DAISY text (Direct to player), DAISY text (Zip), ePub (Zip), Word (Zip)
Erotic fiction, Romantic suspense
Sanctuary is 'n privaat weggesteekte vakansie oord op sy eie private berg. Angel Hart het op Sanctuary groot geword, altyd…
deur almal teen die buitewêreld beskerm. Sy was altyd in die drie mans waarvoor sy lief was se geselskap tot haar famielie besluit het om haar weg te vat.Twee jaar later kom sy terug vir 'n kuier en bring haar eie kêrel saam. Skielik vind Angel haarself die middelpunt van verskeie mense se obsessie en hulle intensies is om haar nooit weer toe te laat om Sanctuary te verlaat nie. Die geheime obsessies raak 'n dodelike spel van besitlikheid, soos die mans wat haar lief het die gevaarlikste mans op die berg word.
DAISY text (Direct to player), DAISY text (Zip), ePub (Zip), Word (Zip)
Mysteries and crime stories, Police procedural fiction
Diamante, gevaar, verdwyning en bedrog... ’n Katerina Carter-misdaadroman Bedrogspeurder, Katerina Carter, het geen benul wanneer om die handdoek in te…
gooi nie, en dit laat haar dikwels in deurmekaar en gevaarlike situasies beland. Noudat die werk skaars is en haar geld vinnig opraak, het Kat kliënte nodig; anders sal sy noodgedwonge op haar knieë moet terugkruip na haar hokkie by die firma waar sy gewerk het. En vir Kat is hierdie lot erger as skuld. Wanneer Liberty-diamantmyn se uitvoerende hoof, Susan Sullivan haar dus huur om Liberty se verdwene finansiële bestuurder en ’n groot bedrag verduisterde geld op te spoor, is sy baie gretig om die werk te aanvaar. Rampsalige armoede is goeie motivering om moeilike sake aan te vat, maar haar opwinding verander gou in angs toe twee werknemers van die maatskappy brutaal vermoor word. Kat besef dat die ondersoek dalk gevaarliker is as wat sy verwag het. En asof dinge nie ingewikkeld genoeg is nie, ontdek sy ’n sinistere skakel tussen Liberty, bloeddiamante en georganiseerde misdaad. Sy moet net bewyse kry en uit die moordenaars se pad bly om die ware misdadigers aan die kaak te stel. Met die hulp van haar vriende en ’n eksentrieke oom, moet Kat bontstaan of haar eerste saak is moontlik ook haar laaste...