Title search results
Showing 1 - 20 of 21 items
Die Wêreld se mees Geliefde Inspirasies
By Bernard Levine, Petronella Louisa Smith. 2016
'n Opbeurende boek vol inspirasies. Dit is geskryf uit 'n geestelike oogpunt en is opbouend. Die boek bevat baie wyshede…
wat toegepas kan word vir 'n waardevolle, gelukkige, vervullende lewe. Daar word verwys na die waarde van gebed, asook om aan God Sy regmatige plek in die lewe te gee.Ontsagwekkende Liefde
By Bernard Levine, Elmarié Smal. 2016
SEËN IEMAND VANDAG Deur BERNARD LEVINE Seën iemand vandag met woorde van vriendelikheid Doen iets aangenaam vir 'n vriend Saai…
sade van bemoediging in 'n vreemdeling se hart Vertel jou geliefdes dat jy hulle hartlik waardeer Maak iemand se dag kosbaar en mooi Gee God die eer vir Sy grootheid Versterk jou maat met vrugte van vreugde Voeg geloof by jou buurman se lewe Seën iemand vandag en onthou - Jesus het jou lief.Word betaal vir jou gedigte
By Bernard Levine, Elmarié Smal. 2016
Skryf jy gedigte? Nou, kan jy betaal word vir die gedigte wat jy skryf en dit kan ook gepubliseer word…
in kaartjies, kalenders, plakkate en muurbehangsels. As jy jou skrywersdrome wil bewaarheid en terselfder tyd ook vergoed word vir jou gedigte, is hierdie unieke boek spesiaal vir jou. Om gedigte te skryf vir geld is groot pret en baie winsgewend! Word betaal om te doen waarvan jy hou.150 Aanhalings Oor Sukses En Die Lewe
By Liezl Dreyer, Wael El-Manzalawy. 2016
"Mislukking kan jou vernietig as jy swak is, maar as jy sterk is kan jy mislukking vernietig" -Wael El-Manzalawy Een…
aanhaling kan 'n hele hoofstuk opsom. Hierdie boek bevat sowat 150 aanhalings deur talle internasionale denkers.Die Phillips metode om op te hou rook
By Phillips Jones, Gwendoline Louw. 2017
Die PHILLIPS metode om op te hou rook is ‘n eenvoudige dog effektiewe metode om op te hou rook. Dit…
bevat ‘n reeks tegnieke en prosesse wat enigeen kan aanleer, en wat jou sal leer hoe om jou brein te programmeer sodat jy heeltemal ontslae kan raak van jou rookgewoonte. Deur hierdie boek te lees, en die aanbevelings dan te volg, sal jy nie net in staat wees om op te hou rook nie, maar jy sal ook leer hoe om enige doelwitte wat jy van nou af vir jouself stel, te bereik. Dis nie net ‘n resep om die rookgewoonte te los nie, maar ook ‘n verduideliking van hoe die brein werk, en hoe om dit te programmeer volgens jou begeertes en benodigdhede. Dit is propvol maklike, eenvoudige oefeninge wat jou sal help om jouself meer en beter te leer ken, sowel as om jou selfbeeld en eiewaarde te versterk. Hierdie boek lees lekker maklik, en nie net sal jy leer hoe om op te hou rook nie, maar die staaltjies en grappies hierin sal jou vele genot verskaf.Holografiese Heelal: 'n Inleiding
By Brahma Kumari Pari. 2018
Lees hierdie boek met die bedoeling om die diepte van wat verduidelik word, te verstaan. Moenie dit net as 'leesstof'…
beskou nie. In plaas daarvan om net die boek te lees om van die Holografiese Heelal te weet, hou aan na wat die skrywer gesê het totdat jy ervaar en verstaan wat gesê word oor die Holografiese Heelal. Om 'n oop, duidelike gedagte te hou (terwyl u dit visualiseer) sal u help om te ervaar wat die skrywer ervaar het en / of u kan ander relevante ervarings hê. As gevolg daarvan sal jy kan verstaan wat die skrywer verduidelik. U vermoë om ervarings in die Holografiese Heelal te hê, sal toeneem, aangesien u hierdie boek oor en oor lees totdat u dit verstaan het. Geniet die leeservaring!Verfris en Genees Uself deur Meditasie
By Brahma Kumari Pari. 2019
Lees hierdie boek (Verfris en Genees Jouself deur Meditasie) indien jy siektes in jou liggaam het wat nodig het om…
te genees of indien jy verfris én in ‘n gesonde toestand wil bly. Selfs al het jy geen siektes in jou liggaam nie, kan jy nog steeds hierdie boek lees om ‘n beter begrip te kry oor die kosmiese energieë. Deur hierdie boek te lees sal jy ‘n beter begrip kry oor hoekom die kosmiese energieë jou bedien en jy sal leer hoe om die kosmiese energieë te kry om jou beter te bedien sodat jy ‘n beter lewe kan leef terwyl jy jou mylpale bereik, of dit nou vir spirituele doeleindes is of vir materiële doeleindes.Dankie God vir Sy Engele Wat Oor Jou Waak
By Bernard Levine. 2020
As jy smag om naby Jesus te wees As jy die teenwoordigheid van God kon voel As jy die diepte…
van Sy liefde kon waarneem En Sy ewige goedheid kon herken ... Sal jy begin besef hoe kosbaar jy vir God is. Hy is altyd daar vir jou maak nie saak wat mag wees God sal altyd by jou staan met 'n eindelose liefdeOuteurpreneur in Pajamas: Vestig jou skrywersplatform sonder om die huis te verlaat
By Geraldine Solon. 2020
Nou is dalk die beste tyd wees om ‘n skrywer te wees, maar hoe laat jy jou boek bo die…
duisende uitstaan wat daagliks gepubliseer word? Elke skrywer moet hulle boeke bemark, of hulle nou die tradisionele roete volg of hulle boeke self publiseer. Hoewel skrywers ‘n fisiese teenwoordigheid moet hê, fokus Outeurpreneur in Pajamas op hoe skrywers hul platforms in hul pajamas kan bou deur aanlynopsies te gebruik wat hul blootstelling en sigbaarheid kan verhoog. Ons lewe in ‘n virtuele wêreld, waar digitaal papier verby gesteek het, waar slimfone, tablette en e-lesers nou noodsaaklikhede is, en waarin jy jou skrywersplatform met die druk van ‘n knoppie kan bou. Outeurpreneur in Pajamas leer jou hoe om jou skrywersplatform te ontwikkel sonder om jou huis te verlaat.Joernaal
By Daphne Mashamaite. 2020
In hierdie joernaal vind u onweerlegbare sukseslesse in mikroformaat op elke bladsy. Die lesse kom uit my boek “Climbing the…
ladder of success”. In die boek deel ek my navorsing en ervaring as ‘n kenner op die gebied van ondernemingsontwikkeling wat werk met klein tot mediumgrootte ondernemings. My begeerte is om almal te help om te fokus op belangrike gebiede vir die bestuur van ‘n suksesvolle besigheid, selfs na Covid19 kan jy ware sukses bereik. ‘n Joernaal help jou om boek te hou van jou dag tot dag ervarings. Dit kan gebruik word om jou gevoelens en jou gedagtes oor ‘n bepaalde situasie in jou sosiale lewe of ‘n spesifieke gebeurtenis of situasie te beskryf. Gebruik jou joernaal om opwindende en hartseer oomblikke vas te vang – herinneringe. Beskryf jou gevoelens, die mense wat jy ontmoet het en hoe hulle jou laat voel het. Jy kan ook die plekke neerskryf wat jy besoek het, spesiale geleenthede ens. Onthou om dit wat jy geleer het in te sluit. ‘n Joernaal kan gebruik word om jou ondervinding en seisoene in jou lewe te beskryf vir toekomstige verwysing. Jy kan ook jou joernaal gebruik vir jou te-doen-lysie en jou volgende boek of manuskrip.Die Geheime van die Lewe: Inspirasie wat jy nooit sal vergeet nie!
By Bernard Levine. 2020
Transformeer Intimiteit: Christus in U
By Dr Pensacola H. Jefferson. 2016
Hierdie boek praat oor die intimiteit wat plaasvind tussen die siel en die Gees (God en jy deur Christus), nie…
twee liggame nie. As jy "een gees" met God is, is jy alreeds intiem met Hom, maar jy mag dalk nie die diepte van daardie intimiteit met Hom ervaar nie. Laat my jou gou 'n analogie gee: as God 'n koek wou maak, sou Hy meel, suiker, botter, eiers, ens. saam gemeng het. Wanneer daardie items of bestandele saamgevoeg of gemeng is, kan hulle nie ongemeng of onsaamgevoeg raak nie. Hulle is NOU een. Hierdie bestandele bly vir ewig geheg aan mekaar en saam het hulle iets heel anders geword - 'n koek. Die wat aan God deur die Here verbind is, bly vir ewig verbind en het dus geheel en al anders geword "in" Christus - 'n NUWE SKEPPING. Die wat tot God geheg is deur die Here, is "een gees" met Hom; 'n intimiteit met God wat letterlik 'n individu heeltemal transformeer. "... Maar wie die HERE aanhang, is EEN GEES met Hom..." (1 Korinthiërs 6:17 AFR53). "...Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n NUWE skepsel;..." (2 Korinthiërs 5:17 AFR53). "... die Gees van God in julle woon nie?..." (1 Korinthiërs 3:16 AFR53). God sê: "... WEES HEILIG, WANT EK IS HEILIG..." (1 Petrus 1:14-16 AFR53). "..."...Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel;..." (2 Korinthiërs 5:17 AFR53). "...die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword..." (2 Korinthiërs 5:17 AFR53). "... En die HERE God het die mens geformeer [uit] die stof van die aarde [liggaam] en in sy neus die asem van die lewe [gees] geblaas. So het dan die mens 'n lewende siel [siel] geword..." (Genesis 2:7 AFR53). God sê: "... na SY beeld; ... man en vrou het Hy (God, die Heilige Gees) hulle geskape..." (Genesis 1:27 AFR53). "... En ... [God, die Heilige Gees] in sy neus die asem van die lewe [Sy "eie" Gees] ..." (Genesis 2:7 AFR53). "... So het dan die mens 'n lewende siel geword..." (Genesis 2:7 AFR53). Om tot God geheg te wees is 'n HEILHet jy gehoor daar gaan pryse in die hemel uitgehandig word?
By Bernard Levine. 2020
As God al die glorie wat op ons wag aan ons bekend moet maak, sal dit ons verstand te bowe…
gaan. Watter pryse sal jy in die hemel ontvang? Gaan jy 'n prys ontvang? As jy die Here Jesus getrou gedien het, sal hierdie 'n tyd van groot lofprysing wees omdat jy wonderlike belonings sal ontvang.Geen Kruis, Geen Kroon
By Gabriël Agbo. 2020
Hierdie klein maar kragtige boek is geskryf om Christene aan te moedig en te bemagtig wie deur moeilike tye van…
beproewing gaan. Hulle moet weet dat daardie onaangename omstandighede as God se instrumente sal dien op hulle op te lig na hulle volgende fase of deurbraak toe. Hier sal ons sien dat ons houding ons hoogte kan vasstel in ons wandel met God. En ook, dat daar is altyd profyt in elke teëspoed.Seks Speelgoed: Goed of Euwel?
By Gabriël Agbo. 2020
Handelaars van seks speelgoed maak biljoene dollar elke jaar. Hulle produkte is so gediversifiseer en is vandag in elke deel…
van die wêreld beskikbaar. Dit lyk asof hierdie besigheid van kunsmatige of tegnologies bevredigende seksuele begeertes in die mode is. Die enkellopende, getroude, oud, jonk patroniseer seks winkels en die vervaardigers, wyslik ook, is stadig maar seker besig om meer aantreklike en gesofistikeerde goed uitdraai. Dit lyk asof daar geen einde tot hulle innoverende vindingrykheid is om hierdie nuwe instrumente van plesier te ontwerp nie. Vandag tree en gedra sommige van heirdie speelgoed hulle presies soos die teenoorgestelde geslag in die seks handeling. Maar hier wil ons kyk na die oorsprong, intensies en effekte van hierdie speelgoed op die gebruikers, veral die spirituele en sielkundige implikasies. Seks speelgoed is nie nuut nie. Hulle het 'n lang geskiedenis wat met die gebruik van 'n gevormde objek begin het wat 'n penis voorstel. Die antieke Romeine, Grieke, Sjinese, Asiërs en Indiërs het hierdie objekte uit steen, yster, goud, hout en ander materiale gekerf waar dit gebruik was om masturbaise aan te vuur. Sommige van hulle (soos die Grieke) het ook seksgode en godinne aanbid waar hierdie objekte vertoon is, gebruik is en ander seksuele immorele optredes uitgebreid gepromofeer is, insluitende seks met demone en geeste. So, ons kan tereg sê dat die fondasie van seks speelgoed was een van wellus vir "onbeperkte" plesier en die aanbidding van demoniese gode. Hierdie ontdekking het gemetamorfeer na ander objekte en in die 20ste eeu sien ons die eerste elektriese vibrator wat ontdek is. Sedertien, is dit 'n stortvloed van hierdie handmatige en later meer gesoftikeerde instrumente van seksuele plesier. Sommige van hulle knik en praat! Wow! Nou, is seks speelgoed in God se oorspronklike plan? En sedert die seksuele verhouding 'n fisiese, emosionele en spirituele verhouding is, heWerkboek - Klim die Leer van Sukses: Beginsels wat jou sal onderskei
By Daphney Mashamaite. 2020
Nadat ek die boek "Climbing the ladder of success" gepubliseer het, het daar versoeke van verskeie organisasies gekom om ‘n…
werkboek te ontwikkel. Hierdie werkboek is ontwerp om jou te help om te oefen en te dink oor die sukseslesse en om jou aksiestappe neer te skryf. In "Climbing the ladder of success" deel ek uit my navorsing en studies sowel as my ervaring van meer as ‘n dekade as ‘n kenner in besigheidsontwikkeling, en my werk met klein tot medium grootte besighede. My begeerte met hierdie werkboek is om almal te help slyp aan belangrike areas in die bestuur van ‘n suksesvolle besigheid in ‘n poging om ware sukses te behaal. Die werkboek verseker dat jou besluite op papier geplaas word vir onmiddellike implementering op ‘n deurlopende basis.Gebed van Jehósafat
By Gabriël Agbo. 2020
Elke stryd in hierdie lewe is wenbaar. Alle stryde wat jy in die gesig staar, as individueel of groep word…
deur drie kategorieë verteenwoordig - oorlog, siekte en hongersnood. Oorlog verteenwoordig beide fisiese en spirituele opposisie, gevegte en konflikte wat ons daagliks in die gesig staar. Siekte sluit in alle siektes, infeksies, geneesbare en ongeneesbare siektes. Dan, hongersnood of droogte het betrekking op alle ekonomiese, finansiële tekort en ander uitdagings. En in hierdie boek, wys ons jou effektiewelik dat dit moontlik is om altyd deur hierdie uitdagings te gaan en as 'n oorwinnaar uit te kom. Hier, sal jy gevestigde en getoetse beginsels vind wat jou permanent aan die wenners kant sal plaas. Hulle is inderdaad getoets, goddelik, universeel en vir ewig. Hulle kan nie misluk nie! Hier sal jy tien gelaaide en kragtige hoofstukke vind: Gebed van Jehósafat; God van Hemel en aarde; Dit is ons erfenis; Oorlog, siekte en hongersnood; Kyk hoe hulle ons beloon; Sal jy hulle nie keer nie; Moenie moedeloos of bang wees nie; So spreek die Here, Marsjeer uit en neem jou posisie in; Krag van lofprysing. Ons het ook 'n stel kragtige gebeds punte aan die einde van elke hoofstuk wat onmiddelike resultate sal oplewer.Die Krag van Opoffering
By Gabriel Agbo, Leonie van der Wath. 2018
Opofferinge is kragtig. Baie Kragtig! Die rykste man, die sterkste man, die mees geseënde mans en vroue, die verstandigste, die…
grootse koning, en die magtigste profete was almal manne en vroue van opoffering. Hulle het hulle alles gegee en het gewaagd opgetree vir hulle mense, mensliewenheid en vir God om hulle verpligtinge en doelwitte te bereik sodat almal in ewigheid op hulle trots kon wees. Wil jy hulle geheim weet? Goed. As jy wil uitblink moet jy eers ‘n man/vrou van opoffering word. Alles is moonlik vir dié wat die prys kan betaal. Dié boek bevat die volgende hoofstukke – Die Krag van Opoffering, Offer Jou Enigste, Ek Reis deur Egipte, Ek Sal Die Prys Betaal, Volg My! Ons Het Vir Jou Gekom, Ek Sal Jou Bewaar, Berei Daardie Laaste Ete Voor, Die Krag Om Te Bewaar, Loof, Vas en Gebed. Ons bespreek nie net die groot opofferings van noemenswaardige mans en vroue uit die Bybel nie en hoe hulle optrede hulle belangrik gemaak het nie maar ons bespreek ook mense soos Yonatan Yoni Netanyanhu van Israel. Hy is die jong Israeli wat die komando eenheid gelei het om die Joodse gyselaars te red by Entebbe lughawe toe hul vliegtuig in 1976 gekaap is en in Uganda moes land. Ons kyk ook na militêre helde – soos die “SEALs” en “Delta Force. Hierdie mans gee voordurend hulle allerbeste om ander te beskerm en om die mensdom te red. Hulle offer hul lewens op om ander te beveilig. Jesus het gesê groter opoffering is daar nie, dan iemand wat sy lewe vir ‘n ander gee. Ons bring hulde aan hulle! Hulle leer ons wat opoffering behoort te wees. Jesus het juis gevra, wat se opoffering kan groter wees as wat iemand sy lewe vir sy vriende gee? Ons prys hulle vir hulle dapperheid en uitmuntende patriotisme. Hier sal ons leer van opofferings van geloof, goedheid, patriotisme, gebed, vas en loof. Wanneer jy meer doen as wat van jou verwag word, is daar onmiddelik ‘n onsigbare bonatuurlike mag wat reageer en na jou toe haas.Super 3-Dag Detox Sop & Smoothie Plan
By Geoff Wells, Vicky Wells, Corlia Jones. 2017
Super 3-Dag Detox Sop & Smoothie Plan is ‘n maklike drie-dag detox-dieet en gewigsverliesplan wat bestaan uit gesonde, voedsame en…
heerlike smoothies vir ontbyt en middagete, 'n warm en lekker prutpot-dis vir aandete, en vars gemengde vrugte vir nagereg. Hierdie plan pas ook 'n besige leefstyl, want jy kan jou middagete smoothies voorberei en saam met jou neem. Jy kan ook jou prutpot in die oggend opstel en aandete gereed hê vir jou wanneer jy tuis kom. Kry hierdie boek nou en begin dadelik jou detox plan! Hier is 'n bietjie insig in wat in hierdie boek ingesluit is: •‘n Openhartige Onderhoud Met Die Outeurs •Wat Is Die Voordele Van 'n Detox Program? •Wat Is Die Moontlike Newe-Effekte Van 'n Detox Program? •Wenke Om Jou Vrugte, Groente en Kruie te Kies •Hoekom Rou Die Beste Is •Die Kosse Wat Ons Gebruik Het en Hoekom •Wat Die Kleure Van Kosse Beteken •Mees en Minste Besmette Vrugte en Groente •Wat Om Nie In Te Neem Tydens Detox Nie •Bly Gehidreer Tydens Detox •Voedselveiligheid •Die 3-Dag Detox Program •Detox Resepte •Bonus Resep Hier is 'n steekproef van sommige van die superkos vrugte, groente en speserye wat ingesluit is in ons detox smoothie en prutpot resepte: •aarbeie •appelasyn •aspersies •avokadopeer •basielkruid •bloubessies •boerenkool •bok choy •borrie •broccoli •druiwe •groen tee •klapperwater •knoffel •komkommer •piesangs •pietersielie •pomelo •roosmaryn •seldery •spinasie •tamatie •wortelsOntvang Jou Wonderwerk
By Petro Ebersöhn, Bernard Levine. 2017
Hierdie is 'n opwindende boek wat jou sal inspireer namate jy die geheim tot die lewe, geluk en sukses ontdek.…
Wees getrou aan jouself en volg jou hart. Laat die wonderwerke wat jy so graag wil hê moet gebeur, jou lewe vul!