Service Alert
Website maintenance April 24 10pm ET
On Wednesday April 24 at 10pm ET the CELA website will be unavailable for about 15 minutes for planned maintenance.
On Wednesday April 24 at 10pm ET the CELA website will be unavailable for about 15 minutes for planned maintenance.
Showing 1 - 7 of 7 items
By Petro Ebersohn, Michael D Young. 2014
Kersliedere gee die gees van Kersfees weer soos niks anders kan nie, en Sing ons nou van Kersfees gee lewe…
aan geliefde Kersliedere soos nog nooit tevore nie.Stap in die voetspore van die goeie koning Wenceslas. Ervaar van nuuts af die klokke op Kersdag. Reis saam met 'n soldaat wat sy stem verloor het, wanneer hy deel word van die wonderwerk van Stille Nag. Ervaar al hierdie, en nog meer, in die innige, onderhoudende verhale wat bygedra is deur 'n groep skrywers vanoor die hele V.S.A., wat saamgespan het vir 'n goeie doel.*Die versameling, wat 25 verhaaltjies bevat, een vir elke dag tot en met Kersdag, staan op die punt om 'n nuwe Kerstradisie vir jou en jou gesin te begin!* Alle inkomste uit die verkope van die boek word geskenk aan die nasionale Downsindroomvereniging van die V.S.A.By Bernard Levine, Elmarié Smal. 2016
Skryf jy gedigte? Nou, kan jy betaal word vir die gedigte wat jy skryf en dit kan ook gepubliseer word…
in kaartjies, kalenders, plakkate en muurbehangsels. As jy jou skrywersdrome wil bewaarheid en terselfder tyd ook vergoed word vir jou gedigte, is hierdie unieke boek spesiaal vir jou. Om gedigte te skryf vir geld is groot pret en baie winsgewend! Word betaal om te doen waarvan jy hou.By Various. 2018
Asiatiese Kort Verhale deur Verskeie Outeurs Asiatiese Kort Verhale, deur nege outeurs, het elk ‘n Asiaat of speel af in…
Asië as hoof agtergrond. Asiatiese Kort Verhale het gebeur as gevolg van ‘n reeks gebeure een naweek in Mei 2015. ‘n Vriend het my vertel dat hy verskeie kort stories met Asië as agtergrond het, ek het genoem dat ek ook ‘n paar stories het, nog ‘n vriend het my ‘n epos gestuur dat hy ‘n kort verhaal oor Pattaya wil skryf, en een van my Thai niggies het vir my haar nuutste foto gestuur, die een op die voorblad van die bundel. Dit was asof iemand iets vir my probeer vertel het, of ‘n klomp het in elk geval. Die negentien stories deur nege outeurs in hierdie bundel was almal in een maand na my gestuur, maar verskil net soveel soos hulle outeurs. Die stipulasie was dat Asië of ‘n Asiaat moes sterk na vore kom in die storie. Ons het stories met Kambodja, Sjina, Laos, Maleisië, Pakistan, Thailand, die VSA en Vietnam. Sommige van hierdie outeurs is wel bekende skrywers, sommiges beter bekend in ander sfere, sommiges het al voorheen heelwat geskryf en is gepubliseer in die tradisionele sin, ander reis die Indiese Publisering pad en vir nog ander is dit die heel eerste keer wat jy hul stories sien in enige druk vorm. Jy kan meer lees oor elkeen van die outeurs op die verskeie webwerwe wat gegee word na elke storie. Ek beveel aan dat u die webwerwe besoek want wat jy meer kan uitvind oor die outeurs sal jou dalk verras, dit waarborg ek jou. Asiatiese Kort Verhale deur Verskeie Outeurs Asiatiese Kort Verhale, deur nege outeurs, het elk ‘n Asiaat of speel af in Asië as hoof agtergrond. Asiatiese Kort Verhale het gebeur as gevolg van ‘n reeks gebeure een naweek in Mei 2015. ‘n Vriend het my vertel dat hy verskeie kort stories met Asië as agtergrond het, ek het genoem dat ek ook ‘n paar stories het, nog ‘n vriend het my ‘n epos gestuur dat hy ‘n kort veBy Bernard Levine. 2020
As jy smag om naby Jesus te wees As jy die teenwoordigheid van God kon voel As jy die diepte…
van Sy liefde kon waarneem En Sy ewige goedheid kon herken ... Sal jy begin besef hoe kosbaar jy vir God is. Hy is altyd daar vir jou maak nie saak wat mag wees God sal altyd by jou staan met 'n eindelose liefdeBy Bernard Levine. 2020
As God al die glorie wat op ons wag aan ons bekend moet maak, sal dit ons verstand te bowe…
gaan. Watter pryse sal jy in die hemel ontvang? Gaan jy 'n prys ontvang? As jy die Here Jesus getrou gedien het, sal hierdie 'n tyd van groot lofprysing wees omdat jy wonderlike belonings sal ontvang.By Gabriel Agbo, Leonie van der Wath. 2018
Opofferinge is kragtig. Baie Kragtig! Die rykste man, die sterkste man, die mees geseënde mans en vroue, die verstandigste, die…
grootse koning, en die magtigste profete was almal manne en vroue van opoffering. Hulle het hulle alles gegee en het gewaagd opgetree vir hulle mense, mensliewenheid en vir God om hulle verpligtinge en doelwitte te bereik sodat almal in ewigheid op hulle trots kon wees. Wil jy hulle geheim weet? Goed. As jy wil uitblink moet jy eers ‘n man/vrou van opoffering word. Alles is moonlik vir dié wat die prys kan betaal. Dié boek bevat die volgende hoofstukke – Die Krag van Opoffering, Offer Jou Enigste, Ek Reis deur Egipte, Ek Sal Die Prys Betaal, Volg My! Ons Het Vir Jou Gekom, Ek Sal Jou Bewaar, Berei Daardie Laaste Ete Voor, Die Krag Om Te Bewaar, Loof, Vas en Gebed. Ons bespreek nie net die groot opofferings van noemenswaardige mans en vroue uit die Bybel nie en hoe hulle optrede hulle belangrik gemaak het nie maar ons bespreek ook mense soos Yonatan Yoni Netanyanhu van Israel. Hy is die jong Israeli wat die komando eenheid gelei het om die Joodse gyselaars te red by Entebbe lughawe toe hul vliegtuig in 1976 gekaap is en in Uganda moes land. Ons kyk ook na militêre helde – soos die “SEALs” en “Delta Force. Hierdie mans gee voordurend hulle allerbeste om ander te beskerm en om die mensdom te red. Hulle offer hul lewens op om ander te beveilig. Jesus het gesê groter opoffering is daar nie, dan iemand wat sy lewe vir ‘n ander gee. Ons bring hulde aan hulle! Hulle leer ons wat opoffering behoort te wees. Jesus het juis gevra, wat se opoffering kan groter wees as wat iemand sy lewe vir sy vriende gee? Ons prys hulle vir hulle dapperheid en uitmuntende patriotisme. Hier sal ons leer van opofferings van geloof, goedheid, patriotisme, gebed, vas en loof. Wanneer jy meer doen as wat van jou verwag word, is daar onmiddelik ‘n onsigbare bonatuurlike mag wat reageer en na jou toe haas.By Petro Ebersöhn, Bernard Levine. 2017
Hierdie is 'n opwindende boek wat jou sal inspireer namate jy die geheim tot die lewe, geluk en sukses ontdek.…
Wees getrou aan jouself en volg jou hart. Laat die wonderwerke wat jy so graag wil hê moet gebeur, jou lewe vul!