Service Alert
Website maintenance April 24 10pm ET
On Wednesday April 24 at 10pm ET the CELA website will be unavailable for about 15 minutes for planned maintenance.
On Wednesday April 24 at 10pm ET the CELA website will be unavailable for about 15 minutes for planned maintenance.
Showing 1 - 5 of 5 items
By Waheed Rabbani, Adri Van Schalkwyk. 2016
Dokter Margaret se seekis, is Boek I van ʼn trilogie van historiese fiksie wat afspeel gedurende die stryd van Indië…
vir vryheid—Azadi—van die Britse Raj. Die boeke weef ʼn verhaal van internasionale intrige, konflik, en aangrypende liefde tussen interessante karakters van daardie era. In 1965 is ʼn seekis van meer as 100 jaar oud, vermoedelik dié van ʼn Amerikaanse dokter, Margaret, ontdek in die stoorkamer van ʼn hospitaal in Delhi. ʼn Ander Amerikaanse dokter, Sharif, wat oorspronklik afkomstig is uit Delhi en op kontrak is by die hospitaal, is toevertrou met die taak om die geheimsinnige vrou se familie op te spoor en die kis aan hul terug te besorg. Sharif spoor Margaret se nageslag in Grimsby, Ontario, Kanada op. Haar dagboeke en ander artefakte, soos die kroon van die Koninkryk van Jhansi, is in die kis gevind. Margaret, gebore in New Jersey uit ʼn Skotse Presbiteriaanse klerklike familie, oorwin geweldige struikelblokke en bereik haar hartsbegeerte in 1850 om een van die eerste Noord-Amerikaanse vroue dokters te word. Sy trou met haar Kanadese neef, Robert, en reis saam met hom om in die Krimoorlog van 1854 te dien. In die Krim kry hul nie net swaar met al die veldslae nie, maar moet ook ander konflikte verduur. Van gebeure wat gelei het tot en na die berugte Charge of the Light Brigade, ontmoet Margaret ʼn Russiese offisier, graaf Nicholai. Die verrassende einde van Boek I laat Margaret in ʼn verknorsing, moet sy wraak neem of moet sy voortgaan met haar reis na Indië. Op die ou end glo sy, sy het die regte besluit gemaak. ******************************************** ******************************************** “[Waheed] se weergawe van die Indiese Rebellie uit ʼn Indiese oogpunt is fassinerend vir die Westerse leser en behoort goed ontvang te word ...” – Ian Walker, skrywer van LOCABy Aj Tipton, Juliet Perie. 2015
Die biljoenêr beer sal enige iets doen om sy smaaklikke geliefde te beskerm. Aantreklikke biljoenêr wisselaar Orson het alles behalwe…
sy vryheid. Sy pa, die stam-famielie se Alfa, dwing Orson om met 'n vrou te trou wat hy nie lief het nie, om die verkeie stamme se eenheid sterker te maak. Wanneer hy Casey ontmoet, die pragtige, vol figuurde vrou van sy drome, nooi hy haar na sy luukse huis in die woud. Het hy uiteindelik sy inspirasie gevind om te veg vir sy vryheid...en vir liefde? Casey droom daarvan om haar deeltydse speysenier onthaale in 'n regte besigheid te verander. Sy is amper so lief daarvoor om mense te voer as om wat sy dit haat om vertel te word dat sy nie goed genoeg is oor haar grote. Waneer die misterieuse en seksie Orson in haar lewe in loop verander alles. Weg gevoer in 'n wêreld van uitstaande luuksheid en stryende bere, kan Casey oorlewe in die opwindende lewe van haar nuwe liefde? Die novelle het alles, smaaklikke kos, hartverskeurende wisselaar gevegte en 'n liefde so warm jy sal brand. Die SELFSTANDIGE novelle is deel van die "Beer wisselaar biljoenêr" reeks wat in enige volgorde gelees kan word. Elke boek is kompleet en jy hoef nie te wag om uit te vind wat gebeur nie. Dit eindig soos dit moet: gelukkig vir altyd.By Waheed Rabbani, Adri Van Schalkwyk. 2017
Dokter Margaret reis alleen na Indië om by haar ouers by die Amerikaanse Presbiteriaanse Sendingstasie in Futtehgurh te wees en…
dan na haar pos by ‘n hospitaal in Delhi. Daar moet sy nie net werkdruk oorkom nie, maar ook met haar intimideerders en intriges van die Mughals, by die Delhi Rooi Fort deel. Margaret se martelaar sedert haar kinderjare, Kaptein Albert, sluit ook aan by ‘n Britse regiment wat vir diens in Indië gebasseer is. Die Rus, Kaptein Graaf Nicholai, wie Margaret in die Krim ontmoet het, arriveer ook in Indië onder die dekmantel van ‘n Franse dokter. Die gebeure wat tot die Indiese Muitery/Rebellie gelei het en uitgebreek het in 1857, het nie net ‘n baie groot invloed op Margaret se lewe nie, maar ook op diegene wat haar liefhet en ander wat haar skade wil berokken. Ook deurmekaar in die warboel is een van die Koning van Delhi, Shah Zafar se Rooi Fort Wagte, sepoy Sharif Khan Bhadur, die oupa van Dokter Wallidad, ‘n Amerikaanse dokter. Die Azadi Reeks dek die opwindende gebeure en onrus wat Indië deurvleg het van 1857 tot 1947 en tot haar onafhanklikheid gelei het. Daardie voorvalle verswelg die karakters van hierdie storie op daardie tydstip en later hul afstammelinge se lewens weer in die 1960’s.By Waheed Rabbani, Adri Schalkwyk. 2017
Dokter Margaret reis alleen na Indië om by haar ouers by die Amerikaanse Presbiteriaanse Sendingstasie in Futtehgurh te wees en…
dan na haar pos by ‘n hospitaal in Delhi. Daar moet sy nie net werkdruk oorkom nie, maar ook met haar intimideerders en intriges van die Mughals, by die Delhi Rooi Fort deel. Margaret se martelaar sedert haar kinderjare, Kaptein Albert, sluit ook aan by ‘n Britse regiment wat vir diens in Indië gebasseer is. Die Rus, Kaptein Graaf Nicholai, wie Margaret in die Krim ontmoet het, arriveer ook in Indië onder die dekmantel van ‘n Franse dokter. Die gebeure wat tot die Indiese Muitery/Rebellie gelei het en uitgebreek het in 1857, het nie net ‘n baie groot invloed op Margaret se lewe nie, maar ook op diegene wat haar liefhet en ander wat haar skade wil berokken. Ook deurmekaar in die warboel is een van die Koning van Delhi, Shah Zafar se Rooi Fort Wagte, sepoy Sharif Khan Bhadur, die oupa van Dokter Wallidad, ‘n Amerikaanse dokter. Die Azadi Reeks dek die opwindende gebeure en onrus wat Indië deurvleg het van 1857 tot 1947 en tot haar onafhanklikheid gelei het. Daardie voorvalle verswelg die karakters van hierdie storie op daardie tydstip en later hul afstammelinge se lewens weer in die 1960’s.By Aj Tipton, Ella Du Plooy. 2016
'n Biljoenêr ysbeer-verwisselaar draai die hitte oop in sy betowerende yshotel. Biljoenêr verwisselaar Ben Broyles word geteister deur sy tragiese…
verlede. Hy bou 'n betowerende yshotel as 'n toevlugsoord vir die bonatuurlikes in 'n gevaarlike wêreld. Wanneer die bose kabouters wat verantwoordelik was vir sy familie se moord by die hotel inboek, is Ben vasberade om hulle te keer voordat hulle alles vernietig wat hy opgebou het. Met sy hotel en lewe op die spel, moet Ben sy vyande stop voordat dit te laat is. Sally is die kurwerige en bekwame bestuurderes van die Wondernasium Yshotel wat dink dat sy alles kan hanteer. 'n Hele mengelmoes van bonatuurlikes wat vuurballe skiet in die voorportaal? Hanteer. Gaste wat prober die ander gaste opeet? Geen problem nie. Maar daar is een ding wat Sally nie kan hanteer nie: Haar begeerte vir haar baas. Wanneer 'n stomende ontmoeting in Ben se kantoor haar hele wêreld onderstebo keer, moet Sally besluit of sy die towerkrag in haar wil omhels of wegvlug van haar ware self. Dit is 'n paranormale romanse vir volwassenes wat sexy verwisselaars, plofbare towerkrag en 'n werkplek romanse insluit wat so warm is dat dit selfs die koudste hart sal smelt.