Service Alert
Delay in delivery of CDs
We are currently experiencing a delay with CD production. CDs are being sent and will be delivered as soon as possible. We apologize for the inconvenience.
We are currently experiencing a delay with CD production. CDs are being sent and will be delivered as soon as possible. We apologize for the inconvenience.
Showing 1 - 20 of 27 items
By Bernard Levine, Petronella Louisa Smith. 2016
'n Opbeurende boek vol inspirasies. Dit is geskryf uit 'n geestelike oogpunt en is opbouend. Die boek bevat baie wyshede…
wat toegepas kan word vir 'n waardevolle, gelukkige, vervullende lewe. Daar word verwys na die waarde van gebed, asook om aan God Sy regmatige plek in die lewe te gee.By Gabriel Agbo, Mignionette Fair. 2017
Hierdie boek sal jou oë oopmaak vir die gevolge van al ons aksies om ons bestemming en dié van ons…
kinders; selfs dié wat nog ongebore is. Die onderwerp van vloeke is lank reeds afgeskeep, en ons het nodig om uit te vind om dit hier te ontbloot. Ons begin deur te gaan na die skrifte om presies te weet wat God sê oor vloeke, hoe hulle werk, en hoe ons heeltemal vry van hulle kan wees. Familievloeke is so belangrik dat God hulle ingesluit het by die Tien Gebooie. So baie mense is gebind deur die vyand met onsigbare en anonieme instrumente van slawerny. In hierdie studie sal ons leer hoe om hierdie kettings wat afkomstig is van die vyand te breek. Ons verken gebiede soos afgodery (insluitend Halloween), onsedelikheid, verraad, steel, moord, ens. in diepte Ek glo dat as jy hierdie boek lees en die waarhede verken sal daar nog baie roeringe in jou wees om jouself te ondersoek en 'n daadwerklike poging maak om 'n heilige lewe te lei, al dan nie vir jouself nie, ten minste ter wille van jou kinders en die ongebore geslagte.By Bernard Levine, Elmarié Smal. 2016
SEËN IEMAND VANDAG Deur BERNARD LEVINE Seën iemand vandag met woorde van vriendelikheid Doen iets aangenaam vir 'n vriend Saai…
sade van bemoediging in 'n vreemdeling se hart Vertel jou geliefdes dat jy hulle hartlik waardeer Maak iemand se dag kosbaar en mooi Gee God die eer vir Sy grootheid Versterk jou maat met vrugte van vreugde Voeg geloof by jou buurman se lewe Seën iemand vandag en onthou - Jesus het jou lief.By Bernard Levine, Elmarié Smal. 2016
Skryf jy gedigte? Nou, kan jy betaal word vir die gedigte wat jy skryf en dit kan ook gepubliseer word…
in kaartjies, kalenders, plakkate en muurbehangsels. As jy jou skrywersdrome wil bewaarheid en terselfder tyd ook vergoed word vir jou gedigte, is hierdie unieke boek spesiaal vir jou. Om gedigte te skryf vir geld is groot pret en baie winsgewend! Word betaal om te doen waarvan jy hou.By Liezl Dreyer, Wael El-Manzalawy. 2016
"Mislukking kan jou vernietig as jy swak is, maar as jy sterk is kan jy mislukking vernietig" -Wael El-Manzalawy Een…
aanhaling kan 'n hele hoofstuk opsom. Hierdie boek bevat sowat 150 aanhalings deur talle internasionale denkers.By Bernard Levine, Zelna Naude. 2017
Ek is seker jy sal verbaas wees om te hoor dat daar in die meeste Joodse huise nie 'n Bybel…
is nie. Maar is dit nie baie snaaks dat die nasie, bekend as die "Mense van die Boek", nie eers 'n Bybel in hul huise het nie? Wat nog meer verrassend is, is dat mens sou dink dat die Joodse mense die Skrifte goed sou ken, die skokkende waarheid is egter dat meeste van die Ou Testament boeke aan hulle onbekend is en dat hulle nog nooit die profesieë oor Jesus in boeke soos Esegiël, Jesaja, Daniël en Maleagi gesien het nie. En, het jy geweet dat die Jode nie weet wat hulle sê as hulle bid nie, want die meeste Jode verstaan nie Hebreeus nie. Nou wonder jy seker hoe die Jode dan verlos raak van hulle sondes as hulle nie in Jesus Christus glo nie? Wat glo die Jode is die weg na die hemel? Jy sal geskok wees om uit te vind wat in die Joodse wêreld aangaan.By Bernard Levine, Adri Schalkwyk. 2016
Jy sal beslis verbaas wees, dalk selfs geskok wees as jy ontdek wat regtig aangaan in die Joodse wêreld. Het…
jy geweet dat die Jode nie toegelaat word om toiletpapier op die Sabbat te skeur nie? Hoekom kan Joodse vrouens nie Bybel lees nie? Het jy al gehoor daar is spesiale Coca-Cola net vir Jode? Wat is die naam van Jesus? Watter letter van die alfabet is onderstebo in die Bybel geskryf? Waarom Jode nie kaasburgers eet nie? Wat is so anders oor Joodse seksuele omgang? Waarom Joodse vrouens pruike dra? Is daar ʼn spesiale gebed wat Jode sê voor hul toilet toe gaan? Die meeste van die Ou Testament word nie deur Jode bestudeer nie ... hoekom? Het jy geweet dat Jode hul eie soort spek het? Hoekom word Joodse vroue nie toegelaat om hul elmboë of knieë vir mans te wys nie? Wat is God se naam wat uit die meeste Bybels gelaat word? Mag ʼn Jood ʼn tatoeëring hê? Wanneer slaap Jode buite? Is dit waar dat daar geen vloekwoorde in Hebreeus is nie? Hoe moet jy ʼn Jood van Jesus Christus vertel? Hoekom kan Jode nie hul eie woorde gebruik wanneer hulle bid nie? Jy sal beslis verbaas wees, dalk selfs geskok wees wanneer jy ontdek wat regtig aangaan in die Joodse wêreld.By Phillips Jones, Gwendoline Louw. 2017
Die PHILLIPS metode om op te hou rook is ‘n eenvoudige dog effektiewe metode om op te hou rook. Dit…
bevat ‘n reeks tegnieke en prosesse wat enigeen kan aanleer, en wat jou sal leer hoe om jou brein te programmeer sodat jy heeltemal ontslae kan raak van jou rookgewoonte. Deur hierdie boek te lees, en die aanbevelings dan te volg, sal jy nie net in staat wees om op te hou rook nie, maar jy sal ook leer hoe om enige doelwitte wat jy van nou af vir jouself stel, te bereik. Dis nie net ‘n resep om die rookgewoonte te los nie, maar ook ‘n verduideliking van hoe die brein werk, en hoe om dit te programmeer volgens jou begeertes en benodigdhede. Dit is propvol maklike, eenvoudige oefeninge wat jou sal help om jouself meer en beter te leer ken, sowel as om jou selfbeeld en eiewaarde te versterk. Hierdie boek lees lekker maklik, en nie net sal jy leer hoe om op te hou rook nie, maar die staaltjies en grappies hierin sal jou vele genot verskaf.By Brahma Kumari Pari. 2018
Lees hierdie boek met die bedoeling om die diepte van wat verduidelik word, te verstaan. Moenie dit net as 'leesstof'…
beskou nie. In plaas daarvan om net die boek te lees om van die Holografiese Heelal te weet, hou aan na wat die skrywer gesê het totdat jy ervaar en verstaan wat gesê word oor die Holografiese Heelal. Om 'n oop, duidelike gedagte te hou (terwyl u dit visualiseer) sal u help om te ervaar wat die skrywer ervaar het en / of u kan ander relevante ervarings hê. As gevolg daarvan sal jy kan verstaan wat die skrywer verduidelik. U vermoë om ervarings in die Holografiese Heelal te hê, sal toeneem, aangesien u hierdie boek oor en oor lees totdat u dit verstaan het. Geniet die leeservaring!By Brian Gugas. 2020
Regdeur die jare het mense na die Bybel gedraai vir leiding en hoop. Die Bybelstudie boek dien as ‘n padkaart…
vir die beginner om waardeuring te ontwikkel vir die Bybel en dit deel te maak van hulle daaglikse lewe. Al 66 Boeke van die Bybel word in detail gedek, insluitend: • Skrywer van elke boek en die tyd waarin dit geskryf is. • Sleutel temas van elke boek • Opsomming van die boodskap in elke boek • ‘n Toewyding vir die oorweging en verdure ondersoeke Verdiep in die stories, profesieë en boodskappe van die Bybel en oorweeg tennuwe die inspirerende krag, genade en helende krag van God en Jesus Christus. Genadig en inspirerend, Bybelstudie Gids vir Beginners bring die leser terug na die basis en maak ‘n pad oop vr ‘n direkte verhouding met die lewende Woord van God.By Gabriël Agbo. 2020
"Die Here sê: “Ek sal herstel wat julle deur die stropersprinkane, die snysprinkane, die swermsprinkane en die jong sprinkane verloor…
het. Ek het hierdie groot, vernietigende leër teen julle gestuur. “Julle sal weer al die kos kry wat julle begeer. Julle sal die Here julle God loof wat hierdie wonders vir julle moontlik maak. My volk sal nooit weer so in die skande kom nie. Julle sal weet dat Ek onder my volk Israel teenwoordig is. Net Ek is die Here julle God, niemand anders nie! My volk sal nooit weer so in die skande kom nie.” Joël 2: 25-27 Dit is tyd om die dinge wat jou wil stop, te stop, Dit is God se wil om alles te stop wat jou van Sy plan vir jou lewe wil verwyder. En jy weet alreeds dat Sy plan vir jou is om die beste van vreugde, vrede, voorspoed, genade, goeie gesondheid en om al jou eiendom te besit. Selfs as jy onder oordeel staan, kan dit omgedraai word vandag en jy kan weer begin om in Sy genade te swem. Ons kyk ook na ander se ondervindings en die moderne Israel se weergawe van Nooit Weer nie. Hoekom hulle hierdie slagspreuk aangeneem het en hoe vêr hulle gekom het om dit toe te pas? Sekerlik, Israel het vandag een van die mees magtigste nasies op aarde geword, (Dit het die beste intelligensie agentskap, Mossad en die derde beste weermag in die wêreld) nie net omdat God met hulle is nie, maar omdat hulle belowe het om nooit weer toe te laat dat die Jode weer deur daardie mees onmenslik, vermybare gebeurtenis van die laaste eeu. Vandag lei hulle nie net in verdediging nie maar ook in landbou, ICT, wetenskap en medisyne. Ja, ons kan vandag sê nooit weer nie. Hierdie boek is verseker 'n interessante lees.By Gabriël Agbo. 2020
Ongewone Sukses! God het jou bestem om suksesvol te wees. Dit is jou reg. Dit is jou natuur. Dit is…
reg hier in jou D.N.A. Jy het geen verskoning om ’n mislukking te wees nie. Alles was jy ooit nodig mag kry om dit in hierdie lewe te maak, is alreeds in jou geplant en is ook in die gebed. Waarheid. Hierdie boek sal jou oë oopmaak tot hierdie ewige waarheid. Jy kannie deur dit gaan en dieselfde bly nie. Hier sal jy onderwerpe vind soos: Jy Kan Slaag, Dinge Is Nie Wel Nie? O Here, God van Hemel, Hy Hou Sy Verbond, Luister Na My Gebed, Ken Sukses en Guns aan My toe, Visie-Plan-Werk, Tydsberekening, Oorkom Struikelblokke, Dit is Gedoen! U sal die geheime ontdek van die rykste man wat ooit geleef het, die sterkste man en die mees invloedryke koning. Daar is ook gebede wat jou outomaties op die pad na sukses sit. God het jou nie ontwerp om te misluk nie. Hy het jou na Sy ewebeeld geskape. Dit beteken eenvoudig dat as Hy ’n sukses is, dan moet ons ook wees. Jy is gebore en gered om te slaag! Lees en word getransformeer.By Gabriel Agbo. 2020
Hierdie boek is ‘’n werk oor, wat ek noem die bose drie-eenheid: okkultisme, towerkuns en valse geloof. Daar is agente…
deur wie Satan sy bose planne teen die bevordering van God se Koninkryk en humaniteit, uitvoer. Hierdie drie takke van die koninkryk van duisternis werk in harmonie om bogemelde objektiewe te bereik. Satan is die inisiëerder en aan die hoof van elkeen van hulle. Jy sal altyd die ander kry wanneer enige een van die ander in werking is. Dit is hoekom ek hulle ’n drie-eenheid noem. Byvoorbeeld, in okkultisme sal u ook towerkuns en vals geloof vind. Die valse profete en hekse behoort gewoonlik aan geheime verenigings en kulte. Hulle vertak volgens hulle onmiddelike objektiewe en operasies. Hulle is verskillende takke van dieselfde boom. Maar hoe beheer ons hierdie eeue oue spirituele bedreiging wat soveel chaos aan die mens en sy gespanne verhouding met sy Maker veroorsaak het? Dit is wat ons hier probeer offer. Elke Christen moet opstaan, die volle wapenrusting van die Koninkryk van die Hemel aantrek en hierdie sataniese aanslae beveg. En ons moet dit nou doen, dringend en vasberade.By Bernard Levine. 2020
Hierdie is 'n splinternuwe boek met informasie wat nog nooit voorheen gepubliseer is nie. Vir digene wat lief is vir…
die Joodse nasie en gesmag het om meer omtrent hulle geloof en leefwyse te weet, vir Christene wat lief is vir Jesus en meer van Sy Joodse wortels wil leer ... Die verrassende onthullings in hierdie boek was vir lank vir die wêreld verborge en word nou vir die eerste keer ontbloot! Jy sal ontdek ... Wat doen Jode op Kersdag? Sal jy met my trou? Hoe Jode 'n huweliksaansoek doen? Waarom eet Jode nie McDonalds, KFC of Burger King nie? Wat is in die Hebreeuse Bybel wat jy nie weet nie? Hoekom het die Rabbis die letters van God se Heilige Naam verander? Wat het die Jode met die woord Elohim gemaak? Watter plaasvervangende naam gebruik die Jode instede van Yahveh? Waarom skryf Jode nooit die woord "God" nie? En baie ander verrassende onthullings.By Bernard Levine. 2020
Wat is die waarheid omtrent seks deur 'n gaatjie in die laken? Wat doen die Rabbis met die voorhuid wat…
afgesny word? Hoekom moet vroue hulle panties vir die Rabbi wys? Het jy geweet die Rabbi suig die bloed van 'n baba se besnyde penis? Het jy gehoor daar is 'n spesiale manier hoe Jode veronderstel is om hulle skoene aan te trek? Waarom vat Jode 'n lewendige hoender en swaai dit bo hulle koppe? Hoekom begrawe Jode hulle borde in die grond? Jy sal geskok wees deur die vreemde praktyke van die Joodse gemeenskap.By Geraldine Solon. 2020
Nou is dalk die beste tyd wees om ‘n skrywer te wees, maar hoe laat jy jou boek bo die…
duisende uitstaan wat daagliks gepubliseer word? Elke skrywer moet hulle boeke bemark, of hulle nou die tradisionele roete volg of hulle boeke self publiseer. Hoewel skrywers ‘n fisiese teenwoordigheid moet hê, fokus Outeurpreneur in Pajamas op hoe skrywers hul platforms in hul pajamas kan bou deur aanlynopsies te gebruik wat hul blootstelling en sigbaarheid kan verhoog. Ons lewe in ‘n virtuele wêreld, waar digitaal papier verby gesteek het, waar slimfone, tablette en e-lesers nou noodsaaklikhede is, en waarin jy jou skrywersplatform met die druk van ‘n knoppie kan bou. Outeurpreneur in Pajamas leer jou hoe om jou skrywersplatform te ontwikkel sonder om jou huis te verlaat.By Daphne Mashamaite. 2020
In hierdie joernaal vind u onweerlegbare sukseslesse in mikroformaat op elke bladsy. Die lesse kom uit my boek “Climbing the…
ladder of success”. In die boek deel ek my navorsing en ervaring as ‘n kenner op die gebied van ondernemingsontwikkeling wat werk met klein tot mediumgrootte ondernemings. My begeerte is om almal te help om te fokus op belangrike gebiede vir die bestuur van ‘n suksesvolle besigheid, selfs na Covid19 kan jy ware sukses bereik. ‘n Joernaal help jou om boek te hou van jou dag tot dag ervarings. Dit kan gebruik word om jou gevoelens en jou gedagtes oor ‘n bepaalde situasie in jou sosiale lewe of ‘n spesifieke gebeurtenis of situasie te beskryf. Gebruik jou joernaal om opwindende en hartseer oomblikke vas te vang – herinneringe. Beskryf jou gevoelens, die mense wat jy ontmoet het en hoe hulle jou laat voel het. Jy kan ook die plekke neerskryf wat jy besoek het, spesiale geleenthede ens. Onthou om dit wat jy geleer het in te sluit. ‘n Joernaal kan gebruik word om jou ondervinding en seisoene in jou lewe te beskryf vir toekomstige verwysing. Jy kan ook jou joernaal gebruik vir jou te-doen-lysie en jou volgende boek of manuskrip.By Bernard Levine. 2020
By Dr Pensacola H. Jefferson. 2016
Hierdie boek praat oor die intimiteit wat plaasvind tussen die siel en die Gees (God en jy deur Christus), nie…
twee liggame nie. As jy "een gees" met God is, is jy alreeds intiem met Hom, maar jy mag dalk nie die diepte van daardie intimiteit met Hom ervaar nie. Laat my jou gou 'n analogie gee: as God 'n koek wou maak, sou Hy meel, suiker, botter, eiers, ens. saam gemeng het. Wanneer daardie items of bestandele saamgevoeg of gemeng is, kan hulle nie ongemeng of onsaamgevoeg raak nie. Hulle is NOU een. Hierdie bestandele bly vir ewig geheg aan mekaar en saam het hulle iets heel anders geword - 'n koek. Die wat aan God deur die Here verbind is, bly vir ewig verbind en het dus geheel en al anders geword "in" Christus - 'n NUWE SKEPPING. Die wat tot God geheg is deur die Here, is "een gees" met Hom; 'n intimiteit met God wat letterlik 'n individu heeltemal transformeer. "... Maar wie die HERE aanhang, is EEN GEES met Hom..." (1 Korinthiërs 6:17 AFR53). "...Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n NUWE skepsel;..." (2 Korinthiërs 5:17 AFR53). "... die Gees van God in julle woon nie?..." (1 Korinthiërs 3:16 AFR53). God sê: "... WEES HEILIG, WANT EK IS HEILIG..." (1 Petrus 1:14-16 AFR53). "..."...Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel;..." (2 Korinthiërs 5:17 AFR53). "...die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword..." (2 Korinthiërs 5:17 AFR53). "... En die HERE God het die mens geformeer [uit] die stof van die aarde [liggaam] en in sy neus die asem van die lewe [gees] geblaas. So het dan die mens 'n lewende siel [siel] geword..." (Genesis 2:7 AFR53). God sê: "... na SY beeld; ... man en vrou het Hy (God, die Heilige Gees) hulle geskape..." (Genesis 1:27 AFR53). "... En ... [God, die Heilige Gees] in sy neus die asem van die lewe [Sy "eie" Gees] ..." (Genesis 2:7 AFR53). "... So het dan die mens 'n lewende siel geword..." (Genesis 2:7 AFR53). Om tot God geheg te wees is 'n HEILBy Gabriël Agbo. 2020
Hierdie klein maar kragtige boek is geskryf om Christene aan te moedig en te bemagtig wie deur moeilike tye van…
beproewing gaan. Hulle moet weet dat daardie onaangename omstandighede as God se instrumente sal dien op hulle op te lig na hulle volgende fase of deurbraak toe. Hier sal ons sien dat ons houding ons hoogte kan vasstel in ons wandel met God. En ook, dat daar is altyd profyt in elke teëspoed.