Service Alert
Delay in delivery of CDs
We are currently experiencing a delay with CD production. CDs are being sent and will be delivered as soon as possible. We apologize for the inconvenience.
We are currently experiencing a delay with CD production. CDs are being sent and will be delivered as soon as possible. We apologize for the inconvenience.
Showing 41 - 60 of 236 items
By Rain Oxford, Liezl Dreyer. 2015
Dylan het gedink hy is 'n gemiddelde man, met 'n doodloopstraat werk en nie groot aspirasies in die lewe nie.…
Toe hy 'n swart boek vind met eienaardige woorde en merke, ontdek hy dat die heelal baie groter is as wat hy gedink het. Die Bewaarder van die Aarde, wat die boek en sy groot krag veilig bewaar het, en uit die verkeerde hande gehou het, word doodgemaak. Nou het die Aarde 'n nuwe Bewaarder nodig gehad. Die stryd om die boek te beskerm het vroeg vir Dylan begin, toe hy vinnig moes staatmaak op sy nuutontdekte magte om die wesens wat gestuur is om die boek te vat, te verslaan. Dylan se lewe word verseker vol avontuur, gevaar en toorkrag Om sy boek te beskerm en die wêreld wat nou op hom staatmaak, moet hy leer om te oorleef in 'n vreemde wêreld, veg teen die vreeslikste gruwels buite enige verbeelding denkbaar, sy toorkuns bemeester, en uiteindelik die stryd stry teen 'n donker god wat reeds een wêreld vernietig het.By Liezl Dreyer, Paul Zunckel. 2016
Piet van Zyl stap in die donker van sy gedagtes in toe 'n gewelddadige hou teen die agterkant van sy…
kop veroorsaak dat hy aan geheueverlies ly. Hy word vir dood agtergelaat, in die wildernis van die Zambezi-vallei, die huis van die Groot Vyf, ongewapen en sonder om te weet wie hy is of waar hy vandaan kom. Die soektog is aan vir die fris Suid-Afrikaner, een is 'n soek en red, die ander 'n soek en vernietig. Wie sal Piet eerste kry ... sal hy die wildernis van Afrika kan oorleef, die land wat hy liefhet, of sal dit hom vernietig.By Bernard Levine, Elmarié Smal. 2016
Skryf jy gedigte? Nou, kan jy betaal word vir die gedigte wat jy skryf en dit kan ook gepubliseer word…
in kaartjies, kalenders, plakkate en muurbehangsels. As jy jou skrywersdrome wil bewaarheid en terselfder tyd ook vergoed word vir jou gedigte, is hierdie unieke boek spesiaal vir jou. Om gedigte te skryf vir geld is groot pret en baie winsgewend! Word betaal om te doen waarvan jy hou.By Liezl Dreyer, Paul Zunckel. 1957
Een man met 'n begeerte van wraak wat hom verblind, en wat aan die einde sy ondergang is, as hy…
sy demoon ontsluit om te loop en te jag onder die Afrika maan, Suiwer boosheid, wat loop in die Afrika-bos. 'n Onheil wat verslind - opgeroep uit die duisternis van die hel in 'n ritueel wat vlees en bloed behels het ... Piet van Zyl bevind homself aan die ontvang kant van waansin as hy gekonfronteer word met die Bloed Demoon wat die lewens bedreig van diegene waarvoor hy die liefste is.By Liezl Dreyer, Paul Zunckel. 2016
Wanneer die Afrika nag op sy donkerste is, jag hy juis die mense wat hom jag. Piet van Zyl, safari…
jagter, moet sy vrou, Peggy verlaat, alleen op hulle kleinhoewe. Hy moet 'n moordenaar wat skuil in die skadu konfronteer, wat die duiwel genoem word deur die vreesbevange mense waarop dit jag. 'n Vinnige pas aangee riller wat jou op jag sal neem vir 'n mensvreter, en jou die nag inlei van waar jy dalk nie kan terugkeer nie.By Liezl Dreyer, Paul Zunckel. 2016
Moderne Afrika ... met antieke oortuigings. Saam met vrees, kom krag. Reis diep in die Kongo-Delta saam met Piet van…
Zyl, safari jagter, en Veronica Strydom, Afrikaanse kultuur deskundige, soos wat hulle dieper ingetrek word in die web van bygelowe en vrees. Hulle kom van aangesig tot aangesig met die geheime sekte wat na vore kom uit die donker verlede en nou in die nag loop. Ervaar die bygelowe, rituele, en toordery van die moordenaars bekend as Die Luiperd Mans, want die geskiedenis herhaal homself in 'n orgie van rituele moorde en bloed wellus.By Liezl Dreyer, Wael El-Manzalawy. 2016
"Mislukking kan jou vernietig as jy swak is, maar as jy sterk is kan jy mislukking vernietig" -Wael El-Manzalawy Een…
aanhaling kan 'n hele hoofstuk opsom. Hierdie boek bevat sowat 150 aanhalings deur talle internasionale denkers.By Bernard Levine, Elmarié. 2017
Hierdie unieke boek wys jou honderde verskillende maniere waarop jy geld kan verdien As jy n ekstra tweede…
inkomste wil ontvang As jy meer geld elke maand in jou bankrekening wil sien Dan is hierdie boek n lewensredder Daar is soveel maniere waarmee jy in jou vrye tyd geld kan verdien en dinge te doen waarin jy goed is en wat jy liefhet Daar is iets hier vir almal Baie van hierdie wettige inkomstegeleenthede sal kontant in jou beursie sit sonder dat jy jou huis hoef te verlaat Om n gereelde kontantvloei in jou lewe te kry het jy die kennis en wysheid nodig om te weet wat jy moet doen om dit vir jou te laat gebeur Jy moet weet wat is die name van die maatskappye wat jou sal betaal Jy het verskeie strome van inkomste en bronne van lopende kontant nodig wat in jou bankrekening inbetaal word En daar is meer as net een manier om geld te verdien Die geheim van sukses is wat jy self daarvan maak Jy is net n paar minute weg om te begin om gereeld dollars in jou bankrekening te ontvang So waarvoor wag jy Hierdie unieke boek sal jou honderde verskillende maniere en idees gee hoe jy n deurlopende vloei van ekstra inkomste in jou lewe sal kry kies die geleenthede waarvan jy die meeste hou en laat jou inkomste beginBy Amber Richards, Madelyn Coetzee. 2015
Voorwoord aan volwassenes wat vir kinders lees Hierdie e-boek is geskryf van uit 'n Christelike perspektief, wat bedoel word om…
aan jong kinders gelees word, of enige ander ouderdom as die boek hulle kan help om die afsterwe van 'n geliefde te verwerk. Die boek was spesifiek geskryf om 'n slim 2 jarige seuntjie te help wat sy oupa amper elke dag gesien het. Hy het 'n verduideliking nodig gehad waarheen sy oupa gegaan het. Die verbalisering van die verduideliking in 'n boek kan moeilik wees vir verskeie redes: Die konteks is vir jong kinders wat op 'n konkrete wyse dink Die onderwerp is kompleks Dit is belangrik om nie 'n vrees te ontwikkel nie Gevoelens van hartseer moet bekragtig word, terwyl hoop uitgebeeld word Sommige van die besonderhede in hierdie boek is spesifiek vir sy oupa, soos die gebruik van 'n kierie, waarmee die klein seuntjie gespeel het. As jy die boek aan 'n jong kind lees voeg asseblief enige persoonlike besonderhede by sodat die boek meer persoonlik is in elke unieke situasie. Paar voorbeelde volg: Wat het die kind die geliefde genoem? Die konsep kan op toepassing wees van enige geliefde wat afgesterwe het. Wat was die geliefde se liggaamlike beperkings wat hul hemelse liggaam nie sal he nie? Miskien was dit brille, 'n rolstoel, gehoor apparate of iets soort gelyk. Is daar iets uniek en ouderdom-gepas wat jy graag wil byvoeg oor hoe die geliefde dood is Hier is 'n paar voorstelle om die e-boek te gebruik: Lees dit deur en identifiseer areas waar jy dit 'n persoonlike storie kan maak voordat jy dit aan 'n kind lees. Besluit hoe jy hierdie storie gaan gebruik As gevolg van die feit dat die onderwerp kompleks en baie emosioneel is, en dat dit aan 'n kind gelees word, was dit belangrik om die boek kort te hou. Moenie meer informasie aan die kind gee as wat versoek word nie. As volwassenes het onsBy Geoff Wells, Vicky Wells, Corlia Jones. 2016
Ons is dol oor prutpot etes want hulle is maklik, gerieflik en lekker. Nog beter is prutpot etes wat jou…
help om gewig te verloor en gesond te word en bly. Jy sal vind dat wanneer jy 'n vegetariese or vegan dieet volg, jy 'n baie meer voedingstof-digte voedsel eet terwyl jou kalorieë baie laag gehou word. Dit is nie te sê dat ALLE vegan en vegetariese kos lae-kalorie is nie. Jy sal nogsteeds jou inname van vette en hoër kalorie kosse moet dophou, maar jy sal ook vind dat jy die "versadige" gevoel langer behou omdat jou liggaam meer van die noodsaaklike voedingstowwe opneem. Sommige van die resepte is goed vir detox en hulle is sodanig gemerk. Al die resepte Is vegetaries of vegan en meeste van hulle sal ook help met gewigsverlies. Party van die nagereg resepte is 'n bietjie hoër in kalorieë so gebruik dit spaarsamig.By Elmarié Smal, Francesco Falconi. 2016
"Halo" is die eerste soort vreemde verhaal van Francesco Falconi. Met 'n huldeblyk aan Kafka se Metamorfose, die storie saamgevat…
in 'n paar bladsye oor 'n leeftyd, familie dramas, pyn wat nooit sal verdwyn nie. Tot op die laaste oomblik. Tot die ontdekking van onsself en van die lig.By Vicky Wells, Corlia Jones. 2017
Victoria Huis Bakkery Geheime Hello ek is Victoria en ek is lief daarvoor om te bak My…
huis is altyd gevul met die reuke van varsgebakte brood pasteie koeke en hartige lekkernye Ek wil met jul deel nie net n paar resepte nie maar die ware geheime tot suksesvolle bak In hierdie reeks gaan ek die wenke en toertjies deel wat ek geleer het uit baie jare se tertdeeg deeg en beslag maak Dit is tyd om jou pakkies koek mengsels en bevrore brooddeeg Haal die eiers melk en meel uit en skep jou eie varsgebakte lekkernye Hoe om die Perfekte Tertdeeg te Maak Watter beter plek om te begin as om die geheim te leer om elke keer perfekte tertdeeg te maak Gebruik hierdie maklike dog verbasend anderse tertdeeg resep en jou tertdeeg sal altyd perfek wees Volg die gedetailleerde stap-vir-stap instruksies en jy sal elke keer n heerlike bros deeg maak Ek sal jou selfs wys hoe om oorblywende tertdeeg stukkies te hergebruik ongebruikte tertdeeg te stoor blindgebakte le tertdoppe te bak en meer As n spesiale lekkerny het ek my bekroonde appeltert resep my gunstelling bottertertjie resep en instruksies oor hoe om hierdie tertdeeg te gebruik om n biefstuk-en-niertjie-pastei te maakBy Amber Richards, Jamie Marais. 2017
"My naam is Emma. Vandag is my verjaarsdag en ek is baie opgewonde! Ek is sewe jaar oud." Clarence Thomas…
het gesê dat "Goeie maniere sal deure oopmaak wat die beste onderwys nie kan nie.” Hierdie woorde spreek volumes, soos in vandag se uiteenlopende en veranderende samelewing word ons as individue geëvalueer, op wat ons weet en hoe ons ander se gevoelens beskou. As ouers is ons geneig om meer te fokus op ons kind se akademiese/fisiese vaardigheidsversameling. Partykeer vergeet ons dat emosionele volwassenheid ook baie balangrik is, selfs vir jong kinders. Hierdie emosionele vaardighede sal jou kind se vermoë om langdurige verhoudings met hulle vriende verbeter. Dit sal hulle ook in staat stel om in ‘n morele volwassene te groei. Lesse vir die lewe word gewoonlik geleer deur gebruik te maak van die mees eenvoudige gebeurtenisse binne die menslike ervaring. Hierdie boek fokus op hoe jou kind moet reageer wanneer hulle 'n geskenk ontvang wat hulle nie waardeer nie. "Emma se Verjaarsdag - Om Dankbaar te Wees" is vermaak en maklik om te lees. Ons kan almal baie van Emma leer, en ek sien uit daarna om haar storie met jou te deel.By Geoff Wells, Vicky Wells, Corlia Jones. 2017
" 'n Gids tot Versapping, Rou Kosse en Superkosse " is ‘n samevatting van inligting wat nie net die wonderlike…
voordele van die insluit van versapping, rou kosse en Superkosse in jou dieet beklemtoon nie, dit bevat ook meer as 30 lekker en maklike resepte om te volg. Dit is die eerste stap op jou reis om die beste opsies vir 'n gesonde lewenstyl te vind. Die skrywers, Geoff en Vicky Wells, het reeds hierdie reis begin en sien merkwaardige resultate. Hulle is bewus daarvan dat daar 'n toenemende groep mense is wat op soek is na natuurlike oplossings vir hul gesondheidsprobleme en het probeer om 'n aantal oplossings uit hul eie ervarings te verskaf. Die items wat aanbeveel word, kan maklik gevind word in enige plaaslike boeremark of kruidenierswinkel. As jou inkopies behoorlik beplan word, sal dit nie jou inkopiesbegroting onder druk plaas nie. Beide die inligting en lekker resepte in hierdie boek is 'n moet-hê vir enige individu wat optimale gesondheid wil bereik. Dit dien ook as 'n verwysing vir diegene wat net die voordele van versapping, rou kos en Superkos-dieet begin ondersoek. Nou is altyd die beste tyd om jou reis te begin na 'n fikser, langer, gesonder lewe. Hier is net 'n paar opskrifte uit ons gekoppelde inhoudsopgawe Wat Is Versapping? •Tipes versappers Wat Is ‘n Rou Kos Dieet? •Eet Ek Niks Anders As Rou Kos Nie? Wat Is Superkosse? •Sommige Hoogs-Gegradeerde Superkosse Wat Is Die Voordele Van Versapping? •Versapping Help Gee Jou Immuniteitstelsel 'n Hupstoot •Versapping Help om Jou Verteringstelsel Skoon te Maak •Versapping Help Jou om Gewig te Verloor •Versapping Gee Jou Meer Energie •Versapping Help om Jou Vel te Verbeter en Hou Jou Jonk Lyk •VersapBy Zelna Naude, Jean-Marie Kassab. 2018
Geskryf in die eerste persoon, praat die roman oor die ontmoeting tussen die verteller, Francis en 'n vreemdeling, 'n vrou…
wat Astrid genoem word, op 'n strand. Francis is 'n desperate, onlangse bankrot biljoenêr wat kontak met sy familie verloor het, juis omdat hy daarna streef om ryk te word. Hy ondergaan deur die verhaal 'n persoonlike ontleding van sy geleidelike transformasie in 'n wrede werkalkoholis net om onbewustelik 'n ernstige pa te wees. Hy praat regdeur die roman duidelik oor sy angstig soeke na geluk wat hy tot dusver nie kon vind nie. Astrid, deur middel van sensitiewe en slim dialoog, help hom om sy hartseer te oorkom en om vreugde te vind op plekke waar hy nooit gesoek het nie. Francis word geleidelik verras deur die uiterste wysheid van hierdie vrou en haar aansteeklike "Joie-de-vivre" en eers in die laaste paar bladsye, weet hy dat sy 'n weduwee is, 'n weeskind, en dat sy haar oë verloor het in 'n ongeluk, en tog is sy gelukkig, ten spyte van haar beproewing. Francis se probleme word skielik futiel. Die boek eindig met 2 briewe, een van Astrid aan Francis gestuur om hom in te lig dat sy haar sig herstel het, danksy 'n onbekende kornea-skenker. Die tweede brief word deur Doris, Francis se vrou, aan Astrid gestuur om haar te vertel dat Francis oorlede is aan 'n hartaanval, maar dat hy "gelukkig" gesterf het, danksy haar hulp daardie dag op die strand, en dat hy [Francis] die onbekende skenker is. Samevattend het Astrid hom gehelp om te sien wat hy nie vir homself kon sien nie. Hy bedank haar deur sy kornea te skenk.By Siyavula.
By Heather Williams, Rory Adams, Sarah Blyth, Wiehan Agenbag, Liezel Toit.
By Siyavula.
By Siyavula.
By Jen Minkman, Petro Ebersohn. 2014
My eerste herinnering aan my oupa is van 'n oomblik wat ons gedeel het. Ek sit op sy knie en…
kyk uit oor die hawe. Oupa rook 'n pyp. "Kyk, Walt, daar is ons skepe. En eendag gaan daar een wat selfs mooier is, op die horison verskyn. 'n Magtige skip wat ons almal gaan kom haal." "Waarheen, Oupa?" vra ek nuuskierig. Hy bly stil. "Niemand weet presies nie," sê hy uiteindelik. "Maar dit maak nie dat dit minder fantasties is nie. Eendag gaan daardie skip inkom. En Annabelle sal op die voordek staan met ope arms om ons aanboord te verwelkom." Die godin met die swart hare wat in die wind waai, soos uitgebeeld teen die grootste muur in ons tempel. "Hoekom vaar ons nie self na haar toe nie?" wil ek weet. "Omdat sy belowe het sy sal kom," antwoord Oupa. "En ons maak staat op daardie belofte. Dit is net die Ongelowiges wat dink hulle kan alles self doen. Hulle glo glad nie in die godin nie." Walt woon in Hoophawe, 'n eilandgemeenskap wat hulle vertroue plaas in redding van die anderkant van die see af. Die dorpsmense wag geduldig, bou skepe om uit te vaar om hulle godin te verwelkom, en besoek elke week vroom die tempel. Gruwelstories omtrent die Ongelowiges wat aan die anderkant van Tresco woon, word vertel om hulle kinders bang te maak. Maar alles is nie soos dit lyk nie. Walt het vrae wat niemand kan beantwoord nie, en wanneer sy beste vriend en neef, Yorrick, in 'n ongeluk sterf, grawe hy dieper om die waarheid uit te vind omtrent die oorsprong van die Hoophawegemeenskap... en die geheime van die tempel. Keer terug na die wêreld van Die Eiland, en ontdek hoe Walt se lewe was voor en nadat hy Leia ontmoet het!