar; "Ek het hierdie boek baie geniet. Wanneer verskyn die volgende een?! Ek bedoel dis regtig 'n goeie boek! Ek is mal daaroor! Ek beveel dit aan vir alle ouderdomme." "Fantastiese boek! Dis baie goed vir perdeliefhebbers soos ek! Sy is baie uitvoerig. Ek bevel hierdie boek aan!"Dagboek van 'n Perdmal Meisiekind
By Katrina Kahler, Petro Ebersöhn. 2017
Volg die avonture van Abbie en haar eerste ponie, Vonk, ‘n pragtige volbloed, in haar dagboek. Ja, sy is mal…
oor perde, en wanneer sy haar eerste ponie kry word al haar drome waar… “Toe ek Vonk vir die eerste keer sien, het ek geweet sy is die regte ponie vir my! Die oomblik toe ek haar oor die weikamp sien handgalop, dink ek het altwee van ons geweet ons hoort bymekaar. Maar ek was nie voorbereid op die opwindende avonture wat vir ons voorgelê het nie.” My Eerste Ponie neem jou op ‘n rit vol pret, vriendskappe, en selfs byna ‘n ramp. Dit is die ware verhaal van ‘n absoluut-perdmal meisie en ‘n pragtige volbloed met die na Ek is mal oor perde! Katrina