Service Alert
Website maintenance April 24 10pm ET
On Wednesday April 24 at 10pm ET the CELA website will be unavailable for about 15 minutes for planned maintenance.
On Wednesday April 24 at 10pm ET the CELA website will be unavailable for about 15 minutes for planned maintenance.
Showing 1 - 7 of 7 items
By Petro Ebersohn, Michael D Young. 2014
Kersliedere gee die gees van Kersfees weer soos niks anders kan nie, en Sing ons nou van Kersfees gee lewe…
aan geliefde Kersliedere soos nog nooit tevore nie.Stap in die voetspore van die goeie koning Wenceslas. Ervaar van nuuts af die klokke op Kersdag. Reis saam met 'n soldaat wat sy stem verloor het, wanneer hy deel word van die wonderwerk van Stille Nag. Ervaar al hierdie, en nog meer, in die innige, onderhoudende verhale wat bygedra is deur 'n groep skrywers vanoor die hele V.S.A., wat saamgespan het vir 'n goeie doel.*Die versameling, wat 25 verhaaltjies bevat, een vir elke dag tot en met Kersdag, staan op die punt om 'n nuwe Kerstradisie vir jou en jou gesin te begin!* Alle inkomste uit die verkope van die boek word geskenk aan die nasionale Downsindroomvereniging van die V.S.A.By Bernard Levine, Elmarié Smal. 2016
Skryf jy gedigte? Nou, kan jy betaal word vir die gedigte wat jy skryf en dit kan ook gepubliseer word…
in kaartjies, kalenders, plakkate en muurbehangsels. As jy jou skrywersdrome wil bewaarheid en terselfder tyd ook vergoed word vir jou gedigte, is hierdie unieke boek spesiaal vir jou. Om gedigte te skryf vir geld is groot pret en baie winsgewend! Word betaal om te doen waarvan jy hou.By Geoff Wells, Vicky Wells, Corlia Jones. 2017
" 'n Gids tot Versapping, Rou Kosse en Superkosse " is ‘n samevatting van inligting wat nie net die wonderlike…
voordele van die insluit van versapping, rou kosse en Superkosse in jou dieet beklemtoon nie, dit bevat ook meer as 30 lekker en maklike resepte om te volg. Dit is die eerste stap op jou reis om die beste opsies vir 'n gesonde lewenstyl te vind. Die skrywers, Geoff en Vicky Wells, het reeds hierdie reis begin en sien merkwaardige resultate. Hulle is bewus daarvan dat daar 'n toenemende groep mense is wat op soek is na natuurlike oplossings vir hul gesondheidsprobleme en het probeer om 'n aantal oplossings uit hul eie ervarings te verskaf. Die items wat aanbeveel word, kan maklik gevind word in enige plaaslike boeremark of kruidenierswinkel. As jou inkopies behoorlik beplan word, sal dit nie jou inkopiesbegroting onder druk plaas nie. Beide die inligting en lekker resepte in hierdie boek is 'n moet-hê vir enige individu wat optimale gesondheid wil bereik. Dit dien ook as 'n verwysing vir diegene wat net die voordele van versapping, rou kos en Superkos-dieet begin ondersoek. Nou is altyd die beste tyd om jou reis te begin na 'n fikser, langer, gesonder lewe. Hier is net 'n paar opskrifte uit ons gekoppelde inhoudsopgawe Wat Is Versapping? •Tipes versappers Wat Is ‘n Rou Kos Dieet? •Eet Ek Niks Anders As Rou Kos Nie? Wat Is Superkosse? •Sommige Hoogs-Gegradeerde Superkosse Wat Is Die Voordele Van Versapping? •Versapping Help Gee Jou Immuniteitstelsel 'n Hupstoot •Versapping Help om Jou Verteringstelsel Skoon te Maak •Versapping Help Jou om Gewig te Verloor •Versapping Gee Jou Meer Energie •Versapping Help om Jou Vel te Verbeter en Hou Jou Jonk Lyk •VersapBy Various. 2018
Asiatiese Kort Verhale deur Verskeie Outeurs Asiatiese Kort Verhale, deur nege outeurs, het elk ‘n Asiaat of speel af in…
Asië as hoof agtergrond. Asiatiese Kort Verhale het gebeur as gevolg van ‘n reeks gebeure een naweek in Mei 2015. ‘n Vriend het my vertel dat hy verskeie kort stories met Asië as agtergrond het, ek het genoem dat ek ook ‘n paar stories het, nog ‘n vriend het my ‘n epos gestuur dat hy ‘n kort verhaal oor Pattaya wil skryf, en een van my Thai niggies het vir my haar nuutste foto gestuur, die een op die voorblad van die bundel. Dit was asof iemand iets vir my probeer vertel het, of ‘n klomp het in elk geval. Die negentien stories deur nege outeurs in hierdie bundel was almal in een maand na my gestuur, maar verskil net soveel soos hulle outeurs. Die stipulasie was dat Asië of ‘n Asiaat moes sterk na vore kom in die storie. Ons het stories met Kambodja, Sjina, Laos, Maleisië, Pakistan, Thailand, die VSA en Vietnam. Sommige van hierdie outeurs is wel bekende skrywers, sommiges beter bekend in ander sfere, sommiges het al voorheen heelwat geskryf en is gepubliseer in die tradisionele sin, ander reis die Indiese Publisering pad en vir nog ander is dit die heel eerste keer wat jy hul stories sien in enige druk vorm. Jy kan meer lees oor elkeen van die outeurs op die verskeie webwerwe wat gegee word na elke storie. Ek beveel aan dat u die webwerwe besoek want wat jy meer kan uitvind oor die outeurs sal jou dalk verras, dit waarborg ek jou. Asiatiese Kort Verhale deur Verskeie Outeurs Asiatiese Kort Verhale, deur nege outeurs, het elk ‘n Asiaat of speel af in Asië as hoof agtergrond. Asiatiese Kort Verhale het gebeur as gevolg van ‘n reeks gebeure een naweek in Mei 2015. ‘n Vriend het my vertel dat hy verskeie kort stories met Asië as agtergrond het, ek het genoem dat ek ook ‘n paar stories het, nog ‘n vriend het my ‘n epos gestuur dat hy ‘n kort veBy Amber Richards, Leonie van der Wath. 2017
Dit is werklik ’n uitdaging om beide ‘n glutenvry en ’n suiwelvry leefstyl te volg. Weens kos-allergieë is dit Amber…
se lot! Hier is ’n versameling van 40 heerlike resepte wat glutenvrye en suiwelvry is. Daar is 20 hoofgeregte, 10 sopgeregte en 10 nageregte. Al die geregte is beproef en getoets en kan egter van hulp wees vir ‘n moeilike lewenstyl.By Anca Ioviţă. 2018
Tydens my derde jaar in die mediese skool, het ek op ‘n aanlyn artikel afgekom oor kalorie beperking met optimale…
voeding. Ek het gelees oor ‘n oënskynlik eenvoudige dieët ingryping wat die gemiddelde en maksimale lewensduur van laboratorium diere soos gis, vrugte vlieë, wurms en muise verleng het. Op daardie tydstip was ek nie bewus dat sulke eksperimente reeds gedoen word op nie-menslike primate ook nie. Eerlikwaar, ek het afgemaak as nuuskierigheid, ‘n ingryping wat ‘n effek het op eenvoudige organismes soos vrugte vlieë, maar wat nooit op sulke komplekse wesens soos ons sal werk nie. Dit was net te goed om waar te wees. Tyd het verby gegaan en my verkeerd bewys. Gegewe ‘n vroeë kindertyd fassinasie met die grense van lewens verlenging, het ek ingenieurswese en medisyne gestudeer in ‘n poging om radikale verlengde menslike lewensduur te bewerkstellig. Na ‘n kort rukkie van navorsing oor neurale prostese in ‘n Duitse laboratorium, het ek besef dat kunsmatig ingeplante toestelle binne in die menslike liggaam nie ‘n lang termyn oplossing was nie. Ek het huis toe gekom waar ek met my mediese residensie in geriatries begin het, die tak van medisyne wat spesialiseer in ouderdom-geassosieerde siektes. ‘n Snaakse ding het toe gebeur. Om te lees oor teorieë van oud word is een ding. Daaglikse sorg vir mense 3 – 4 keer jou ouderdom is totaal ‘n ander ding en ek het begin om die kolletjies te verbind. Ek het opgelet dat sommige mense verouder soos wyn en ander soos asyn. Volgens hulle maer liggaamstrukture en gedetailleerde lewens stories, het dit gelyk asof kalorie inname iets daarmee te doen gehad het. Dis hoe ek die eerste woorde van hierdie boek begin tik het. Inhoudsopgawe Inleiding •Basiese Beginsels Van Kalorie Beperking Met Optimale Voeding •Wat U Nie In Hierdie Boek Sal Vind Nie •Hoe Behoort U Die Boek Te Gebruik? Minder IBy Anca Ioviţă. 2018
Tydens my derde jaar in die mediese skool, het ek op ‘n aanlyn artikel afgekom oor kalorie beperking met optimale…
voeding. Ek het gelees oor ‘n oënskynlik eenvoudige dieët ingryping wat die gemiddelde en maksimale lewensduur van laboratorium diere soos gis, vrugte vlieë, wurms en muise verleng het. Op daardie tydstip was ek nie bewus dat sulke eksperimente reeds gedoen word op nie-menslike primate ook nie. Eerlikwaar, ek het afgemaak as nuuskierigheid, ‘n ingryping wat ‘n effek het op eenvoudige organismes soos vrugte vlieë, maar wat nooit op sulke komplekse wesens soos ons sal werk nie. Dit was net te goed om waar te wees. Tyd het verby gegaan en my verkeerd bewys. Gegewe ‘n vroeë kindertyd fassinasie met die grense van lewens verlenging, het ek ingenieurswese en medisyne gestudeer in ‘n poging om radikale verlengde menslike lewensduur te bewerkstellig. Na ‘n kort rukkie van navorsing oor neurale prostese in ‘n Duitse laboratorium, het ek besef dat kunsmatig ingeplante toestelle binne in die menslike liggaam nie ‘n lang termyn oplossing was nie. Ek het huis toe gekom waar ek met my mediese residensie in geriatries begin het, die tak van medisyne wat spesialiseer in ouderdom-geassosieerde siektes. ‘n Snaakse ding het toe gebeur. Om te lees oor teorieë van oud word is een ding. Daaglikse sorg vir mense 3 – 4 keer jou ouderdom is totaal ‘n ander ding en ek het begin om die kolletjies te verbind. Ek het opgelet dat sommige mense verouder soos wyn en ander soos asyn. Volgens hulle maer liggaamstrukture en gedetailleerde lewens stories, het dit gelyk asof kalorie inname iets daarmee te doen gehad het. Dis hoe ek die eerste woorde van hierdie boek begin tik het. Inhoudsopgawe Inleiding •Basiese Beginsels Van Kalorie Beperking Met Optimale Voeding •Wat U Nie In Hierdie Boek Sal Vind Nie •Hoe Behoort U Die Boek Te Gebruik? Minder I